Nzimande uitgejou oor #FeesMustFall

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is Donderdag by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit deur studente uitgejou nadat hy gesê het gratis onderrig vir almal is nie ʼn volhoubare konsep nie en is slegs haalbaar in ʼn sosialistiese land.

Nzimande het studente by die universiteit toegespreek en hul vrae in verband met die opspraakwekkende #FeesMustFall-beweging beantwoord. Die woedende studente het egter begin skree terwyl Nzimande probeer praat het en gekla dat hul vrae nie beantwoord word nie.

Een van die studente het aan Nzimande gesê die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) hou net armoede in stand omdat die studente die lenings moet terugbetaal en hulle dit nie kan bekostig nie.

Nzimande het gesê studente moet verstaan dat die departement bykomende hulpbronne sal moet identifiseer voordat die kwessie van gratis onderwys vir armes aandag kan kry. “Die geen verhoging in klasgeld verlede jaar het beteken dat R800 miljoen uit my departement moes kom wat eintlik geoormerk was om werklose jeug te onderrig. Is dit regverdigbaar?” het hy gevra.

Hy het bygevoeg dat die departement moes kyk na toegang tot tersiêre onderrig en opleiding vir jong mense in alle sektore. Hy het gesê met net 30% van matrieks wat verder gaan studeer, is transformasie op alle vlakke nodig.

“Terwyl ons so diep in die #FeesMustFall-stryd is, vergeet ons van die vordering wat die ANC-regering oor die afgelope 22 jaar gemaak het in die onderwys- en onderrigveld,” het hy gesê. Hy het die studente gevra om die departement kans te gee om ʼn langtermynoplossing vir die probleem te vind.

Die departement van hoër onderwys het verlede week gesê hy is tans besig met ʼn proses om te besluit oor universiteitsgeld vir die komende jaar. Sodra daar besluit is oor die klasgeld vir die 2017 akademiese jaar en of daar ʼn verhoging sal wees, sal die departement ʼn aankondiging hieroor maak, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Yvonne ·

Nou vir wat het julle sommer van die begin af sulke lee beloftes gemaak? Nou is dit besig om julle in die gat te hap. Ons het almal geweet dit sou nooit realiseer nie, maar julle was mos slim!

JC ·

Die kamptige “studente” lieg en wil net alles verniet he! Die NSFAS terugbetaling opsies is baie buigsaam Indien jy nie werksaam is nie hoef jy dan nie eers te betaal nie Dit blyk my die eintlike rede vir die “studente” se ontevredenheid is omdat hul nie opleibaar is nie want daar is ‘n totale gebrek aan karakter, wilskrag en vernuf! Indien jy alles verniet kry agv die heersende kultuur van selfgeregtigheid gaan jy mos nie werk kry nie! In my opinie moet al hierdie “studente” eintlik die deur gewys word en gesien word vir wat hulle is- en gelei word in ‘n rigting wat hul nie onverdiende apatie sal bewys nie. Soos dit nou staan stuur die land op ‘n ramp af want met respek beteken die “studente” NIKS vir die land. DIT is ‘n TIKKENDE TYDBOM. Waarom probeer studeer by akademiese instellings indien jy in werklikheid nie kan nie! indien jy al jou vakke slaag en goed doen en nie al jou vakke aanhoudend sleep nie, sal jy ongeskonde en springlewendig kan uitkom uit die tersiere ondervinding. Die EIE GEREGTIGHEID is skokkend. Daar le nie ‘n toekoms vir ons land in die “studente” nie en moet hul liefs gestuur word in ander bv tegniese rigtings indien daar enigsins ‘n hoop is dat hul nog ‘n bydrae kan maak tot die land en sy ekonomie. Daar is ‘n totale gebrek aan redelikheid in hierdie hele vervelige diskoers!

JC ·

Die kamptige “studente” lieg en wil net alles verniet he! Die NSFAS terugbetaling opsies is baie buigsaam Indien jy nie werksaam is nie hoef jy dan nie eers te betaal nie Dit blyk my die eintlike rede vir die “studente” se ontevredenheid is omdat hul nie opleibaar is nie want daar is ‘n totale gebrek aan karakter, wilskrag en vernuf! Indien jy alles verniet kry agv die heersende kultuur van selfgeregtigheid gaan jy mos nie werk kry nie! In my opinie moet al hierdie “studente” eintlik die deur gewys word en gesien word vir wat hulle is- en gelei word in ‘n rigting wat hul nie onverdiende apatie sal bewys nie. Soos dit nou staan stuur die land op ‘n ramp af want met respek beteken die “studente” NIKS vir die land. DIT is ‘n TIKKENDE TYDBOM. Waarom probeer studeer by akademiese instellings indien jy in werklikheid nie kan nie! indien jy al jou vakke slaag en goed doen en nie al jou vakke aanhoudend sleep nie, sal jy ongeskonde en springlewendig kan uitkom uit die tersiere ondervinding. Die EIE GEREGTIGHEID is skokkend. Daar le nie ‘n toekoms vir ons land in die “studente” nie en moet hul liefs gestuur word in ander bv tegniese rigtings indien daar enigsins ‘n hoop is dat hul nog ‘n bydrae kan maak tot die land en sy ekonomie. Daar is ‘n totale gebrek aan redelikheid in hierdie hele vervelige diskoers.

Cherokee ·

Iemand moes gevra het watse vordering die ANC-regering oor die afgelope 22 jaar gemaak het in die onderwys- en onderigveld,

Thuunda ·

Ag foeitog, Blade en die militaristiese “gibs me dat” studente verdien mekaar.

Laat hulle mekaar opvreet….

Lance ·

Well mense sien deur hom ….hy is tog n joke !So lag hom maar uit

ZAS ·

Jy weet, as jy ‘n nasie grootmaak dat hulle alles verniet op ‘n skikbord kry sonder om daarvoor te betaal, is dit presies hoe hulle gaan optree. Wat het hulle gedink gaan gebeur en dan word leë beloftes ook gemaak. Hulle verdien mekaar beslis.

johann cb ·

Iewers moet iemand optree. Ons kan nie almal net op die kantlyn sit en kommentaar lewer nie! Die studente kry reeds soveel gratis, wat méér moet nog gegee word? Kan die land se ekonomie dit hanteer? Nee! Stop en doen iets om ons van ondergang te red.

Johanna Botha ·

Voor n verkiesing is krag water education alles mos verniet ….nou hoor ek nie net saa is ALWEER sonder geld maar nou ook die sauk ….wat het die man gedink …gaan almal lesensies betaal as hy SO maak …hallo julle moet bq wakkerskrik anc !

Lida ·

Yvonne waarmee moet hulle dink daar is dan nie grysstof daarbinne nie !!!!

Penellope Jones ·

Maar hy was bitter vinning om met sy kop ja te knik tydens die optogte!

Scalla ·

Dit was mos een van hul verkiesings beloftes, its pay back time, die wiel draai, kry vir julle

Uiltjie ·

Ek het nog nooit van die begin AF gedink dit is werkbaar nie! Hoe kon enigiemand so naief on dit the glo? Komaan studente, my kleinkinders graad 4 kon dit ook nie verstaan nie!

M'Lady ·

Daar is klaar gese dat daar n belasting van alle gegradueerdes verhaal gaan word om te betaal vir gratis onderwys. Dis hoe hulle dit gaan finansier.

snoefie ·

gr 1 tot twaalf is geheel en al gratis in swart skole. hoekom moet daar ten duurste by blanke skole betaal word?

susan@ ·

Dit is net soos n kind wat bederf word om alles Te kry wat sy oe sien sonder om werklik Te weet waar die geld gekry word om dit Te betaal. Hulle pluk n lat vir hul gat!! Gaan werk in spaar tyd en betaal jou studies!!!

Sandra ·

Almal het geweet dit is net om die betogings onder bedwang te kry. Almal het geweet dit is nie haalbaar nie. Daarvoor is te veel geld op ander goed verkwis. Maar feitlik die helfte van student val uit in hul eerste jaar. Geld gemors. Plaas dat gratis onderrig gee aan studente wat regtig slim en hardwerkend is.

snoefie ·

jy droom drome Sandra. hulle word histories eerste jaars. elke jaarn ander studie rigging met koshuis verblyf terwyl wit students hulle koshuis pleasing verloor as hulle nie goes gedoen het nie. dit beteken nie noidwendig die blanke student het gedruip nie.

e ·

Hulle is daar net om moeilikheid te maak. Ons arme blanke kinders moet in die gemors probeer konsentreer terwyl hul brand en verwoes. Met die dat hul Afrikaans ook in meeste Universiteite verband gaan die beheerrade nog swaarder kry want dit is tot dusver seker net die blanke ouers wat klasgelde nog betaal. Kry vir jou Blade!!!! Jou daggies is ook getel en jy val binnekort van die soustreintjie af!!

jaco ·

die man is n kommunis en dan se hy onderwys kan nie gratis wees nie. hoe dan nou? In lande waar die kommuniste alleen in beheer was, was onderwys gratis. Die standaard was nogal hoog ook in veral Oos-Duitsland en die Sowjet-Unie. miskien moet ons volle kommunisme in SA begin toepas…

GES ·

Baie van die studente is sogenaamde ‘beroepstudente’ wat die studiegelde vir persoonlike gebruik aanwend. Dit verklaar hulle swak prestasie. Klasbywoning en taakafhandeling is laag op die prioriteitslys. Politici buit hierdie malende koersloses uit deur leë beloftes aan hulle te maak in ruil vir hulle stemme. Die hele situasie stuur af op ‘n ongeluk wat ‘n plek soek om plaas te vind.

snoefie ·

tersiere onderrig nes BMW’s, diamantringe, lopende water, elektriseteit en baksteenhuise, is luukses. dit kos geld en sommer baie geld. as jy dit nie kan betaal nie kan jy dit nie he nie.
die students het mos matriek geslaag. dis is hulle intelligent. het hulle regtig geglo diebelasting betalers gaan net omrol en dood speel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.