NZ-tragedie: Vrou van moord aangekla

Die Dickason-sussies is Donderdag dood in hul huis in Nieu-Seeland aangetref. (Foto: Facebook)

’n 40-jarige vrou is Vrydag in Timaru, Nieu-Seeland, in hegtenis geneem en van moord aangekla ná die dood van drie Suid-Afrikaanse sibbe Donderdag in dié stad.

Volgens insp. Scott Anderson, ’n polisiewoordvoerder, sal die vrou Saterdagoggend in die Timaru-distrikshof verskyn. Haar naam is nie bekendgemaak nie.

Die liggame van Maya en Karla (2), en hul ouer sussie, Liane Dickason (6), is Donderdag deur hul pa, Graham, in die huis waar die gesin onlangs ingetrek het, gevind. ’n Vrou is ook op die toneel aangetref en na die hospitaal geneem vir behandeling.

“Die polisie wil die gemeenskap verseker dat hierdie ’n tragiese, geïsoleerde voorval was en dat niemand anders in verband daarmee gesoek word nie,” sê Anderson.

“’n Ondersoek van die toneel sal môre [Saterdag] by die huis in Queenstraat gedoen word.

“Aangesien die saak nou voor die hof dien, sal die polisie nie verder kommentaar lewer nie.”

Dickason en sy vrou, Lauren, albei mediese dokters, het enkele weke gelede saam met hul kinders in Nieu-Seeland van Suid-Afrika aangekom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Dit is hartverskeurend! Sterkte aan die ouers en familie. Daar is nie genoeg woorde vir troos beskikbaar nie.

Michele ·

Dit is so ongelooflik hartseer. Ek kan net vra hoekom? Waarom?

Misky ·

Ek verstaan nou nie meer nie. In sommige berigte klink dit of dit die ma is en ander kere asof dit ‘n heel ander vrou is. Weet iemand verseker?

Carel ·

Liefdes driehoek wat ontbloot is? 2x vrouens in dieselfde huis klink verdag

piet ·

Lewenslange tronkstraf is verpligtend vir moord in NZ (maak nie saak die graad nie) maar na 10 jaar kan gevangenes in aanmerking kom vir parool.

Karlahari ·

Mense….ek verstaan nie.
3 sulke pragtige kinders?????

Dahlia ·

Sulke pragtige kinders! Ek is geskok … innige meegevoel aan naasbestaandes.

Blomme ·

Ai dis soooo sad! Die engeltjies het beslis nie dit verdien nie. Sterkte vir die pa.. Dis seker vir hom die seerste seer. Sterkte vd bree familie. Dis nou regtig ń tragedie!

Yvonne ·

Die mensdom is so ondenkbaar wreed…..soveel ouerpare wie se diepste begeerte is na so n gesinnetjie

Wilna ·

So so hartseer. Dit maak nie sin nie. Altwee ouers is mediese dokters Wie pas na NZ geimigreer ht. Nee iets moes gebeur ht. Sterkte aan die families,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.