Nzimande veroordeel geweld by KSUT

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het Woensdag die gewelddadige betogings by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ten sterkste veroordeel.

“Hierdie sporadiese anargie wat ons by KSUT waarneem het niks te doen met geldige kwessies soos toegang tot onderrig en die noodsaaklike transformasie daarvan nie. Dit gaan oor ʼn handjievol mense wat kriminele bedoelings het en die lewens en toekoms van duisende studente en hul families wil vernietig,” het Nzimande in ʼn verklaring gesê.

Nzimande het bygevoeg geweld op kampusse kan nooit geregverdig word selfs al is daar geldige bekommernisse nie. “In daardie lig gesien is dit totaal onaanvaarbaar dat ʼn paar mense ons land gyselaar hou.”

Nzimande het die nodige owerhede gemaan om “sonder genade met hierdie kriminele” af te reken.

Hy het studente verder aangemoedig om aan konstruktiewe gesprekke met owerhede en belanghebbendes deel te neem om kwessies op te los.

Dít kom nadat gewelddadige betogings Maandag by KSUT begin het en veroorsaak het dat klasse Dinsdag gestaak is.

Die studente is glo ongelukkig oor dissiplinêre stappe wat teen vier medestudente by die universiteit geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adam ·

Minister Nzimande maak ‘n interressante opmerking. Hy noem dat ‘n “paar mense ons land gyselaar hou” en heel tereg ook. Wat egter ‘n groot probleem is, is die feit dat daar op soveel terreine ‘n “paar mense” is soos, die Zumas, die Guptas, die klein klieks binne die ANC, Ek het wel raad vir die minster rondom die probleme met universiteit-studente. In my dae, lank, lank gelede het ‘n suksesvolle student uitgeblink in 3 vakke, nl partytjie hou, vry en leer en dit het wonderlike resultate opgelewer. Dit verklaar op ‘n eenvoudihge manier hoekom ons nie tyd gehad het vir geweld, petrolbomme gooi ens nie. Voeg daarby ‘n goeie opvoeding, ambisie en behoorlike toelatinsgsvereistes aan tersiere inrigtings en jou probleem is iets van die verlede.

A van C ·

Dit klink vir my of iemand anders hierdie toespraak geskryf het

Studente ouer ·

Dit word mos nou weer eksamen tyd do nou begin die drama weer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.