Nzimande beloof miljarde se beurse

Blade Nzimande (Foto: ANA/Jacques Naude)

Die nasionale beursskema vir studente van families wat minder as R350 000 per jaar verdien, sal oor die volgende drie jaar ʼn inspuiting van R102,4 miljard ontvang, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Vrydag gesê.

Nzimande het gesê die nuwe beursskema, wat verlede jaar ingestel is, sal teen 2022 ongeveer die helfte van alle studente by staatsuniversiteite dek, soos dit jaarliks aan nuwe studente beskikbaar gemaak word.

“Dit sal oor vyf jaar by universiteite ingefaseer word,” het hy tydens die begrotingsrede in die parlement gesê.

Die belegging in arm- en werkersklasstudente oor die 2019 mediumtermynbegrotingsraamwerk beloop R82 miljard vir universiteitstudente en R20,4 miljard vir TVET-kollegestudente. Die skema word geadministreer deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), wat in Augustus onder administrasie geplaas is.

Nzimande het gesê sedert die administrateur aangestel is, was daar “beduidende vordering in die bedrywighede van die skema” en dit het ʼn meer doeltreffende studenteregistrasieproses aan die begin van die jaar beteken. “Die fokus is om die onmiddellike korttermynstabiliteit van NSFAS te verseker en doeltreffende beleide en stelsels in plek te stel om seker te maak dat studente, wat daarvoor kwalifiseer, betyds die finansiering ontvang en dat hulle doeltreffend ondersteun word om suksesvol te wees in hul studies.”

Hy het gesê ʼn spesiale ministeriële span sal oor die volgende paar maande aangestel word om probleme in die beleid en kapasiteitsprobleme te assesseer.

“Ons sal nou met NSFAS werk om ʼn gladde oorgangsperiode tussen die administrateur en die nuwe bestuur en bestuurspanne van NSFAS te verseker.”

Belinda Bozzoli, LP van die Demokratiese Alliansie, het gesê dit is onmoontlik om ʼn begroting goed te keur vir ʼn departement wat só toegeeflik is dat entiteite soos NSFAS, “ʼn R30 miljard-organisasie”, herhaaldelik versuim om die parlementêre portefeuljekomitee van hoër onderwys op hoogte te hou van hoe hul finansies bestuur word. “Dit lyk nie of dit ons kollegas in die ANC pla nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Piet ·

Party mense in die Regering praat van groot bedrae geld asof Suid-Afrika onbeperkte bronne het. Waar gaan al gegradueerdes werk kry eendag?

Piet ·

Ander Piet vra tereg waar die afgestudeerdes werk gaan kry? In hierdie era van die 4de Industriële Revolusie soek jy nie hordes Polical Science Studies, Woman’s Studies, Gender Studies en menig ander30% studie rigtings nie. Hierdie onderwerpe het ‘n plek vir uitsonderlike studente.
Ons moet liewer ons inrigtings vir tegniese vaardighede ondersteun – ons kort vaardige tegnici.
Is die hekkie wat oorgesteek moet word R350 000 of minder of is dit wit of swart?

Kallie ·

Piet, hierdie studente gaan eendag ook belasting betaal, tensy hulle emigreer.

Kobus ·

Verkeerd Kallie, hulle gaan eendag werklose gegradueerdes wees. Hulle kinders sal dieselfde pad loop.

Dina ·

Natuurlik!! Baie wit kinders studeer met NSFAS beurse, my kind is een.

Jana ·

My kind studeer tans met so n beurs. Ek is n enkelouer en my kind word n geleentheid gebied tot n beter lewe.

Dries ·

Wat 90% van di bevolking steeds ni verstaan ni, is dat absoluut niks ‘gratis’ is ni. ‘Gratis’ beteken slegs dat geld van elders, vir n spesifieke doel (hier beurse) aangewend word, om sodoende weer n tekort vir n heel ander doelwit te skep…

Juds ·

My viirstel is dat hierdie studente hulle tyd aan die staat terugwerk. Sodoende sal die gesondheidsdienste verbeter. As elke mediese student wat met NSFAS beurs studeer, 6 jaar terug werk, sal minder medici die land verlaat nadat hulle klaar studeer het. Hierdie reëling moet vir alle student met NSFAS beurse gald, nie slegs mediese studente nie.

HP ·

My kleinkind, wit afrikaner is eerstejaar wat ook kwalifiseer en dit kry. Groot hulp.

Thomas ·

Ek het geen probleem met die skema nie. My probleem is dat almal ewe skielik universiteit toe moet gaan ten alle koste. Nie almal is is dit beskore nie. Dit gaan nie oor slim of dom nie. Universiteit is nie uber alles nie.

Marinda ·

Hierdie beursskema is beskikbaar vir alle kinders wat tot Universiteite toegelaat word en wie se ouers aan die inkomste kriteria voldoen. Universiteite administreer die fondse binne voorgeskrewe kriteria wat word streng toegepas word. Indien studente nie akademies presteer nie, word hulle nie finansier nie. As alle belastingeld op so ‘n wyse bestee word, is dit net ‘n plesier om ‘n bydrae te maak.

Petrus ·

Meer studente, groter klasse, groter geboue, meer professors, meer salarisse, meer ……..

Gemaskerde Sopbeen ·

Fantastiese sisteem, en dit werk. My drie gegradueerde kinders werk nou almal in Eerste Wêreld Lande met grade waarvoor nsfas betaal het……Dis asof Afrika hulle betaal het om terug te keer na hulle oorsprong, waar daar GEEN diskriminasie is nie, jy aangestel word op jou vaardighede, kwalifikasies en ervaring………en ‘n bogemiddelde inkomse verdien sonder om tenders in te dien, of iemand te ken wat iemand ken!!!

John ·

Gaan ons afgestudeerde studente SA se grootste uitvoerproduk word… bote volgelaai met doktore en ander geleerdes wat koes-koes op Westerse kuslyne aanland vir werk, want hier word nie vir die miljoene beterweters se toekomstige droom-loopbane voorsiening gemaak nie. Dalk net moet CR so gou doende die VN opdrag gee om oraloor hogere poste te begin skep… want ons buitengewone uiters bekwame en gewoond-aan-kry-sonder-dankbaarheid-adelikes sal en wil binnekort begin opdaag.

danie ·

So indien ek R32 000 per maand verdien moet ek die studie geld van R12000 per maand self betaal terwyl die persoon wat R29000 per maand verdien nie daardie koste het nie. Ek sit met R20 000 oor van my salaris en die ander persoon se kind kan studeer en myne nie.

BlinkStephaans ·

Daar was jare terug nooit probleme op kampusse… soos betoog… afbrand… afbreek… klasse ontwrig en so…want elke student en sy ouers moes maar hul gatte af werk vir daardie studies… daar was beurse… maar jy moes vir hom terugbetaal pappie. Vandag sit ons met n span wat alles verniet kry… niks waardeer… en dan betoog om nog meer te kry. Dit sal nooit n geslaagde skema wees… want die wat dit waardeer en aangryp is in die minderheid….

wilma ·

Dit sal interessant wees om te weet hoeveel van die studente wat hulp kry, hul studies voltooi aangesien die meeste nie weet wat dit beteken om te WERK vir wat jy wil bereik nie en die bakhand-kultuur lankal die oorhand gekry het.

bambi ·

Probleem met NSFAS is die gelde word in die studente se privaat rekenings nou inbetaal; hul koop nie hul boeke; spandeer dit op kos en huur. Hoe gouer hul dit verander hoe beter; geld moet bly in NSFAS kaart nie privaat rekenings nie.

Vlakvark ·

Is die beurse skenkings of lenings wat onder bepaalde voorwaardes met rente terug betaal moet word?

Petrus ·

Ekonomie 101: Aanbod van arbeid oorskry vraag na arbeid. Dus prys van arbeid behoort te daal.

Hettie ·

Belowe wat jy nie het nie ! Daar is net soveel belasting betaler en net soveel geld Begin weer ‘n ding wat gaan handuit ruk wanneer dit nie gebeur nie .die belasting betalers gaan met ‘n
spoed uit die land uit en dan is die melk koei weg !

Kobus ·

Dit gebeur klaar Hettie. Die getroue middelklas belastingbetaler word onder druk geplaas en staar finansiële ellende in die gesig. Emigrasie is nou die enigste opsie.

Hanna Hoekom ·

Ek hoop net die universiteite bly staan totdat die studente klaar studeer het. Voornemende studente moet baie goed besin oor presies wat hulle gaan studeer, want sekere kwalifikasies kan wel vir jou deure oorsee oopmaak en ander nie. Ek werk tans in die Midde Ooste en my eerste vraag tydens die telefoniese onderhoud was: het jy voor of na 1994 gekwalifiseer? Hier is geen, maar geen jongmense onder 30 jaar wat hier werk nie. Suid-Afrika se kwalifikasies is heel dikwels onder verdenking. Vra my, ek doen nou aansoek om in die VSA te gaan werk.

Kobus ·

Hanna, jy is reg. In die meeste professionele rigtings is 1994 die afsnypunt. Mense wat daarna gekwalifiseer het moet eers bewys lewer dat hulle iets beteken voordat hulle kritiese werk kan doen waarvoor opleiding blangrik is. Dit sluit ingeneurs in wat ontwerp werk wil doen in die Arabiese Golf gebied. Gelukkig kan dokters, rekenmeesters en prokureurs wel buitelandse raadseksamens aflê, maar kort voor lank sal hul weer hul grade moet oor doen.

Help ·

Wanneer is die sluitingsdatum vir aansoeke vir hierdie beurs vir 2020 se studies?

Clipper ·

Ons kan miljarde weggee maar kan nie eskom, denel, of saa aan die gang hou. Waar gaan al die mense met useless grade werk kry?

Snowball ·

SA – die land waar almal grade het; dis nou nog net die opvoeding wat moet plaasvind.

ne ·

@Snowball – Stem 100% saam met jou. Eerste ding wat gedoen moet word is om respek vir die mense te leer. Of is dit te veel gevra? Te gewoond om bakhand te staan en alles verniet te kry.

Maljan ·

Blankes maak nie meer daardie klas geld nie. Daar is net nie meer genoeg wat werk nie. So die ANC of blade se mense, dienp sakp sal maar hulle sakke moet skud!

Marinda ·

Die aansoeke vir NSFAS open 1 Augustus en sluit einde September.

Gert van Wierdapark ·

Skerp mini-ster Blade – dankie dat jul nog geld druk vir die “behoeftige” studente! Ons moes vanjaar R58 000 hoes vir my dogter se studies want ons inkomste is R10 000 te veel, (bo R350 000 bruto) maar met n huis verband van R1 miljoen trek ons swaer oor die “Drakens Berge”

skurweberg ·

Hou op om eers die dak van die huis te bou en begin by die fondasies. Kry eers die ekonomie reg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.