Nzimande ontken hy het gratis-onderrigverslag weerhou

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Woensdag ontken dat hy ʼn verslag oor gratis onderwys wat in 2012 aan hom gegee is, weerhou het.

“Dit is nie waar dat ek nog heeltyd hierdie verslag gehad het nie. Daarom kon die joernaliste wat beweer ek het die verslag, net twee paragrawe daaroor skryf,” het Nzimande gesê.

Nzimande het vrae in die parlement beantwoord oor die befondsingsimplikasies van die besluit dat daar geen verhoging in studentefooie in 2016 sal wees nie. Hy moes voor verskeie komitees, insluitend die portefeuljekomitee van hoër onderwys, reageer op mediaberigte dat hy nie opgetree het toe ʼn 2012-verslag aan hom oorhandig is wat bewys het dit is moontlik om gratis tersiêre onderrig aan armes te verskaf nie.

“Toe daardie verslag bekendgemaak is, is dit aan alle rolspelers voorgelê,” het Nzimande gesê. Die Demokratiese Alliansie (DA) se Yusuf Cassim het Nzimande egter hieroor aangevat en gesê die verslag is nooit aan die parlement voorgelê nie.

Nzimande het gesê dit was nog altyd die doelwit van die ANC-regering om gratis onderrig aan behoeftige studente te verskaf, nie aan alle studente nie. Hy het gesê die aanbevelings in die verslag, sowel as leiding van die Grondwet en die Vryheidsmanifes, is ʼn “bybel” vir die befondsing van gratis onderrig vir die departement en ministerie.

Nizmande het verder gesê gratis onderrig vir alle studente is nie volhoubaar nie. Hy het daarop aangedring dat die ANC nog altyd gratis onderrig slegs vir behoeftiges wou verskaf. Hy het gesê die regering sal gratis onderrig aan die kinders van staatsamptenare en kinders van lae-middeklas huishoudings oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Manie ·

Dit is presies wat Kommunisme is sorg vir die staat en staat alleenlik!!

nico ·

Minister daar is net een bybel en dit se jy moet n reguit pad loop eerlik so as jy dit nie gehoorsaam nie los dit uit so as jy een het gee hom vir iemand wat hom sal waardeur en sal geniet dit is die waarheid wat manie se julle kommuniste wil als net vir julle self he en nou wil julle die rykes meer belas begin sommer by julle wat so op baie direksies dien en julle vriende wat so baie tenders kry en dit nie verdien nie ek dink al die geld wat onder die anc se bewind weg geraak het sou die studente en skole vir die volgende 10 jaar gesubsideer het

J.Z ·

Is kommas en punte so belangrik?, Nico slaag daarin om sy se te se wat belangrik is.Oops, daar vergeet ek die kappies op die e:s.

Martin ·

Dit is belangrik. Ons is baie vinnig om te sê Afrikaans moet in ons Universiteite bly, maar ons kan nie eens die basiese dinge in Afrikaans rêg doen nie. En o wee , laat die arme Maroela tog nou ‘n berig verkeerd bewoord of plaas ——–. . Ek sê maar net.

Betsie Koekemoer ·

Hoekom Staatsamptenare. Hulle is basies die hoogste betaalde werknemers in Suid Afrika, indien nie wêreldwyd nie. En wat het geword van keuring vir verdere studie? Keuring is tog die basis van motivering vir prestasie op skool. Ek glo keuring is steeds baie belangrik veral as dit by gratis onderrig kom. Belastingbetalers is al moeg vir nuttelose allokerings.

Pieter V ·

Natuurlik , want net soos in Zimbabwe moet almal wat vir die staat werk voordeel trek want wie gaan die dag as die anc uit die kussings gelig word vir die anc veg ? want oorgee sal hul nie.

Betsie Koekemoer ·

Hoekom Staatsamptenare. Hulle is basies die hoogste betaalde werknemers in Suid Afrika, indien nie wêreldwyd nie. En wat het geword van keuring vir verdere studie? Keuring is tog die basis van motivering vir prestasie op skool. Ek glo keuring is steeds baie belangrik veral as dit by gratis onderrig kom. Belastingbetalers is al moeg vir nuttelose allokerings.

Tobie ·

Wel in daai geval sal my seun oor 12 jaar as dit tyd is om te swot, naweke in sy Oom se tuin gaan werk. Dan is hy mos arm, en dan sal die staat vir sy studies betaal.

Ek is tog nie wetiglik verplig om vir sy studies te betaal nie, is ek?

Rynhardt ·

Natuurlik sal Blade Nzimande ontken dat hy in 2012 n verslag van gratis ondetwys ontvang het.Hy is n uiters omstrede kalant wat lankal die trekpas moes gekry het!Sy maatjies beskerm hom.Net vir die arm massas sal gratis onderrig oorweeg word,wittes is mos nie arm nie!

arie plaasboer ·

Nee, dis reg so. Gratis onderwys sal aan die armes verskaf word, ne.
Maar waar gaan jy die grens trek oor armes of nie arm nie.
Gaan dit hier om velkleur met die veronderstelling dat alle blankes “RYK” is en dat alle swartes dus per definisie “ARM” is / was en ooreenstemmend geregtig gaan wees op gratis onderwys.
Uiters min studente (ook wittes) is werklik ryk, hul (wit) ouers mag dalk meer vermoeend wees, maar nie noodwendig hul kinders nie.
My eie ouers was beslis middelklas – dus nie ryk nie – Ek het gewerk om lewenskostes en klasgelde te betaal – vanwee my persoonlike armoede.
Ek het gewerk vir wat ek bereik het en het redelike hoogtes bereik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.