Nzimande veroordeel vandalisme by universiteite

Brande is tydens die betogings by die Universiteit Kaapstad gestig (Februarie 2016) Foto: Verskaf

Brande is tydens die betogings by die Universiteit Kaapstad gestig (Februarie 2016) Foto: Verskaf

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het Vrydag vandalisme by universiteite veroordeel ná studentebetogings die afgelope week.

“Die ministerie is uiters besorg en veroordeel ten sterkste brandstigting by die visekanselier se kantoor by die Universiteit van Kaapstad, asook kunswerke en skilderye, waaronder ʼn werk deur Richard Baholo, die eerste swart student wat in 1994 sy meestersgraad in beeldende kunste verwerf het,” het Nzimande se kantoor in ʼn verklaring gesê. “Ons veroordeel ook die optrede toe ʼn bus Woensdagaand by die Universiteit van die Witwatersrand aan die brand gesteek is.”

Die ministerie het gesê terwyl hy die oorsaak van die studentebetogings erken, moet studentebetogings gepaard gaan met verantwoordelikheid.

Nzimande se kantoor het ook soortgelyke voorvalle en ontwrigting by die Noordwes-Universiteit en Universiteit van Pretoria veroordeel.

“Al hierdie voorvalle is betreurenswaardig en dit moet nie weer gebeur nie,” lui die verklaring. “Ons doen ʼn beroep op universiteite om hul mag af te dwing, doelbewus op te tree en die hulp van wetstoepassers in te roep om diegene aan te keer wat eiendom beskadig.”

Maroela Media het vroeër berig lede van die Rhodes Must Fall-beweging het verskeie skilderye, hoofsaaklik van wit persone wat verbind word met die Universiteit van Kaapstad, van die mure in UK-geboue verwyder en dit aan die brand gesteek. ʼn Studentevervoer-bus en ʼn bakkie is ook aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kaspaas ·

Die organusasies het net n anti wit strategie. News 24 het berig hoe bang die wit studente in die koshuis by UCT is en die openlikke haat teen enige wit persoon hier.

Bach ·

Ag ou Blade waarom gaan staan jy nie self tussen die vandale en vertel in geen onduidelike taal wat jy van hulle verwag nie. Te bang ne! Nou skuil jy agter verklarings. Is die saak nou ernstiger oor daar ‘n skildery van ‘n swarte ook verbrand is?

Boetman ·

Nzimande van alle wesens! Dieselle ou wat sy grootste oomblik in die “stryd” beskryf as die nag toe hy en ander die biblioteek by sy universiteit afgebrand het. Eish, wat jy saai moet jy maar maai.

GES ·

Net idiote skiet hulleself in die voet as hulle nie van hulle skoene hou nie.

Andre ·

Mnr Lem, as dit jou dan nou so ontstel, doen dan iets daaraan…..

Oom Boer ·

Mnr Blade, jy was dan jare terug ook deel van die tipe aksies, hoe dan nou? Hierdie is mos die cANCer en EFF manifes bepaling om die sogenaamde “struggle” (wat dit ookal is of alles behels) voort te sit. Geen voorkomings maatreëls was ingestel nie en na al die aksies wil jul skielik skade beheer (Damage Control) toepas en verklarings uitreik om deur middle van die buitelandse media te prober gesig koop, want die arme ou mensies het die optredes darem veroordeel. Stop liewer die een kant van aanhits en die ander kant van kamma veroordeel met tweegesig optredes. As Minister, gaan vat hul direk aan op Kampus.

Flippie ·

Blade is besig met oë verblindery. Hierdie studente opstand word deur die ANC ondersteun. Hulle is net ‘ n bietjie onsteld oor die bus (dit vervoer protesteerders en die skilderye van ‘n swart man. Die vernietiging van wit skilderye word nie genoem nie.

Nee wat, Lesoufie en Blade is stewig in beheer van die opstande en alles loop nog mooi soos hulle dit beplan het.

Christo Pienaar ·

Dis duidelik dat Nzimande nie beheer het oor sy departement nie. In enige westerse land sou die President hom lankal afgedank het. Wat van ‘n #Nzimandmustfall veldtog? Die ANC het hulle self in die voet geskiet toe hulle maatskaplike kinder toelae geskep het. Dit het gelei tot ‘n bevolkingsontploffig en 18 jariges wat skielik werkloos is – en die enigste uitweg blyk om te kan studeer. Die ANC regeer nie, hulle is besig met krisisbestuur.

Realis ·

Christo. Hulle verstaan nie die woord “krisis” nie.
As hy die kraan in sy huis oopmaak en daar is water is daar nie ‘n krisis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.