Nzimande versoek om oor Prasa se veiligheidspermit in te gryp

Metrorail (Foto verskaf deur Untu)

Die Stad Kaapstad het Saterdag die minister van vervoer, Blade Nzimande, versoek om dringend in te gryp ná berigte dat die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) dalk die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se bedryfspermit kan opskort.

Brett Herron, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid oor vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê hy is baie besorg oor berigte dat die RSR ʼn skriftelike kennisgewing aan Prasa gestuur het oor sy voornemens om die veiligheidspermit op te skort. “Dit kan daartoe lei dat Metrorail se bedrywighede landswyd tot ʼn stilstand kom.”

Maroela Media het vroeër berig dié besluit volg ná ʼn botsing tussen twee treine in Gauteng vandeesweek en die agteruitgang van Metrorail-dienste oor die algemeen. Die RSR moet seker maak dat dit veilig is vir pendelaars om van die diens gebruik te maak.

“Die drastiese besluit om Prasa se bedryfspermit op te skort op grond van veiligheidsbesware is aanduidend van die toestand van die diens,” het Herron gesê. “Om die belangrikste openbarevervoermetode op te skort is ʼn besluit wat nie maklik geneem sal word nie. Dit sal ʼn impak op miljoene Suid-Afrikaners hê. In Kaapstad maak ʼn hele paar honderdduisend passasiers staat op Metrorail ondanks die gebrekkige en onbetroubare toestande. Daarom doen ek ʼn beroep op die minister van vervoer om ʼn noodtoestand af te kondig wat betref spoorwegdienste. Dit is nie oor politieke redes, soos wat hy my van beskuldig het nie. Ek maan minister Nzimande om iets te doen.”

Maroela Media het vroeër berig Nzimande het Maandag gekap na die DA se beroep om ʼn toestand van nood te verklaar in terme van spoorlyn-vervoer/treinvervoer in die Wes-Kaap en volgehou die regering is besig met die herstel van die Metrorail-dienste in dié provinsie. “Dié beroep van die DA is oneerlik, opportunisties en politieke maneuvrering wat die ernstige situasie wat die spoordienste in die Wes-Kaap in die gesig staar, wil uitbuit. Ek verwerp hierdie politieke aanstellerigheid in die sterks moontlike terme,” het Nzimande in ʼn verklaring oor die aangeleentheid gesê.

Die Stad Kaapstad benodig dringende ingryping om seker te maak dat hy minstens 88 waens beskikbaar het. Die waens wat beskadig is, moet herstel word en dringend weer in diens gestel word. “Die genadelose aanvalle op die diens en infrastruktuur moet toe ʼn einde gebring word en ʼn veilige, stabiele en betroubare spoorwegdiens moet in plek gestel word,” het Herron gesê.

“Ek versoek die minister om die situasie te heroorweeg en te sien dat ʼn noodreaksie dringend nodig is.”

Herron het gesê daar is nog geen formele bevestiging oor die RSR se besluit nie. “Wat ook al die besluit, die diens het dringende ingryping van minister Nzimande nodig. Ek versoek hom om op te tree.”

Lees alle vorige berigte oor Prasa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

Wel ek is seker dit gaan weer gebeur …die mense is onkundig en werk nie met passie nie want dit is maar net n ”job’ !

Dafer ·

@ Johanna Botha – dit is meer soos ‘n amptelike status simbool wat jy kan gebruik om mense goed toe snou, ‘n lekker groot inkomste, ‘n kar en groot blyplek, en die beste van alles is jy hoef nie eers vir dit te werk nie!

Hansie Slim ·

Treine in die Kaap is ‘n gemors!!
Brand.. botsings…of is dit verband aan mekaar? Waarskynlik georkestreerde sabotasie?

Johan H. ·

Al wat ou skuurpot Blade kan ingryp is as hyself gryp. Die komuniste manier!

John ·

Oh… die taxi is ‘n wonderlike ding, ja-nee. Hy staan en dink waar die treine wink.. en dan kan die maters saam hul duur sjampanje skink…

EP ·

Goeie idee! Glo nie daar word baie aandag geskenk aan die instandhouding van treine nie. Hou groot veiligheidsrisiko in vir passasiers. Spoorweëi is in ń sad state of affairs “

Wilma ·

Nou gan mense my stenig maar ek moet se wat ek opi hart het. Ini ou SA het treine op tyd geloop. Daar was weinig botsings. Kry vi ons statistiek asb iemand
Ek was self getroud met n man Transnet gewerk . Net soos SA uitmekaar val val Spoorpendeldienste ook uitmekaar

Johnnie ·

Wilma stem 100% saam met jou.Het self destyds by die spoorweg gewerk toe was alles optyd want die witman was in beheer. Nou is alles n gemors en laat want die afrika tyd is in beheer. Skort maar hulle permit op dis die beste ding wat kan gebeur, dan sal die spul dalk wakker skrik.

Jacques ·

Ja, die nuwe Suid Afrika tog. So gaan hul hul self uitwus en dit dan op apartheid blameer. Neuk alles goed op en dan moet die witmense weer kom help. Kyk na Zim en die res van Afrika. Alles dui aan op die eindtyd mense. Lees bietjie op en sien wie gaan op die ou einde die wereld regeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.