Nzimande versoek nuwe ‘Hani-memorandum’

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Blade Nzimande, algemene sekretaris van die SAKP, het Sondag gesê daar is ʼn behoefte aan ʼn nuwe “Chris Hani-memorandum” vir die ANC, aangesien die party interne konflik binne ʼn politieke storm beleef.

“Ons het ʼn ander Hani-memorandum nodig om hierdie probleme aan te spreek. Die 23ste herdenking [van Hani se moord] kom in ʼn tyd waar ons beweging deur ernstige probleme in die gesig gestaar word. Kom ons wees eerlik hieroor, in die gees van Hani,” het Nzimande by die herdenking van die anti-apartheidsaktivis in Boksburg aan die Oos-Rand gesê.

“Hani se brief was baie spesifiek oor die beweging in daardie stadium. Comrades was nie bang om te sê wat gebeur en wat die probleem is nie, net soos wat ons nou moet doen. Daardie memorandum het uiteindelik tot die waterskeidings- Mogorogoro-konferensie in 1969 gelei.”

Nzimande het gesê wanneer die SAKP iets sê, dan sal kamerade opstaan en noem dat die SAKP dit nie moes sê nie. “Ons is nie ʼn verlengstuk van die ANC nie. Ons is bondgenote. As jy ʼn probleem het met dit wat ons sê, kom praat met ons…. moenie vir ons sê om nie iets daaroor te sê nie,” het hy onder luide applous bygevoeg.

Volgens Nzimande moet die drieparty-alliansie die wortel van die probleem vind en daaraan aandag gee. “Diegene wat versoek dat pres. Jacob Zuma moet bedank, moet hulself vra of dit al die probleme gaan oplos. Ons het ook ʼn korrupte monopolie wat die staat wil oorneem. Daar is ook ʼn poging om ʼn alternatiewe alliansie in die land op te rig. Dit is mense wat ʼn nuwe alliansie wil hê gebaseer op kapitalisme en ʼn oorname van die staat.”

Hy het gesê hulle verwelkom die feit dat die president om verskoning gevra het, maar die verskoning “moet die begin wees van die debat oor hoe ons die rewolusie gaan vorentoe neem”.

Hy doen ʼn beroep op die vakbondfederasie Cosatu om die “korrupte samewerkende kultuur” binne die bedrywe te konfronteer.

Hani en sy mede-aktiviste het in 1969 ʼn brief aan die ANC-leierskap gestuur waarin hulle die probleme aanspreek wat die organisasie in daardie stadium geteister het. Die brief het omstrede bewerings bevat teen ANC-leiers in ballingskap. Die brief, wat as die Hani-memorandum bekendstaan, het besonderhede bevat oor bewerings van korrupsie en voorkeurbehandeling van die families van ANC-leiers in ballingskap. Die brief het tot ʼn ANC-konferensie in Tanzanië gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wat-ek-lees ·

So het ook die Nasionale Party onaantasbaar begin raak. Dis geskiedenis oor wat gebeur het.
Die stert begin die hond swaai.

Dan ·

Die ANC leef in die verlede in, dus hoekom dit gaan soos dit gaan met hulle. Onder die huidige regime is daar nie leiers nie, kyk onder die nie-Zumas daar sal hulle n kaans staan ja.

Piet Boer ·

Hmmm, baie insiggewend dat hulle al amper 50 korrup is! Hoekom laat die samelewing toe dat dié tipe karakters oor ons regeer?

Johann Marx ·

PJ? Gaan stem mense gaan stem? En jy dink werklikwaar as die ANC in die volgende munisipale verkiesing ‘n groot stad soos bv Pretoria “verloor” hulle die wenners gaan geluk wens, die aftog blaas en die sleutels van hulle kantore oorhandig aan die “nuwelinge”? Wat laat jou so dink?

Rupert Ashford ·

Desperate gryp die verlede in om relevantheid te probeer behou. Die “alternatiewe alliansie” is eerder EFF en hulle bondgenote wat iets probeer stig wat allesbehalwe kapitalisties is juis in reaksie op die toenemende korrupte vergrype van die ANC leierskap waarvan “Comrade Blade” deel is. Hy is allesbehalwe hulpbehoewend of hoe?

christine ·

Die ANC moet nou die spul saambind so dis die gom vat nou die afvalleges moet saambind. Elke jaar dieselfde stories raak ietwat vervelig n sekere tyd word Hecter Peterson heen en weer op ons tellies getrek. Maar hulle sal nie met Tatanie van Ficksburg dieselfde doen nie. Skynheilige spul laat hulle maar aangaan maar die mense was van Pole so, se maar net as jy jou soos die SAKP wil meng met komminuste gaan jy seerkry jy speelmet vuur want soos die Poolse mense wat hom kom moor het wonder waarom? Dalk het hy hulle geskuld.

Zumie ·

Dit is nou die spul wat gespog het dat hulle tot die wederkoms sal regeer…. destyds dalk bietjie uit hulle liga gespog….Of weet hulle dalk iets oor die wederkoms in die nabye toekoms?

m ·

Die ANC begin benoud raak vir die verkiesing. Ek dink die oorgrote kiesers is gatvol vir hulle swak bestuur van hierdie land. Hulle moet nie te gerus slaap nie. Hierdie verkiesing gaan baie interessant wees. Hulle is so korrup hulle sal natuurlik baie mooi seker maak hulle wen. Mense word wee baie goed belowe om stemme te verseker, hoop ma die mense het intussen uit hulle vorige verkiesingsfoute geleer……………………

neelsie ·

Wat gaan ons doen as die militaristiese Malema die leisels oorneem?
Dit weet die Anc ook…anargie gaan die land vernietig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.