Nzimande sê vandag oor 2017 studiegelde

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, die minister vir hoër onderwys, sal Maandag sy aanbeveling maak vir die fooie vir universiteite en tegniese kolleges in 2017.

Die aankondiging kom nadat ʼn verslag deur die Raad vir Hoër Onderwys oor die #FeesMustFall-kwessie aan Nzimande oorhandig is en Nzimande sedertdien met verskeie rolspelers hieroor vergader het.

Nzimande sou in Augustus aangekondig het of die universiteitsfooie vir 2017 verhoog sal word of nie, maar die mediakonferensie is op die nippertjie uitgestel tot September nadat sy kantoor gesê het verdere besprekings moet plaasvind.

Universiteite het vroeër aangedui hulle het verlede jaar ernstige finansiële verliese gely toe fooie nie verhoog is nie. Die meeste instansies het gesê hulle gebruik klasgelde om hulself te onderhou en het beklemtoon studenteskuld het skerp gestyg sedert die #FeesMustFall-veldtog twee jaar gelede van stapel gestuur is.

Intussen vlam geweld steeds plek-plek op kampusse op, waar studente daarop aandring studiefooie moet gladnie verhoog word nie of tersiêre onderrig moet gratis wees. Studente by die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag beserings opgedoen en een student is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn skermutseling tussen studente en veiligheidspersoneel ontstaan het toe studente die JS Gericke-biblioteek beset het. Die protesaksie hou glo verband met die studente se eise vir gratis onderwys.

Alle lesings en toetse is Maandag by die Universiteit van Kaapstad (UK) opgeskort weens protesaksie op die kampus. Studente het glo begin betoog  nadat die universiteit besluit het om stappe teen drie studente, wat vroeër vanjaar glo gedurende #FeesMustFall-betogings misdadig opgetree het, te doen.

Volg eNCA se regstreekse beeldsending van Nzimande se aankondiging hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Veritas ·

Nou tot nou, hier is die aartskommunis nou reg tussen die duiwel en die diepsee. Watter kant toe hy ookal besluit, gaan hom in die sop laat beland. Die regering kan nie juis anders asom gehoor te gee aan die studente-eise nie. Die ANC kan nie bekostig om nog stemme te verloor nie maar het ook nie geld om die universiteite te borg nie. Kyk nou hoe vinnig word die tameletjie deurgegee aan die sakewêreld. So tussen hakies, hoeveel universiteite is al in die land gebou sedert die ANC aan bewind is?

Alida ·

Nie een nie !!!!! Vra eerder hoeveel is al verwoes en verbrand onder hulle leierskap.

Deon ·

Ons het so pas gehoor dat die UOVS se klasgelde met 8% verhoog word vir 2017. Die spul het dadelik met protes optrede gedreig.

Johan ·

As n mens matriek klaar maak is jy net so ryk of arm soos die persoon wat langs jou matriek gedeon het, jy het geen reg op jou ouers se beleggings of inkomste nie.

Maw, wie is ryk na matriek en wie nie? Of jy nou geld leen by die bank, jou ouers of die staat, of jy dan moet terug betaal aldan nie alle matrieks begin met niks.

Stelling, ek is n ouer wat R 800,000 per jaar verdien, maw ek moet vir my kinders se studies self betaal, maar ek het 4 kinders wat wil gaan swat. n Ander man verdien R 600,000 per jaar en hoof nie te betaal vir studies vir sy kind, maar hy het net een kind. Dus wie is die slegter af? Ek met my inkomste van R800,000 of die ander met sy inkomste van R600,000 per jaar???? Belaglik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.