o.12-atleet uit span uitgesluit oor rassekwotas

Argieffoto: Pixabay

AfriForum Jeug staan tans ’n o.12-atleet uit die Oos-Kaap by nadat dié skolier nie in die Oostelike Provinsie Atletiekspan vir die komende naweek se nasionale byeenkoms in Germiston ingesluit is nie. Die betrokke atleet het tweede in sy item geëindig, maar is op die spanlys vervang met ’n swart atleet wat tydens die kwalifiserende byeenkoms ’n vierde plek behaal het. AfriForum Jeug se regspan het Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (SASA), asook Oostelike Provinsie Atletiek tot die einde van Dinsdag (12 Maart 2019) gegee om die o.12 atleet by die span in te sluit.

“Dié blatante vorm van diskriminasie is onaanvaarbaar en skend die waardigheid van jong laerskoolkinders wat gebore is lank ná apartheid afgeskaf is. Indien dié atleet nie in die span ingesluit word nie, sal ons die hof op ’n dringende basis nader om die atleet wel in die span te kry. Oostelike Provinsie Atletiek tree direk teen die opdrag van SASA op. Die Oostelike Provinsie-skoleatletiekspan is nie eers ten volle gevul nie – slegs 121 atlete verskyn op die spanlys, terwyl daar plek voorsien is vir 140 atlete,” sê Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug.

Hierdie ernstige rassediskriminasie kom selfs nadat AfriForum Jeug die aankondiging vanaf SASA verwelkom het waarin dié liggaam provinsies verbied het om nie meer die strenger rassekwotabeleid, soos gekommunikeer in Februarie, toe te pas nie. SASA het gepoog om strenger transformasieteikens in skoleatletiek af te dwing, maar het dié besluit omgekeer ná druk vanaf AfriForum Jeug.

“Dit wil voorkom asof al die provinsies – buiten Oostelike Provinsie Atletiek – aan SASA se nuutste skrywe, om nie die strenger transformasieteikens te implementeer nie, voldoen,” sê Maree.

Hierdie aksie vorm deel van AfriForum en Solidariteit se veldtog teen kwotas in sport. Die publiek kan dié veldtog steun deur die woord “Kwotas” na 32687 (R1) te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Theresa ·

Ek wens regtig hierdie rasse-$#@#$# wil nou ophou. Dit irriteer my grensloos!!!!

Anoniem ·

@ Theresa, ek stem heelhartig saam met jou. Hierdie beleid doen die kinders se selfbeeld baie skade aan, of SASA dit in daardie lig sien is te betwyfel.

ZAR ·

Dankie Afriforum. Terwyl daar jabroers is wat Afriforum beskuldig dat hul rassisties is, werk Afriforum steeds onverpoos vir geregtigheid. Die jerries van die Afrikaners moet hul kop in skaamte hang.

zeno ·

Hoe kan `n kind wat vierde was ingesluit word en die tweede een uitgesluit. Dis onaanvaarbaar. Waarvoor het die kind dan gewerk en geoefen. Hulle moet mos kwalifiserende tye an afstande hê om te kwalifiseer. Die hele land is siek en vrot tot verby die been.

Jacques ·

Zeno – Ek stem saam met jou . Ek dink persoonlik die tyd het NOU regtig aangebreek om af te sien van kwotas . Die kinders het absoluut niks met apartheid of rassisme te doen nie , al wat hulle wil doen is hulle sport . Die regering moet nou groot word en aan gaan met die toekoms en dink aan die kinders wat more se toekoms van die land is .

sweis ·

Maar ons stem DA want ons ondersteun diskriminasie teen die minderhede.

Gys ·

Amen op daai een ou Sweis.
DA stemmers moet tjoepstil bly en diskriminasie gelate aanvaar.

Hanna Hoekom ·

Vertel nou vir my hoe n nuwe generasie van rassiste nie die gevolg van so n beleid gaan wees nie? Kinders is nie dom nie. Al speel die ouers ook hoe kalm… Een en een maak toe nie 11 nie!

corne ·

Tiepies maar belowe jou as dit by skoolgeld kom is die wit leerder se ouers se geld goed genoeg.Waneer dit by prestasie kom is die jammer jy is wit.Geld ken geen kleur nie maar as dit by werk/sport kom dan is daar kwotas.Ek is tans huidiglik diskremeneer teens weens velkleur

All Black ·

Rassekwotas is die rede hoekom ek en ander, alle sportspanne boikot waar kwotas geld. Kyk maar hoe leeg raak die pawiljoene! Net n kwessie van tyd, dan is sportliggame net so bankrot soos ESKOM ,die SAUK, die SAL en baie ander. Boikot die rassiste!

Manie van Worcester ·

Ek stem. Ek ondersteun geen SA span met kwotas, Dis n belaglike beleid en moet oral verwerp word.
Die buiteland wat so teen apartheid spanne gegil het is nou doodstil, mos lekker om die kwota paloekas te wen

Asjas ·

Ek stem saam, hierdie spannetjie het borge. Wie is die borge dan kan ons hulle boikot, die borge ontrek en NIEMAND gaan SA’s toe nie.

Rieks ·

Dit is baie onregverdig teenoor die jong atleet wat sy plek in die span oopgehardloop het. Dink hulle regtig dat die kind wat vierde plek gekry het gaan kan meeding met die wat eerste en tweede plekke gekry het. Wat gaan hulle doen as die spesifieke atleet laaste plek behaal? Gaan hulle weer die rassekaart gooi? Haal kleur uit sport uit. Ek gee nie om of die hele Springbok- en Protea spanne opgemaak is deur swart spelers nie, solank hulle hulle plek verdien en hulle gekies is op meriete.

pieter ·

AS MY KIND NIE WELKOM IS NIE.IS EK OOK NIE WELKOM NIE GHOEBAAI SPORT.

Dries du Toit ·

Wat se jy vir so n kind.?????? Sonder om n rassistiese uitlating te maak ??

CW ·

Jy wees met hom eerlik en se hom die meerderheid in die land moet met kwotas oral teen die minderhede beskerm word anders bly hulle agter.
Dis wreed en dit maak nie sin maar hulle het die meerderheid en in n demokrasie werk dit so dat die wil van die meerderheid word uitgevoer al is dit onlogies en verkeerd.
Dan se jy vir hom dis hartseer mar sy roekoms le in buiteland en nie hier nie

HPV ·

CW jy is reg, die mense het ‘n ongegronde vrees vir die minderheid, kyk hoe lyk Eskom, SAL, SABC, munisipaliteite na hul kwota spel.

E.K. die eerste ·

Ek hoop die saak word reggestel en dat dit hierdie kind aanmoedig om 2x beter as ooit tevore te hardloop. Wys hulle jong! Sterkte!

Liz ·

Snaaks hoe Afriforum altyd die stryd namens ons moet stry en ook wen, maar wanneer ons by die stembus kom dan stem ons vir verkeerde party. Maak seker waar jy jou kruisie gaan trek, want elke stem tel. Baie sê die en daai party is te klein en gaan geen verskil maak nie, maar juis as ons stem kan ons die persentasies opkry!!!

Ratel ·

Die regering is 100% verantwoordelik vir rassisme in SA. So kind word blatant benadeel agv sy vel kleur, natuurlik word hy ongelukkig groot, DIT IS WAT RASISME AANHITS!!!

Hendri ·

“Vry en demokratiese samelewing gegrond op vryheid en gelykheid…..” soos hy staan in ons Grondwet. Jap en die maan is gemaak van kaas en die tandemuis is is eintlik n Space muis! Jy kan transformeer en kwota in jou malle verstand in maar jy gaan nie n massa onnoseles slim kry nie en jy gaan nie ‘n skilpad soos ‘n haas laat hol nie. Jou kanse om Appels aan avokado bome te kry is groter.

Cherokee ·

Wag totdat die DA daarvan hoor! Dan sal jy vonke sien spat! Die DA sal dit nie aanvaar nie en sal die onregverdige kwotastelsel tot ‘n einde bring.

Gert van Wierdapark ·

Hou gerus die stembusse in die verband dop! Waar die A en See nie hul sin gaan kry by die stembus nie, gaan hul bloot die uitslae “aanpas” sodat die verloorder die wenner word!

Johan ·

Die kwota atleet het 4de gekom in sy wedloop so wat van die 3de plek??? Hier word 2 atlete benadeel.

Poppie ·

Johan, ek dink die een wat 3de gekom het, is swart en klaar in die span. Nou word no 2 uitgeskop vir 3 swartes.

Johan ·

Presies dieselfde gebeur nou nog met OP swem. 40% van die span moet swart wees, al wen die wit kinders hulle. Geen geheim nie – sommer blatant.

Jerry ·

Stuur die vierde plek deelnemer na die Sirkus vir tydverdryf.

Uitgeboul ·

Gebeur met alle sporte. Laasjaar is my seun uitegelaat uit provinsiale onder 13 krieketspan nadat hy 2de beste in die proewe wedstryde gevaar het as kolwer van al die spelers. Keurder het aan my bevestig dat hy uitgelaat is want hy is wit. Die speler wat in sy plek gekies is het heeltemal misluk. Was hartseer, maar ek het mooi aan hom verduidelik wat die situasie is. Hy werk nou nog harder en weet een of ander tyd sal harde werk beloon word. Dalk nie hier nie, maar dalk kry hy eendag kans om oorsee te gaan speel.

Lynette ·

Uitgeboul – se vir jou seun hy moet net aanhou – sy talent sal raakgesien word in die buiteland. My seun ballet en dit gaan net so daar – ek se ook vir hom hy sal nie hier dans nie maar oorsee waar dit gaan oor wie talent het.

En nou? ·

‘n Mens moet darem maar geen selfvertroue he as hy die minderheid wil benadeel nie!

Ronell ·

Stem saam die Regering HAAT VREDE en HITS rassime aan.
Dankie vir Agriforum !!!!!!!!!
Agriforum hou my nog in die land

Erika ·

Oor hierdie kwotas gaan ons nog die rugby ook verloor in ons m… in, want hulle sal liewers uitval indie eerste rondtes as om die bestes te laat speel. ek sien nie eers uit om meer rugby te kyk nie…Sport het ‘n klug geword..

Betsie. ·

Ek dink al hierdie vennyn teenoor ons is beslis “Jaloesie” en n vorm van “minderwaardigheid….want waarom anders haat jy ander mense so, en hou vir jare en jare nooit daarmee op nie..! en snaaks hoe meer hulle kry, hoe erger raak hulle..!! Nog n skokfeit is…..om vir n party te stem en hulle te verdedig terwyl, hulle self weet hoe hulle verarm word, werke verloor, besighede sluit….petrol, elektrisiteit en alles net styg..?? Sal hulle dan NOOIT leer wat is reg of VERKEERD nie…nie eers as hulle sien iemand kom 2de, en dan iemand kies wat 4de kom..!

JohanL ·

Betsie, so op jou manier som jy die kern van die land se probleme op. En voor die mense met daardie minderwaardigheidsgevoel nie van binne verander nie, kan ons maar vergeet dat hierdie land vorentoe sal beweeg.

DeVill ·

Ek sal nooit vergeet hoe my sussie te nagekom is toe sy skole tennis gespeel het nie.

Sy was die top meisie speler van skool. As sy teen ‘n bruin of swart meise gespeel het, het hulle met 15-0 of 30-0 begin.
Sy het hulle nog steeds gewen, rofl!

Toe daar SA’s toe moes gaan, is sy nie ingesluit nie, want die bruin meisie, wat sy oor en oor en oor gewen het, ten spyte van die bruin meisie se gratis punte, moes gaan, nie die wit kind nie!

My sussie wou graag op universiteit aangaan met haar tennis, maar toe sy sien dit is amper erger daar het sy haar talent net so laat gaan. Sy was nie meer lus om haar beste te gee en dan op die kleur van haar vel beoordeel word nie.

KaterinaKat ·

Dit maak mens briesend!! So jammer om te hoor wat met jou suster gebeur het! Walglik!

toy ·

Dit is belaglik. Dink hulle mens is stupid en blind ons sien wat aangaan. Ek stem hierdie land is ‘n regte sirkus.

Michael ·

Hoe het Madiba gese toe die anc aan bewind gekom het. NEVER BUT NEVER AGAIN WILL ANYONE DISCRIMiNATE AGAINST ANYONE BECAUSE OF THERE RACE. Wat het van daardie famous words geword . Daai ouman gaan nog in sy graf omdraai as hy moet sien wat van die ANC geword het.

theo ·

ja hoekom het roelf meyer en sy span ingestem tot regstellende aksie onbeperk??? Nou moet jy hoor wat piet croucamp kwyt raak, gister oggend op rsg, ek weet nie waar hy sy feite vandaan kry nie, as dit by die anc is kan ek verstaan die snert wat hy op radio kwyt raak.

Dries du Toit ·

Binnekort wen Australiese rugbyspan die Springbokke 80-0. Die kaptein van die Wallabies Johan Marais, die o/kaptein Piet Joubert sê hulle is tevrede met die uitslag maar die Springbokke moet maar hulle wit kwota spelers uit Australie invoer

schalk ·

Hoe kan die atleet wat bevoordeel word dit aanvaar? Waar is die selftrots om te kan opstaan en die beter sport persoon die eer te gee. Ek verwys absoluut na talent as meriete of prestasie en dit behoort die maatstaf te wees vir enige ras of geslag wat in die posisie is.
Geen selftrots van die ouers om toe te sien hoe hulle kind onregverdig bevoordeel word en dit nie reg maak nie.

Jannie ·

Weereens bewys dat sport APART beoefen moet word…….soos van ouds!!!

jakes ·

Hoekom word kwota atlete gekies? Want, dis die enigste manier hoe hulle in elk geval sal kan deelneem. Sport soorte soos golf kannie so gemanipuleer word nie want daar ding jy teen jouself mee. In sportsoorte waar die demografie van die land toegepas word soos bv sokker kom hulle nerens nie, kannie eers kwalifiseer vir die Afrika beker nie.

Deon ·

Meneer, mevrou, beweeg aan en ontrek jou kind en geld van skolesport. Vind nuwe dinge om te doen.

Dries du Toit ·

Binnekort wen Australiese rugbyspan die Springbokke 80-0. Die kaptein van die Wallabies Johan Marais, die o/kaptein Piet Joubert sê hulle is tevrede met die uitslag maar die Springbokke moet maar hulle wit kwota spelers uit Australie invoer.

Nou maak dit sin ·

Oh wag ek het dit!!! Lank gesit en wonder, hoe kan hulle n atleet wat 2de gekom het vervang met n atleet wat 4de gekom het. Mense dit is ANC wiskunde 101!! Die atleet wat 4de gekom het is net 2 plekke agter die 2de plek….M.a.w die 4de plek is eintik 2de en omdat dit n atleet is van kleur kry die atleet die regmatige 2de plek!

Jepetto ·

Wat gaan oorbly na regstellende aksie en as daar nie meer grond is om te vat nie nie meer banke en myne om te nasionalieseer nie .Wat sal die ANC nog doen om stemme te kry . Dink net daar aan die ANC is so absirt .volgende is miskien a derde van jou salaris as jy wit is

Jeremia ·

Wel, sodra sport betrokke is dan word digte stofwolke opgeskop.
Maar wat van die diskriminasie wanneer toelating by universiteite ter sprake is?
Besef mense die impak daarvan dat daar ná 20 jaar steeds presteerders deur universiteite op grond van ras oor die hoof gesien word – net om veel swakker kandidate met ope arms te verwelkom?
En die skandelike diskriminasie op grond van ras in die beroepswêreld?
Hierdie akademiese en beroepsdiskriminasie is enkele van die hoofredes hoekom die land in sy peetjie is.

Janine ·

Lees ASB die Constitution.Die Anc ontneem Afrikaanse blankes van hulle regte.Almal in die land het gelyke regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.