Nzimande oorweeg regstappe ná dreigemente op Twitter

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, gaan ’n saak teen sosialemediagebruikers by die polisie aanhangig maak, nadat die betrokke gebruikers hom en sy gesin met geweld op Twitter gedreig het. Hy oorweeg ook regstappe teen die beweerde oortreders.

Die minister het Sondag saam met sy gesin by ’n restaurant in Howick in KwaZulu-Natal geëet toe ’n sosialemediagebruiker by dieselfde restaurant hom opgemerk en glo dreigemente teenoor die minister op Twitter gemaak het.

“Ouens, ek is by ’n restaurant en hier is ’n minister. Moet ek hom slaan?” het die gebruiker in ’n inskrywing gesê. ’n Ander sosialemediagebruiker het geantwoord: “Stuur ligging, ons sal jou help.”

Die ministerie van hoër onderwys en opleiding sê in ’n verklaring nóg ’n sosialemediagebruiker het daarna dreigemente en “kommerwekkende” afleidings oor Nzimande se werk as minister gemaak.

Dié gebruiker het glo op die eerste se twiet geantwoord: “Staan ​​op, klink ’n glasie en kry almal by hul tafel se aandag. Sê dan: ‘Ons verdien beter van jou en jou vriende en julle verdien om ongemaklik te wees in openbare ruimtes totdat julle jul werk begin doen.’”

Volgens die ministerie was dit baie duidelik dat die betrokke sosialemediagebruikers nie net die minister en sy gesin se persoonlike veiligheid bedreig het nie, maar ook gepoog het om hom in die openbaar te verneder.

Die minister het later bewus geword van die twiets en die betrokke sosialemediagebruiker elders in die restaurant opgemerk.

Die departement wys voorts daarop dat die betrokke gebruikers die reëls en voorskrifte van Twitter oortree het, aangesien die reëls strydig is met die aanhitsing van geweld.

Die minister het die dreigemente by Twitter aangemeld en oorweeg nou regstappe teen die betrokke sosialemediagebruikers, asook diegene wat by die aanvanklike twiets aangesluit en “geweld en haat” aangemoedig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Ja ons het nie juis nodig om hulle te verneder nie hulle doen dit sommer self.Dit is nou die onbevoegde korrupte ministers van SA

Jack ·

Sover my kennis strek is dit nie ‘n misdaad om jou misnoë in die openbaar teenoor ‘n politieke ampsdraer uit te spreek nie. Indien die ampsdraer daardeur verneder voel is dit sy eie saak. Soos die ingelse sê: It comes with the territory. Hoë bome vang die meeste wind.

jzjz05 ·

Iemand gee hom tog n suiglekkertjie en sê hy moet nou huistoe gaan.

Bernard ·

Hierdie knaap was die voorbok-brandstigter by UniZul in 1976

Dup ·

Party mense is erg fyngevoelig…….seker ñ skuldige gewete?

Nie Verbaas ·

Maar Malema kan se wat hy wil sonder nagevolge? Wat is verkeerd met die woorde “ons verdien meer van jou en jou vriende?” Dis niks minder as die waarheid nie.

Fedup ·

How shocking.
We really need emojis.
It’s extremely stupid to sit here and role my eyes.

DieKriek ·

Fedup, you know you “roll” your eyes, nè. Role is a part you play in a production of some kind.

JohanCzu ·

Die spul van die ANC het duidelik geen skaamte oor hulle onbevoegdheid, korrupsie en algemene gebrek aan prestasie nie. Hoe hy nou skielik verneder kan voel is verregaande.

Deon ·

Daar is verskille in standaarde, ek dink dit is waarom hy verneder voel……. “entitlement”

Willem ·

Nou het die minister die aandag lekker op homself gevestig! Veral daardie gedeelte wat ‘n beroep op hom en sy makkers doen om hul werk ordentlik te doen.

Jr ·

Aaghh foeitog die arme klein dengjtie. Soos mal emmer sal sê “Crybaby”

Grassie ·

Die Afrikaanse spreekwoord wat lui “as iet kom tot niet” is hier baie paslik. ‘n Minister word uit die staatskas betaal, dit maak hom ‘n werknemer van die belastingbetalers.Hy moet hulle dien, wat die ANC regeerders nie doen nie. Sommige ken aan hulself ‘n soort goddelike status toe. Hulle wil geëer en gedien word waar hulle ook al gaan en dink hulle is verhewe bo kritiek. Dit is sekerlik ‘n aanduiding van ‘n minderwaardigheidskompleks. Sies.

Mariana ·

Sien geen dreigemente in die tweets nie, klink meer na grap. Maar ja hy voel seker bedreig. Dis hoe ons elke dag in die land voel.

Jr ·

Wag die rassistise aantuigings kom nou. En Mal Emmer sal sy ” ground forces stuur om die restaurant te toi toi en toe te maak. Dan sal hy onderhandel en die restaurant sal gratis toebroodjies en hoender duie aanbied vir die volgende 5 jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.