Nzimande: ‘Maak sukses in onderwys hoog mode’

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), het dié naweek tydens ʼn byeenkoms om die 23ste herdenking van Joe Slovo se afsterwe te gedenk gesê dit is belangrik dat leerders weet universiteite is nié die enigste roete om ʼn tersiêre kwalifikasie te verwerf nie.

Nzimande het in ʼn toespraak matriekleerders landwyd gelukgewens met hul prestasie in dié jaar se nasionale eindeksamens.

Hy sien ook daarna uit dat die Jong Kommunisteliga en die Progressiewe Jeugalliansie (PYA) “sukses in onderrig weer hoog mode maak”.

“Universiteite is baie belangrik, maar dit is nie die enigste roete vir hoër onderwys nie. Tegniese en beroepsopleidingkolleges (TVET) is ook baie belangrik. Aan diegene wat nie matriek geslaag het nie: Die SAKP moedig julle aan om nie wanhopig te raak nie. Herhaling is die kern daarvan om te leer. Sukses kom in verskillende vorme.”

Nzimande sê diegene in onderwyskringe moet deurentyd die belangrikheid van akademiese ondersteuning onthou.

“Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om die party se verbintenis teenoor gratis hoër onderwys vir studente van arm en werkersklashuise te bevestig. Dit is hoekom die president se aankondiging op 16 Desember so belangrik was asook dat finansiering vir dié onderwys duidelik uitgeklaar word,” het hy beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LR ·

Dit is so dat TVET Kolleges n ander opsie is. Ek vemoed net dat hierdie instellings op hierdie stadium gald nie funsioneel is nie. Ek vermoed hulle rade en bestuur het nie die vermoë nie en is korrup. Ek vermoed raadslede het hulle hande diep in die kolleges se till. Verder vermoed ek dat personeel hoofsaaklik kader ontplooieng en nie agv hul vaardighede daar is nie.
Hierdie instellings gaan hoofsaaklik oor die oordrag van vaardighede, wat ek bevrees is nie plaasvind nie omdat die wat dit moet oordra nie die nodige vaardighede het nie.

John ·

Die geagte doktor val Zuma die een dag aan oor sy gratis-studie maar prys hom die volgende…. Wanneer presies was sukses in onderrig in SA hoogmode?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.