Nzimande besorg oor geweld by Wits

Foto: Twitter via @Abramjee

Foto: Twitter via @Abramjee

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê hy is besorg oor die chaotiese en gewelddadige botsings tussen studente en polisiebeamptes by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat na die strate van die Johannesburgse middestad oorgespoel het.

Nzimande het in ʼn verklaring studente daarvan beskuldig dat hulle minagtend en onverantwoordelik optree en die universiteit gyselaar hou in sy pogings om met sy akademiese program voort te gaan.

“Dit is ʼn baie belangrike tyd vir die akademiese program met die eksamen wat nou vinnig nader. Dit is daarom noodsaaklik dat klasse en lesings sonder vertraging moet hervat,” het Nzimande bygevoeg. “Ons veroordeel die optrede van ʼn paar stakende studente wat duidelik nie die akademiese program in 2016 wil klaarmaak nie. Hulle ontwrig en intimideer studente wat hul studies wil voortsit.”

Die minister het universiteitbestuur versoek om seker te maak dat die instansies weer oopmaak.

“Ek was in gesprek met ʼn aantal belanghebbendes wat die verklaring op 3 Oktober aanvaar het waarvolgens universiteite weer hul deure sal oopmaak sodat lesings kan hervat. Studente wat nie staak nie, kan dus nie gyselaar gehou word deur ʼn paar studente wat nie wil leer nie.”

Meeste van die land se universiteite was Maandag gesluit terwyl betogings onder die #FeesMustFall-banier voortduur. Die Universiteit van Kaapstad het Dinsdag bevestig dat die instansie Dinsdag ook gesluit sal bly.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Will i am ·

Word wakker minister. Hierdie klomp gaan dit in elk geval nie maak. Stuur die weermag in en sluit de laaste een toe. Dit is waar hul hoort nie op universiteit

Veritas ·

Besorg wees help absoluut niks Blade. Julle het die voorbeeld drie dekades gelede, gestel. Die apartheidsregering het julle mos gewys hoe om dit te hanteer. Leer uit jul foute en tree op teen die gespuis wat die hele land se toekoms gyselaar hou.

Deon Barnard ·

“Comrade” Blade – jy wat in Rusland gestudeer het; wat sou daar gebeur het as soveel chaos op kampusse daar losgebreek het. Het jy die “guts” om te sê:”Genoeg is genoeg”!

Patria ·

Ek stem dis te laat vir mooipraat. Sluit die skuim toe en kry klaar anders gaan daar weer ‘n geween en gekners wees soos in 1976.

Lance ·

Die blade is maar dom …NOU is hy besog …weereens te laaat ! Dis nou wat jy kry as jy stemme wil werf met beloftes wat jy nie eers weet jy nie kan gee nie …so daar het jy dit nou ou blade alles n produk van lee beloftes korrupsie en onbevoegtheid !

Jonathan ·

Die norm om teontvang is deur geweld en anergie en om massa te laat deel neem, voeg daarby n rasse strategie en jy is halfpad daar. Geweld saam met brandstigting kweek frees en is geskooi op ANC metode van intemedasie. Dit is hoogtyd dat die wat in beheer is van universteite aangevat word vir koste aangegaan, vir die wat will leer en wat will bereik, dagvaar die lot

Linda ·

Duidelik verstaan sommige mense nie dat om ‘n student te wees beteken jy moet studeer nie. Afbrand, verwoes en eise stel is nie die manier om ‘n toekoms te bou nie. Ons is op die punt van rommelstatus. Waar dink hulle gaan die geld vandaan kom? Die Rand is niks werd nie. Waar dink hulle gaan hulle eendag ‘n werk kry? Dankie tog vir die VSA verkiesingstryd. Dit laat ons bietjie minder na ‘n Piesang Republiek lyk.

Raymond Bastone ·

Mnr Minister skrik wakker jy sal respek moet afdwing stuur die weermag in dat hulle skoonmaak

Ook n ouer ·

Sluit al die amokmakers toe…laat hulle vir die verwoesting betaal wat hulle saai…..die ministet is bekommerd maar dis deur hulle toedoen dat dinge so handuit ruk…daar is studente wat wil studeer om wel n toekoms te…..WORD WAKKER AGBARE MINISTER EN TREE OP IN BELANG VAN DIE WAT WEL WIL STUDEER…RAAK ONTSLAE VAN DIE BETOGERS

Besorgdheid...EnDisAl ·

Nzimande is besorg….
Wow.
En dit help…..duidelik nie!

Ruby ·

Ja Blade ek is ook besorg oor die prys van rys.

Lig jou agterent en doen waarvoor jy betaal word.

Perdekrag ·

Iretrea, n land in Afrika betaal studente niks aan universiteite nie. die staat betaal alles aan studente wat wil leer.
Hulle toelatings vereiste om aan universiteit te studeer is hoog en so is die staat verseker dat student n graad kry en staat is bly met hulle investering.

Jean ·

BEKOMMERD? Wat doen jy daaraan Nzimande? Die ding is die soustrein ry nou te lekker, ‘n geswore kommunis wat self geveg het vir FREE FOR ALL< en nou skielik die begrip van betaal vir wat jy wil hê agterkom, en nou van deuntjie verander .. DIE vraag is WAT DOEN julle om die situasie te verbeter? Wat stel julle voor? Wat se AKSIE neem julle teen die vandale en moeilikheidmakers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.