Nzimande gee universiteite ʼn hospitaal-aangee oor skuld

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het wat in rugbytaal bekend staan as ʼn “hospital pass” aan universiteite gegee te midde van oplaaiende onrus landwyd oor studenteskuld.

Die minister het universiteite in essensie aan hul eie lot oorgelaat deur bykans alle vrae van studente oor skuldkwessies te beantwoord met die stelling dat die betrokke universiteite dit moet oplos.

In hierdie stadium het die beoogde massa-aksie op al 26 kampusse nog nie gematerialiseer nie, en lyk dit asof studenterade en universiteite die weg van onderhandeling aandurf.

Dit het tot gevolg dat daar tans min tot geen protes is nie op die kampusse van die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom.

Maar die Universiteit van KwaZulu-Natal, die Universiteit van Kaapstad en die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus het klasse vir ʼn week opgeskort.

Intussen gaan protesoptrede landwyd elders voort, met die brandpunt in Johannesburg, waar studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Universiteit van Johannesburg (UJ) kragte saamgespan het.

Hulle het verskeie klein optogte laat saamvloei tot een, en het onder EFF-aanhitsing onder meer die media geïntimideer terwyl hulle wederregtelik en ongepolisieer by die universiteitshekke van UJ se Auckland Park-kampus ingebars het.

Vier polisiebeamptes is intussen gearresteer nadat ʼn lid van die publiek verlede week tydens studenteprotes in Johannesburg doodgeskiet is. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Voorts het die kantoor van die openbare beskermer aangekondig dat hy binnekort ʼn rits kampusse gaan besoek in verband met beweerde wanbesteding van lenings- en beursgeld van die staatsbeheerde Nasionale Sudentefinansies-hulpskema (NSFAS).

Die kampusse wat besoek gaan word, is dié van die Universiteit van die Vrystaat, Unisa, die Universiteit van Venda, die Tshwane-Universiteit van Tegnologie se Nelspruit-kampus, die Orbit VOO-kollege in Rustenburg en die Koning Sebata Dalindyebo VOO-kollege in Mthatha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Nzimande weet nie wat om te doen nie…die geld het verdwyn

Alet ·

Vra ANC die geld. Hulle was mos die wat beloof het almal ind ie land kan verniet studeer. Nou toe. Probleem opgelos.

Persheks Adri ·

Laat Cyril en kaders betaal vir hulle “our people” want dis in elk geval net vir hulle ons blankes betaal mos self gggmmmfff tsssk

Elize ·

Hulle wil nie studeer nie en dit een laaaaaang vakansie maak terwyl alles verniet gegee moet word.

Hennie J ·

Hierdie opstooitjies is mos nou n jaarlikse instelling en die our people studente se plaasvervanger van jool. G’n wonder hulle kry nie werk nie al het hulle n sogenaamde graad gevang. Sonder n sin van verantwoordelikheid grootgemaak en wil alles verniet he.

Regverdigheid ·

Vra EFF en ANC Waars die geld tyd dat hul werk vir wat hul wil he , maar nee wil net he en he.

Marcello ·

Al wat die man aan die “studente”moet vrduidelik: INDIEN hulle nie hul gelde betaal nie, kan die Proffesore/ Lektrieses nie vir hulle onderrig gee nie, want wie gaan die personeel betaal.???????????????
Dit is so eenvoudig soos dit, want die Staat het nie die geld om dit te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.