Nzimande sê ‘nee’ vir noodtoestand vir Kaapse spoorlyne

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van vervoer, het Maandag gekap na die DA se beroep om ʼn toestand van nood te verklaar in terme van spoorlyn-vervoer/treinvervoer in die Wes-Kaap en volgehou die regering is besig met die herstel van die Metrorail-dienste in dié provinsie.

“Dié beroep van die DA is oneerlik, opportunisties en politieke maneuvrering wat die ernstige situasie wat die spoordienste in die Wes-Kaap in die gesig staar, wil uitbuit. Ek verwerp hierdie politieke aanstellerigheid in die sterks moontlike terme,” lui ʼn verklaring van Nzimande oor die aangeleentheid.

Nzimande het die DA, wat Kaapstad en die Wes-Kaap regeer, gemaan om met diensleweringskwessies soos behuising, elektrisiteit en sosiale infrastruktuur klaar te speel. Hy meen deur dít te doen, sal reeds baie vermag word wat die misdaad betref wat die spoornetwerk teiken.

Nzimande het bygevoeg die regering belê miljarde in die herstelling van die kwynende spoorinfrastruktuur en dienste in die provinsie, maar dat brandstigters en gewapende bendes erg toegeslaan het in die afgelope paar maande.

Hy het onder meer gesê stasie-opknappings sal R1,6 miljard kos, die modernisering van depots R2,6 miljard en die aankoop van 35 nuwe treinstelle R3 miljard.

Volgens hom word ekstra veiligheidsmaatreëls ook toegepas en ontplooi, waaronder 88 gewapende wagte om personeel en pendelaars te vergesel, taktiese spanne met pantservoertuie om bates te beskerm asook ʼn forensiese ondersoekspan en hommeltuig-tegnologie.

Maroela Media het vroeër berig Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, sê sy glo iemand is daarop uit om die ruggraat van die Kaap se openbarevervoerstelsel te vernietig, die vraag is net wie en waarom. “Ons sal binnekort minder as 40 treine in Kaapstad hê. Ons kort 88 treine om die basiese stelsel te bedryf,” het Helen op Twitter geskryf na aanleiding van die jongste drie gevalle van brandstigting toe drie Metrorail-waens op drie verskillende stasies in die Suidwes-Kaap in die slag gebly het.

Metrorail is die afgelope twee maande 47 treinwaens in die Wes-Kaap kwyt.

Die aantal passasiers wat Metrorail gebruik het van meer as 608 000 in 2014 tot 360 000 in 2017 gedaal. Dít het weer op sy beurt ʼn effek op die erge verkeersopeenhopings op Kaapstad se paaie. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

PJC ·

Dit is duidelik die ANC wil die Wes Kaap so onregeerbaar as moontlik hê voor die volgende verkiesing.

Hanlie Geyser ·

Klink vir my of die minister mense betaal om die treine en trein spore aan die brand te steek net sodat die ANC kan sê dis die DA se skuld

tamboti ·

Agbare Minister, jou antwoord en optrede is ONEERLIK (veragtelik), nie die billike versoek van dit wat lankal moes gebeur nie! Jou ANC regering is besig met OPPORTUNISTIESE POLITIEKE MANEUVRERING om die feit dat die Wes-Kaap suksesvol deur ‘n ander party bestuur word, te probeer kelder.
Jy, jou party en ondersteuners doen presies dieselfde as die saboteurs; om alles wat nie aan jul behoort nie en waarop jul jaloers is, te beskadig of vernietig, sodat niemand dit kan gebruik nie. Dit noem mens vandalisme, nie demokrasie nie.
Na al die baie jare kan jul dit nog nie verstaan nie: daar is nie meer ‘n rede vir “Struggle” nie, maar jul bly dit kies!

marous ·

Waarom word die mense wat die waarheid uitbring so verguis ? Die regeerders sal niks uitkrap nie , want hul is elkeen deel daarvan !

waarheid ·

Hy gaan seker wag totdat daar net een trein oor is. Hy wil seker net taxis in die Kaap he en geen treine nie.

Willie ·

Dis eindelik so maklik, bring net wet en orde terug, en val in plek

Sophia ·

En pak maar net weer die blaam op ander, nooit ooit die ANC se ondoeltreffendheid nie!! Siek en Sat daarvoor!!

Andries ·

Die ANC alleenlik is verantwoordelik vir die hoë misdaad syfer asook gaos in Suid-Afrika. Daar was strukture in plek wat al die probleme waarmee die land nou sit aangespreek het soos o.a. die Komando’s wat plaas areas gepatroleer het, Spoorwegpolisie wat by die Spoorwegstasies asook Hawens diens gedoen het. Ons onderwys stelsel was van hoogstaande gehalte en lyfstraf wat deur die ANC afgestel is het veroorsaak dat leerlinge nog respek vir onderwysers gehad het. Tot op hede is die ANC onsuksesvol om werkloosheid aan te spreek, maar besef nog nie dat herinstelling van Komando’s asook Spoorwegpolisiedienste die probleem kan aanspreek. Laat mens wonder of afstelling van hierdie noodsaaklike dienste nie dalk gedoen was met verskuilde agendas nie en ook om meer fondse na hul eie sakke te laat kannaliseer?

Judge Dredd ·

En hoeveel gaan julle spandeer om sekuriteit by treine en trein stasies op te knap – of gaan ons maar net aanhou treine vervang wat verbrand word?

Semarnet ·

Hoe meer pad vervoer, hoe meer brandstof verkope, hoe meer belasting geld om in hul sakke te steek……

Aitoggie ·

Duidelik weet hulle nie wat n noodtoestand beteken nie. Hulle sal dit net inwerking stel, wanneer hul huise eendag brand.

Nel ·

Dis seker lekkerder om soos ‘n volstruis met jou kop in die sand te staan en te ontken dat die land besig is om te brand.

Jef ·

Ag ja die geldboom groei tot in die bloue hemel en die geldblommetjies bloei die hele jaar deur.

Stuiwer ·

Dit is jammer dat die ANC die politiek hier inbring. Werk eerder saam om die probleem op te los.

vissie ·

Ja ja alles moet eers afbrand dan kry ons splinter nuwes…uit die box uit. Maak net seker van die sizes sodat dit pas op die spoor

George Pelser ·

Wonder maar net wat hy sou gese het as dit ‘n ANC beheerde provinsie was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.