Nzimande se lewe glo in gevaar oor kritiek teen SAUK

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het aan afgevaardigdes op die party se spesiale nasionale kongres gesê dat sy lewe in gevaar is omdat hy die ooreenkoms tussen die SAUK en Multichoice gekritiseer het.

“My lewe en die lewe van ons nasionale tesourier word bedreig, insluitend fisieke bedreiging, omdat ons die SAUK gekritiseer het. Hoekom moet ons gedwing word om DStv en hul herhalingsprogramme te kyk as die enigste private platform? Die SAUK is in Multichoice en sy monopolie verswelg. Ons het geveg om die SAUK van die Nasionale Party te bevry, en nou moet ons teen Naspers veg oor sy monopolie van private televisie,” het Nzimande gesê.

Naspers, wat Media24 besit, is ʼn aandeelhouer in Multichoice. Nzimande het City Press, ʼn Media24-koerant, gekritiseer en gesê die koerant wil hom ondersoek weens sy kritiek oor die SAUK. “Ons sal veg om die SAUK te bevry van korporatiewe kultuur en Naspers,” het hy in ’n sterk bewoorde toespraak gesê.

Multichoice het ʼn ooreenkoms met die SAUK aangegaan om sy 24 uur-nuusdiens en vermaakkanaal oor te neem. Volgens die ooreenkoms sal Multichoice die SAUK R100 miljoen per jaar betaal vir ʼn periode van vyf jaar.

Nzimande is uitgesproke oor die beroep vir transformasie in die media en eienaarskap. Hy het ʼn beroep gedoen vir onafhanklike regulasie van die drukmedia, wat volgens hom selfregulerend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Ag sjympies ou kameraad Blade nou voel jy hoe voel dit om gejaag te word soos die Afrikaner en sy taal deur jou haatdraendheid.Jy jaag ons maar onthou in die proses staan jy en jou gespuis ook nie stil nie.

George ·

Dit lyk my die jagter kan dit nie hanteer as hy ook gejag word. Daar is ‘n engelse gesegde wat lui: “Cowboys do not cry .
…, not in front of their horses.”

Henry ·

Hierdie spul ou Marxistiese fossiele wat sedert 1994 hard aan die werk is om ons droewe land tot nog ‘n Stalinistiese mislukking te reduseer, sal vorentoe met nog meer absurde beskuldiginge vorendag kom.
Dit is ‘n bekende metode van die kommuniste om hul sotlike diktatoriale vergrype en mislukkings aan die vyande van hul uitgediende ideologie toe te skryf, al daardie kapitaliste en hul instellings wat nie die Utopiese Diktatuur van die Proletariaat ondersteun nie .
Outop Stalin het destyds reeds die pad aangedui wat met teenstanders van die kommunistiese rewolusie gemaak moet word.
Ja swaer. Een van die dae gaan ons afvalliges verban word na die SAKP se Gulags om heropgelei te word.
Ons het nou wel nie ‘n Siberië nie. Miskien Sutherland?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.