Nzimande prys Pauw se boek aan by SAKP-samekoms

Blade Nzimande (Foto: ANA)

Blade Nzimande, algemene sekretaris van die SAKP, het Sondag tydens ʼn samekoms van die party in Durban aan ondersteuners gesê hulle moet The President’s Keepers deur outeur en veteraan-joernalis Jacques Pauw aanskaf en dit lees, wat verdoemende bewerings maak oor pres. Jacob Zuma en sekere staatsinstansies.

“Ons wil amptelik as die SAKP sê, gaan en gaan koop daardie boek deur Jacques Pauw, want die helfte van die goed wat hy sê is dit was ons as die SAKP reeds gesê het, insluitend die misbruik van ons intelligensiediens,” het Nzimande, wat kort tevore as minister van hoër onderwys afgedank is, gesê.

“Jy kan nie intelligensiedienste teen jou vriende gebruik nie. Ons weet ons word afgeluister,” het hy gesê. “Dit is ʼn aanduiding dat die SAKP en [die vakbondfederasie] Cosatu as vyande verklaar is. Ons moet hierteen baklei. Ons wil vir die ANC sê – terwyl hy voorberei op ʼn konferensie – kies ʼn leierskap wat nie staatsinstansies gaan misbruik nie.”

Die SAKP en Cosatu, saam met die burgerlike organisasie Sanco is al sedert 1994 in alliansie met die ANC. Die SAKP en Cosatu was aanvanklik groot ondersteuners van Zuma se presidentskap in 2009 en weer in 2014, maar die verhouding het intussen verbrokkel in die lig van bewerings oor korrupsie en staatskaping.

Albei organisasies het Zuma reeds versoek om te bedank en ondersteun adjunkpresident Cyril Ramaphosa as opvolger.

Nzimande het gesê die alliansie moet geherkonstrueer word om die mense te dien. “As ons sê ons is verbind tot die alliansie, dan bedoel ons dit. Ons wil hê die alliansie moet funksioneer as ʼn enkele revolusionêre demokratiese eenheid. Die alliansie moet ons gedeelde nasionale demokratiese revolusie deur die staat – wat ʼn instrument van demokrasie moet wees – implementeer.”

Hy het gesê dit is “beginselloos” om van die alliansievennote te verwag om die ANC te bevorder, maar dan maak die regerende party besluite, “of nog erger, ʼn individu of faksie maak die besluite”. “Dis nie regverdig om van die alliansievennote te verwag om die besluite te ondersteun nie, want hulle is nie oor die verdelende, verkeerde besluite gekonsulteer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Hulle is almal kop in een mus , hy het self erken dat hy vir 2 jaar niks gedoen het nie en gewag om gefire te word, maar die maandelikse salaris was daar.

RB ·

Hier en daar kan mens iets uit die SAKP en EFF ondersteun, maar dit is ook maar net waneer hulle die ANC oor iets aanvat.

Ons kan maar bly wees dat hulle onder mekaar baklei. Dink net as hulle nog mooi saamgewerk het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.