Nzimande: ‘EFF sit agter studentebetogings’

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig. Foto: Ntswe Mokoena

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig. Foto: Ntswe Mokoena

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, het Dinsdag gesê die voortslepende studentebetogings is deel van die EFF se agenda om die ANC-regering te destabiliseer en diskrediteer.

Hy het dié opmerking gemaak nadat talle betogende studente by die hoofingang van sy departement se kantoor ingestorm het, tydens ʼn media-inligtingsessie met die Nasionale Raad vir Konvokasies en Alumni om die betogings by universiteite regoor die land te bespreek.

Mpho Morolane, die president van die EFF-studentekommando, het teruggekap na Nzimande se uitsprake. “Hoe kan hy sê ʼn groep studente is aangehits deur een politieke party?” het Morolane gesê.

Hy het gesê alhoewel die EFF die #FeesMustFall-veldtog ondersteun, word die beweging deur studente van alle rasse ondersteun. “Studente opper nou ʼn geldige kwessie en dit moet voortgesit word. Ons wil nou gratis onderrig hê as ʼn saak van dringendheid,” het hy gesê.

Morolane het Nzimande ook gekritiseer omdat hy nie die gewelddadige optrede van polisiebeamptes teenoor studente hanteer nie. “Wat van die brutaliteit van die staat en die universiteite teenoor studente en die kriminalisering van studente-populisme? Dit is ongevraagd,” het hy gesê.

Hy het volgehou studente moet voortgaan om vir gratis onderrig te baklei. “Ons glo ons kan gratis onderwys kry.”

Die studente wat deur die polisie aangekeer is nadat hulle Nzimande se inligtingsessie onderbreek het, is intussen weer vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Alida ·

Dit lyk my ou Blade het iets giftigs ge-eet. Hy het sy verantwoordelikheid op die Universiteite afgeskuif nou blameer hy die EFF vir die geweld. Dank die onbevoegde mens af hy weet nie wat hy doen nie. Dit is altyd almal se skuld behalwe die regering s’n. Hy moet dink ons is almal breindood. Pateet

Cherokee ·

Terwyl die ANC as ‘n terrorisme organisasie bestempel was, was hul uitgesproke oogmerk om ‘die land onregeerbaar te maak’. Nou kry hulle terug wat hulle uitgedeel het en is ongelukkig daaroor. Dit is soort van lekker om op die kantlyn te sit en kyk wat aangaan.

Boela ·

100% Cherokee – ‘n terroris sal altyd maai wat hy saai, en die ANC – ‘n terroriste-organisasie – leer nou dié les op die harde manier.

Anoniem ·

Oeps…Hy vergeet tog te maklik van ANC….Hulle ook hoor!!!!!!!!

Koos1 ·

Anoniem, ek moet saam stem. Gisteraand op die nuus is een van die voorbokke afgeneem met ‘n ANC kopdoek.
Hoe rym dit minister. Skuus dis seker nie ‘n party lid nie of is deur die EFF geplant.

Anoniem ·

Geriefliksheid onthalwe vergeet hul..breek af…brand af..Jul gaan niks he om oor te baklei een van die dae…jul gaan nie universiteite he om verder te studeer nie..so gaan maar aan….so roei jul als uit, ons gaan niks oorhe op einde van dag…………

Savethetigerplz ·

Ek vermoed ook al lankal die eff sit agter die betogings

kopbeen ·

ek stem saam….die EFF is verantwoordelik vir die gemors…….opsweepery

Stephen ·

Eers Pay back the money , Rhodes Must Fall , grates onderwys , die hare kwessie by skole . Te toevallig !

neelsie ·

Is dit nie wat hulle die kinders geleer het nie ??
Akademia gaan totaal uit sy nate bars.
Dankie vir Solidariteit/Afriforum .
Die beste dosente kan nou uitgesoek word .
Lei ons Afrikaanse kinders op tot op wereld standaard .
Suid Afrikaanse universiteite sal op Afrika-standaard bly.

Vra maar net ·

En wie het onrealistiese beloftes v gratis universiteitsopleiding gemaak?

Karma ·

En dit al in 1956 in die ANC se Vryheidsmanifes opgeneem? Die ANC, natuurlik. Ek stem saam met GELYKE onderrig vir almal, maar nie VRYE onderrig vir almal nie. En NATUURLIK is dit beide die ANC en die EFF wat agter die anargistiese, vernielende, beskadigende optogte sit – enige normale mens, met normale verstand en vermoë om ‘n saak behoorlik uit te debatteer, soos dit in ontwikkelde lande gedoen word, sal nie daal tot die vlak waar hierdie protesterende studente is nie (nl. om te verniel, stukkend te slaan, aan die brand te steek en aan te rand nie) …. MAAR, nou ja, SA is nou ‘n ontwikkelende land, nie meer die ontwikkelde land wat dit eens was voor 1994 nie.

broos ·

so tipies…..hy en zuma maak lee beloftes maar nou word die eff geblameer. studente behoort teen die sogenaamde government te betoog en nie teenoor die universiteite nie – dit was nie hulle wat free education belowe het nie

Jean ·

Hahah nie so haastig nie Blade, jy was nog altyd die grootste verkondiger van FREE EDUCATION FOR ALL< dit is wat jy belowe het, nou is dit skielik die EFF? Kyk ek kan die EFF nie verdra nie, maar jou ANC maatjies maak lekker saam hoor, daar is nie so baie EFF lede soos wat op kampusse amok maak en onrus saai nie. Soos die spreekwoord se wat jy SAAI sal jy MAAI, ongelukkig loop ander onskuldige studente ook nou deur.

Stoffel ·

Dankie Jean!! In my agterkop kon ek hom onthou dit uiter so paar jaar trug and wou dit nie ophaal nie, was bang my geheue was verkeerd. Hy moet maar dit in sy begroting in werk en saam met die ewe useless Angie Motshekga gaan kyk wat hulle aan die land se jeug doen met hul verswakte skoolonderrigstelsel en hulle verkiesingsbelofte van gratis tersiere onderrig.

Theresa ·

Eers het die ou bejaarde dame van pas 80 die belofte met vuis omhoog uitgegil dat hul die land sal brand. Dié wat vreeslik graag wil brandstig, het dit aangegryp en bande gebrand as hul niks anders kon kry nie. Toe weer redenasieloses wat gratis dit en gratis dat belowe (elektrisiteit en skole, behuising) – asseblief tog – hoe onmoontlik en tog word dit maklik belowe met ‘n laaaaaaaaaaaaaaaaaaang en onsamehangende spiets, deurspek met vreemde uitspraak en woorde uitgelaat waar wil. Dan die gratis onderrig vir almal – belofte na belofte – met serias gesig en frons om te ondersteun dat dit ernstig is. Nee wat. Daar het al te veel woorde uit monde gevloei wat nou al die snert veroorsaak. En dan vat ‘n belhamel dit en hardloop daarmee, want hul kan.

Columbiana ·

Dis apartheid se skuld, nee wag dis wit kapitaal se skuld. Ok wag kom ons probeer weer. Dis die EFF se skuld. So praat die regering seker onder mekaar. Maar NOOIT OOIT gaan kyk hulle na die rol wat hulle gespeel het nie. Beloftes kom al lang pad maar tot dusver kon hulle mense “afkoop” met -n stukkie hoender ek ‘n geel T-shirt. DIT WERK NIE MEER NIE!!!! Nou moet julle maar net eerder erken ons het blatant vir julle gelieg ons kan nie gee wat belowe is nie. Sorry ne.

Willie ·

Het die ANC nie die as n verkiesings veltog gebruik in die verlede? Nou sit hulle met die monster’tjie. Nes Malema het die ANC nie hom groot gemaak nie? Be careful what you wish for!

REAList ·

Die ANC het aan die bewind gekom op die rug van studente geweld in 1976.
Hulle gaan ondergaan op dieselfde manier!!
Daar is geen manier om die anargie te hanteer nie.

Grassie ·

Hierdie kommunis se eie onbevoegdheid het sy agterent laat vasdraai, nou soek hy ‘n swartskaap.

Stoffel ·

Stem saam!! Kommunis met ‘n baie fancy kar en niks verder om by te dra!

DEE ·

As die ou snaar reken dis die EFF wat agter die barbaarsheid sit, moet die regering mos standpunt inneem en die sotlikheid stopsit? Dis mos wat n regering veronderstel is om te doen of hoe?

Sarel Strydom ·

Eers was dit “Aparheid” toe ” Jan van Riebeeck” nou die EFF, maar nooit nee nooit erken dat dit hulle self vir die chaos veratnwoordelik is nie.

Ore ·

Ag sies tog . . . . Free education for all. Blade en JZ is nou so bietjie vasgetrek en kan nie vingers in die staatskas le nie. So nou waar gaan die gelde vandaan kom. Free Education word betaal deur ons belastingbetalers. Ons sponser ‘n klomp onnosel goed wat nie eers matriek behoorlik deurgekom het nie. Nou sit hulle vir jare op universiteit en bereik nogsteeds niks nie. Ek sien nog 1976 se gebeure flits en dit gaan weer so wees. En die keer is dit nie ras gebonde nie. Blade moet maar sy ANC pelle bedank vir die gemors wat in ons bespotlike Suid-Afrika gebeur.

snowfields ·

die belastingbetaler is al vuisvois van betaal vir swart eise. laat swart belasting swart eise, vandalisme en toelaes betaal en sien how vinnig word die krane toegedraai.

Jaco Grobler ·

Nee minister, dit is afkomstig van julle aanporring van die kultuur dat mense geregtig is op allerhande dienste en behandelings sonder om te werk daarvoor. Hoe is julle leiers van onderwys en universiteite so slapgat en visieloos? Ek sien of hoor van niemand wat iets probeer doen wat oplossings bring nie, val net van die een stelling na die ander. Dit moes in die kiem gesmoor gewees het laas jaar, maar julle het nie. Nou sal daar ander oplossings gekry moet word, ons kan nie begaafdes verhoed om opgelei te word nie, dit sal die afwaartse spiraal net aanhelp. Hoekom ondersoek niemand om Unisa se fooie af te skaf nie, hulle kan baie studente hanteer, het ‘n betreklike lae koste per student, en dit bied dan ‘n teenvoeter vir ‘fees must fall’ beweging. As dit regtig oor studeer gaan, het jy mos nou toegang. Dit sal ook elke student die geleendheid bied om in die betreklike veiliheid van sy/haar eie blyplek te studeer, en dit bly die heel goedkoospste opsie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.