Nzimande: ‘Kasrils en Kie. is fabrieksfoute’

Blade Nzimande

Blade Nzimande

Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het Woensdag na diegene wat deel is van die “Stem Nee”-veldtog verwys as “fabrieksfoute.”

“Elke produksieproses vervaardig sy eie fabrieksfoute, so dis wat hulle is,” het Nzimande aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Van hulle is bekende fabrieksfoute, ou fabrieksfoute, wat by die veldtog aansluit.” Nzimande sê die groep mense soek net aandag. “Die boodskap gaan nie by ons mense insink nie. In werklikheid is ek verstom oor hoe ligtelik hulle die kwessie van ʼn stem opneem. Ons gaan hulle ʼn les leer op die 7de [Mei].”

Ronnie Kasrils, voormalige lid van die ANC en SAKP, en Nozizwe Madlala-Routledge, voormalige adjunkminister van gesondheid, het vroeër die week die “Stem Nee”-veldtog bekend gestel. Die veldtog doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om of vir ʼn minderheidsparty te stem of hul stem te bederf. Vishwas Satgar en Mazibuko Jara, albei voormalige SAKP-lede, steun ook die veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daantjie Maartens ·

Eisj. Volstaan met die fabrieksfoute. Maar die uwe self lyk of hy die produk van n motorbotsing kan wees.

Jasper ·

En verder sit die hele regering vol roof en “scrapyard’ onderdele.wat ook maar nie aan SABS standaarde voldoen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.