Nzimande veroordeel roekelose motoriste

Blade Nzimande (Foto: ANA)

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het hom Saterdag uitgespreek teen die uitdagende gedrag van sommige motoriste wat voortgaan om by te dra tot ʼn toename in padongelukke.

Nzimande se uitsprake kom nadat 13 mense vanoggend in ʼn botsing tussen Fouriesburg en Bethlehem in die Vrystaat gesterf het. Maandag is nog ses mense dood in ʼn trompop botsing op die R573 Moloto-pad in Gauteng.

Donderdag is ʼn vrou van Polokwane, haar drie kinders en haar swaer dood in ʼn ongeluk op die N1 tussen Murrayhill en Hammanskraal. Gister is vyf mense dood in ʼn trompop botsing op die R57 tussen Heilbron en Sasolburg in die Vrystaat.

Nzimande sê dié sterftes moet as wekroep vir motoriste dien dat padveiligheid nie onderhandelbaar is nie en dat verkeersreëls altyd gehoorsaam moet word. “Wanneer padgebruikers versuim om die reëls van die pad te gehoorsaam, is daar gevolge,” het hy gesê.

Die minister het wetstoepassers opdrag gegee om hul sigbaarheid op te skerp op 50 gevaarlike plekke op die land se paaie wat berug is vir die talle ongelukke wat daar plaasvind. Hy het terselfdertyd die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) opdrag gegee om hul ondersoeke na die oorsaak van al hierdie ongelukke te bespoedig en die Padongelukkefonds opdrag gegee om die nodige ondersteuning aan die beseerdes en families van die oorledenes te verskaf.

Nzimande het sy medelye betuig met die naasbestaandes van almal wat in die afgelope tyd op die land se paaie gesterf het en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pieter ·

Ek het ‘n idee die fiets wat teen die paal gebots het, was soos ‘n eerste soen. Na die tyd die kragwoord van die ma …..

Willem ·

Praat hy nou van kombi taxis wat oorlaai word en ry sonder in agneming van enige verkeers reels wn tekens of praat hy van bestuurders oor die alhemeen?

Hannah ·

“Veroordeel roekelose motoriste”???

Begin dan by die Blou Lig Brigade….

Hulle is die beste voorbeeld van minagting t.o.v padreels en sogenaamde wette

sarah ·

Dir was my gedagte ook…begin by die blou lig bende….dan die verkeers beamptes…wat ry soos hulle wil…en our people…wat by rooi verkeersligte…stop and go…so ook ander stopstrate.

Nic Graaff ·

Gee n e.pos adres waarheen fotos gestuur kan word van pad gebruikers wat nie die padreels nakom nie dan kan jy teenoor hulle optree. Wat is beter wanneer jy n selfoon of kamera fotos kry met die duidelike bewyse

Alma ·

Wanneer gaan die regering besef dat ons treine en busse terug op die pad sit. dit sal baie goedkoper ook wees en baie veiliger. Veral vragmotors en taxi’s

Penellope Jones ·

Moenie vergeet van die mense wat hul lisensies op ander maniere kry as die wat wetlik is en aanvaar word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wanneer ‘n regering versuim om die “gevolge” van roekelose verbysteek op ‘n soliede wit lyn af te dwing (boete, tronkstraf of opskorting van jou wettige lisensie)……….dan word die volgende “gevolge” kop aan kop botsings en lewensverlies…….soos in meeste van die gevalle waarna verwys word.

Riette Bennett ·

Ek stem met hom saam. Dit is NIE net taxis en trokke wat te vinnig en onverskillig bestuur nie, daar is baie baie mense, van alle ras , mans en vroue, wat jaag en onnodige kanse vat. En ek sê dit met baie respek. Ons MOET ALMAL leer om meer geduldig op ons paaie te wees.

Chris ·

Ai minister Nizemande kom jy nou eers agter daar is roekelose motoriste, waar was jy die afgelope 25jaar in die buiteland miskien ? Jou party en regering het mos wetteloosheid en anargie ingestel. Deur alke reels en regulasies en alles wat gewerk het saam met apartheid weg te gooi. Hoe het die destydse hoofman oor miljoene gese “wet en orde is n westerse begrip”

Andrea ·

Stem 100% met jou saam. Totale wetteloosheid, want dit is volksvreemd.

John ·

Mnr Blade praat van sigbaarheid van die wetstoepassers maar die plaaslike Munisipaliteit wat daardie dorpe not bedien het nie eers voertuie om hulle sibaar te maak nie.Los dit vir ons op dan sal motoriste weet on versigtig te ry.Hulle weet daar is nie voertuie vir die verkeersmanne nie daarom ry hulle soos hulle wil.

leser ·

moenie agter die bome sit en wegkruip nie, BEWEEG / RY op die paaie, dan is julle (metro / polisie) mos SIGBAAR !!!!!!!

André ·

Dis mos baie gemakliker en lekkerder om agter bome te sit en slaap, terwyl die kamera die werk doen.

Karlahari ·

Ek werk in Lesotho en sien daagliks hoe onpadwaardige voertuie uit Lesotho blatant met n R100 in die hand in Suid Afrika toegelaat word.
Sigbare polisiering help niks as jy met jou selfoon in die verkeersvoertuig sit nie. Ry tussen Maseru en Bloemfontein dan staan 5 verkeers voertuie bymekaar en hulle KUIER.
In Desember is meer as 24 mense op die R26 dood in taxi ongelukke.
Gaan kyk na die pad oppervlak. Dit is n disgrace. En op baie plekke geen verbykom plek.
Maar ja gedrag is die hoof oorsaak. En onpadwaardige taxi’s en taxi bestuurders IS die grootste sondebokke. Beperk hulle tot 80km/h en vermenigvuldig die boete met aantal passasiers aan boord.

Spike ·

blade moenie nou kla nie. Julle comrades en kaders het julle mense wetteloos opgevoed.

Jo B ·

Ons almal klae… maar dit gaan niks, maar niks help nie.
Oom Blade… dis “too late for tears”

Chris Ws ·

Blade Nzimande is was aan die slaap.Hy kon Laaaaaanakl iets gedoen het ivm die hoe ongeluksyfer op ons land se paaie maar hy geen nie ‘n flenter om nie of is te dom om te gee.Hier is ‘n gulde geleendheid vir werkskepping.daar is ‘n reuse behoefte ( dalk meer te kort) aan verkeerspolisie.Die pad wat ek gereeld ry tussen twee dorpe het ‘n spoed grens van 100 km’h maar ek is die enigste een wat dit handhaaf.ALMAL vlieg by my verby .Hoekom?Want daar is GEEN spoedlokvalle op daai pad nie.Daar hoort elke 10 km ‘n spoedlokval te wees dan sal almal by die spoedgrens hou binne ‘n baie kort tydperk!En ek meen ALMAL ,wit swart bruin enige kleur.Kom nou Minister van Vervoer,skud jou kop dat jou ore jou kan wakker klap!

Es ·

Bring dissipline terug op die paaie deur klein oortredings the straf.. Bv taxis wat op skouers van pad very jaag, baanbeperkings en verkeersligte verontagsaam.

Mariaan ·

Bla bla bla….net woorde…as dit enigsins n concern was…sou ons paaie nie in so patetiese toestand gewees het nie…regering voel eintlik vere! Se maar net wat gehoor moet word…woorde sonder dade!

Andrea ·

Maar jy moet onthou dis die Apartheid regime se skuld dat die paaie in só n toestand is. Hulle het destyds heeltemal te veel paaie gemaak wat dit nou vir die huidige regering onmoontlik maak om al hierdie derduisende kilometers paaie instand te hou. Onthou daars nie fondse nie, ook nie die wil om iets te onderhou nie. Miljoene bewillig, maar intussen uitgedeel.

Cherokee ·

Teks sonder enige sigbare tekens oor hoe ernstig die skrywer is, is ‘n werklike probleem wat kommentators mý al laat aanval het, omdat dit moeilik is om te verduidelik in watter lig jou kommentaar gelees moet word.
My vrou en ek was gister tydens Saterdag se inkopietog by ‘n restaurant waar ‘n witman met ‘n swartvrou en sowat tienjarige kleurling dogter, by ‘n tafel naby ons gaan sit het om net so lekker die naweek in te wy. Dit was weer ‘n aanwysing dat teks nie bloot op raai beoordeel kan word, veràl hièr nie, want hièrdie is Suid Afrika. Askies Andrea, maar dit werk nou so. Ek wens, wens wens jy kon aanhou om jou kommentare in jou eie taal en persoonlikheid plaas, but things became tough. As jy skryf soos ek jou lees, ek hug jou!

Pieter ·

Bytjie blaas, en ons moet sing, Bennie kan jy die storie bring.
Maatjies, julle moet nou roep, anders hou hy aan met soek.’
Almal roep hard en Bennie Boekwurm kom uit om vier heerlike stories te lees.

Cuda ·

Daar geskied geen wetstoepassing meer op paaie nie. Net kameras wat spoed kaarties genereer as inkomste……! Elke dag sien ek onpadwaardige voertuie, ligte wat nie werk nie, karre wat rook, en wat meganies amper nie 60km/h kan haal nie, …..! Dan beweeg ons na bestuurders. Karre verby steek op blinde hoogtes, taxis wat alle reëls verontagsaam, veral in spitstyd. Ons almal word opgehou, maar hulle maak paaie waar daar nie paaie is nie, veral in noodbane en druk dan net in later….! Daar is geen wetstoepassers nie. Wel salaris trekkers….

Afrikaner ·

Ou vriend, als in die land gaan, netsolank dit help om werkloosheid te verminder, daar moet net nie brieke wees nie.

Nugter ·

Jammer vir jou oom Blade, net soos met korrupsie is dit te laat om te probeer vra vir dissepline op ons paaie. En weet jy my oom, al hierdie wille ryers stem vir jou party, die korrupte anc.

Mariska ·

En ek veroordeel tensterkste roekelose paaie. Mnr die Minister… kom ons kyk of jy jou aan my gaan steur. dalk sal ek my dan aan jou steur.

chrisjan ·

Die geeerde minister moet in sy privaat voertuig self bestuur en ‘n langpad vat dan sal hy eerstehands sien hoe mense ry en wat presies op ons paaie aangaan.Die hoofrede vir die chaos is feitlik geen verkeerspolisie op ons paaie nie en hopeloos te min spoed lokvalle.Hier is ‘n goeie geleendheid vir werkskepping en meer verkeerspolisieering op die paaie SAL die ongeluk syfer afbring.Stywer boetes moet ook ingestel word.Mense betaal boetes te maklik.

Adam ·

Die minister bekommer hom oor roekelose motoriste en ek bekommer my oor roekelose politici. Die aantal padsterftes is uiteraard onaanvaarbaar, mar indien die minister daarin kan slaag om paaie op standaard te kry, lisensies slegs toe te ken aan kandidate wat aan die nodige vereistes voldoen, te verseker dat slegs padwaardige voertuie op die paaie toegelaat word en taxi-bestuurders kry om die padreels te gehoorsaam, sal sy bekommernis iets van die verlede wees.

Dawìd ·

Ha dis hul probleem?Wie dit bestuur. ONGELUK VEROORSAAK is drywers?Dit wat wie se hande op stuurwiel vat en voete op petaal trap en hul mind versoeking doen? Da is n probleem?

hendrik ·

Mnr die Lem, ek is jammer om te se maar jy en jou mense kan nie gedissiplineer word nie.

Snowball ·

Ek vind dit onmoontlik om enige iets wat uit ‘n ANC se mond kom, met enige respek te beskou. Die grootste korruptes wat ander wil ‘veroordeel’! Wat ‘n skynheilige spul. Jy moet geloofwaardigheid en integriteit hê as jy dit wil preek!

Ozzie ·

Tja, so gaan dit… so elke nou en dan gaan kuier ek vir familie in SA – net omdat ek moet. Die grootste enkele faktor wat my afsit van SA is die algemene wetteloosheid op openbare paaie. En dis nie net swartes nie, my eie volksgenote ook. Ten minste 70% van alle padgebruikers jaag soos besete hooligans van punt A na punt B. Vinnig om andere se algemene verontagsaming van padreëls uit te wys, maar breek self die reëls konsekwent. Dis asof alle mense se frustrasie homself manifesteer agter ʼn voertuig se stuurwiel. Dit wys maar net weer hoe siek die Suid-Afrikaanse samelewing is…

Geeltrui ·

Nzimande moet ten eersre kyk na die toestand van paaie en voordat hy tolhekke sien moet hy eers kyk op hoeveel maniere motoriste al tot padfonds bydra. Maar al díeé geld word aangewend vir false pof eise. Dan moet hy kyk hoeveel mense gaan vir kode 10 rybewyse om kode 8 voertuie te ry. Verder, taxies en luukse motors waarvan die bestuurders oortuig is hy is bokant die wet en padreels verhewe. Ek weer hoeveel mense kom stop om eers die “coolerbox” te vul voordat hulle n reis aanpak. Taxies kom nog ver aan dan doef en dreun die aarde al van die musiek uit die voertuig. Papiere, kospakkies, vuil doeke, blikke en bottels word deur vensters gesmyt, solank die taxies en karre net skoon bly. Tree op nzimande, bring wet en orde terug.

Michael ·

Haaaaiiiiii het oom Blade wakker geword Dia
A N C mense slaap mos drie maande dan moet iemand hulle wakker maak.Nou skielik wil hy oordeel. In watse sirkus werk die man.

jakes ·

SA het waarskynlik die swakste bestuurders in die wereld en die padsterftes is n wesenlike bewys daarvan. Ek het baie familie in die buiteland en wanneer hulle kom kuier in SA is dit die eerste ding wat hulle opval. Die gedrag van motoriste spreek boekdele en die grootste rede daarvoor is waarskynlik dat tot 60% van bestuurders hoort nie agter n motor se stuurstang nie want hulle is onbevoeg daarvoor. Dit geld onder alle rasse.

Moupratery ·

My vriendekring praat ook daaroor. Dus. myne gehoorsaam. Is dit dalk CR se mense..of pendellaars haastig oppad Oos Kaap of Zim toe vir die naweek. Wees meer spesifiek of sal dit polities afbrekend wees.

Jacques ·

Ag nee wat, dis iets wat vir my net n ligte irritasie is. Ek huil myself nou nie aan die slaap oor mense wat nie verkeersreëls gehoorsaam nie. Mens moet maar net wakker wees wanneer jy bestuur.

George in Bloem ·

Ongelukkig vrot die ANC regering vis van die kop tot by die stert. Onbevoegde luigat korrupte kaders in alle poste van belang,vanaf minesteriele vlak tot by die wetstoepassers op voetsoolvlak. Almal(90%) totaal onbevoeg vir die posisies wat hulle beklee en die een kyk of hy meer van die belastingbetaler se geld in sy eie korrupte sak kan steek as die volgende ou. En die “minister” kyk maar watse klomp nuttelose woorde hy kan bymekaar skraap om sy aan onnosele kiesers te verkoop. En so strompel die hele land nader aan die afgrond…….

Wielspore ·

Ons was gister in Nelspruit, die meerderheid pad gebruikers het hulle goed gedra met die volgende uitsondering. ILanga Mall sirkel, verkeersvloei stadig, Taxi staan geparkeer in sirkel, wag vir kliente, Tiger Wheel tire, slipway na R40, verkeer word opgehou, Taxi laai kliente op en af, blok die inglybaan. Makro sirkel, verkeer vloei opgehou, Taxi staan in sirkel, laai passiers op en af. R40 tussen NLS en Witrivier, Taxi jaag, wissel bane. Mnr Blade as ek dan die goed sien elke dag, is jy dan blind om oplossings en regstellend op te tree.

Gert van Wierdapark ·

Die agbare Minister moet ophou praat en begin DOEN en Dien! GEEN padvark (dit sluit taxis, busse, vragmotors, motorfietse en gewone padgebruikers in) steur hul aan verkeersreels nie = sperstrepe, spoedgrense, verkeersligte, volg-afstande, dronkbestuur, selfoon-bestuur, ens. ens. SA se een groot probleem BEGIN op ons paaie = weens toedrag van sake in bykans ELKE stad en dorp in die land. Die jaarlikse “Veldtogte” wat voor vakansies/lang naweke met groot basuin geloods word, help Boggerol. Die OORSPRONG van die wets-ongehoorsaamheid moet reggestel/gemoker word met BEHOORLIKE Wetstoepassing! Oortreders moet BOET vir hul dade! Boetes, opskorting van lisensies, tronkstraf, konfiskering van motors – bv. Spoedfrate en dronk/selfoon bestuur!

Pieter ·

Ek het ‘n idee die fiets wat teen die paal gebots het, was soos ‘n eerste soen. Na die tyd die kragwoord van die ma …..

lilipit ·

Dit is beslis nie net taxi’s wat hul swak gedra nie… die hoeveelheid motors met bestuurders van alle rasse en klasse wat die rooiligte verontagsaam is ‘n gruwel. Ek leer my seun (wat oor ‘n maand ‘n leerdersliksens moet bekom) om links, regs, weer links en regs en dan nog twee keer te kyk vir al die idiote – of altans uiters selfsugtige mense wat maak nes hul wil. en die ironie is dat – ten spyte van die haastige oorjaag ek die bestuurder telkemale by die volgende verkeerslig vind. Die oplossing? Verontagsaam ‘n rooilig – word jou kar net daar geskut. Teks en bestuur? Groet jou foon verewig. Twee weke van intensiewe wetstoepassing en ons mag moontlik ‘n ander prentjie sien… en voor almal my uithaal… mens mag droom…

Boet Fasie ·

Hi Blade, die hele land het mos deur geloop onder regstellende aksie van die ANC – self bestuurslisensies ook, In Suid Afrika moet jy net die vermoe het om te kan bestuur of jy moet opleibaar wees dan kry jy jou lisensie. Die prakties doen jy mos nadat jy jou lisensie gekoop het op die pad, dit wil se as jy nie verongeluk en so paar ander saam vat of vermink nie. Om ‘n taxi te bestuur hoef jy nie eers te kan tel nie, jy laai almal op wat kan in klim en ry die hel uit daai taxi om hulle so vinnig as moontlik af te laai voor hulle versmoor.

anton ·

Meeste mense hier se kommentaar is in die kol!!!
Ja as ek net vir 1 maand al die mense wat verkeersreels oortree wat ek daagliks persoonlik self sien kan beboet en daai geld vir myself he, sal ek kan aftree!!!
Hulle kan maar nog n miljoen verkeers polisie aanstel en dit sal niks help want die huidiges doen nie hulle werk nie.
Begin net deur die taxis, busse en trokke vas te vat en daar sal baie baie minder probleme en sterftes op ons paaie wees.
Maar ja, dit is natuurlik wensdenkery.

Vissie ·

Mmmm….. hoe moet ‘n handjievol verkeersbeamptes miljoene voertuie beheer? Vra dit eerder, daar is hopeloos te min verkeersbeamptes op ons paaie om enigsins sigbaar te kan wees.
Ek sit by my kind se skool en kyk hoe ouers kinders kom oplaai, hulle kan nie eens eenvoudige padreels gehoorsaam nie. Opgevoede, geleerde mense, wat duur voertuie ry, wat ry soos hulle wil. Niemand kan net die taxi’s blameer nie, dis almal! Ry jy oor ‘n stopstraat is jy skuldig! Ry jy oor ‘n rooi robot is jy skuldig! Stop jy op ‘n rooi sperstreep is jy skuldig! Dis ‘n probleem van totale Geestelike en morele verval in ons samelewing.
Die verandering begin by elkeen van ons, stop jy eerder by ‘n stop straat, stop jy eerder by die rooi lig, omdat dit die regte ding is om te doen. Ons noem dit gehoorsaamheid en bedagsaamheid. Leef die voorbeeld vir ander en vir jou kinders!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.