Nzimande sê ook ja vir moedertaalonderrig

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is van mening dat studente in hul eie moedertaal onderrig behoort te word, aangesien hulle dikwels met Engels sukkel.

Hy sê baie van die leerders het met aanvang van hul studie reeds ʼn agterstand omdat hulle in ʼn taal studeer wat nie hul moedertaal is nie.

Nzimande was gasspreker by die bekendstelling van Universities South Africa, die voormalige organisasie Hoër Onderwys Suid-Afrika wat vanjaar 10 jaar oud is en nou ʼn naam- en visieverandering ondergaan.

Hy sê Afrikatale moet tot ʼn akademiese en wetenskaplike taal ontwikkel word.

Prof. Mbulungeni Madiba, voorsitter van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) wat deel was van die ondersoek, sê studente van middelklas en swakker skole sukkel met die hoër vlak van Engels in veral handboeke.

Prof. Wannie Carstens, hoof van die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, sê Nzimande se uitsprake is verwarrend.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is van mening dat dit ʼn stap in die regte rigting is.

Dione Prinsloo van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns verwelkom die uitspraak.

Prof. Jacques van der Els van die Afrikaanse Taalraad sê hulle ondersteun ook die voorstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

J.Z ·

Laat n mens moet maar eers kyk wat gebeur,die mense het al baie dinge gese wat n mens net later terleurstel,hulle het een geloofwaardigheid nie.

CHRISTA ·

Noudat Blade sien hoe sy taalbeleid sy eie mense raak het dit ‘n bietjie sy lemmetjie afgestomp!!

Johann Marx ·

Moedertaal onderrig klink na ‘n goeie plan….tot jy besef jy sal Pytagoras moet verduidelik in byvoorbeeld ‘n taal wat nie ‘n “woord” het vir die getal 8 nie, maar eerder ‘n beskrywing wat, direk vertaal, gelees kan word as “twee plekke links van tien”. Nou lyk die prentjie nie meer so rooskleurig nie, doen dit?

Anita ·

Sal fatasties wees as elkeen in sy moedertaal onderrig kan word.

Die probleem is, sekere universiteite sal soos ‘n geoliede masjien loop terwyl ander uitmekaar val.

zahn ·

Lemmetjie verwys na Afrika tale. Nie Afrikaans nie. Lees mooi. En, sou hy die Mooiste Taal insluit, wees verseker, dit is net om almal heuning om die mond te smeer. Jy kan ‘n kommunis net vertrou so ver jy hom kan gooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.