OB bekommerd oor Zuma se Nkandla-antwoord

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê president Jacob Zuma se antwoord rakende die opgraderings aan sy Nkandla-woning sluit sekere van haar verslag se bevindings en voorgestelde regstellende stappe uit, het City Press Sondag berig.

Zuma het in sy antwoord aan die parlement gesê dat Nathi Nhleko, minister van polisie, moet bepaal of hy ‘n gedeelte van die R246 miljoen wat aan Nkandla bestee is, moet terugbetaal.

“Ek is bekommerd dat die besluit wat jy geneem het oor die minister van polisie, hom mag gee wat hy ingevolge die wet nie het nie, naamlik die mag om my besluit te hersien?,” skryf Madonsela in ‘n brief aan Zuma.

“Soos ek reeds aangedui het, is verslae van die openbare beskermer volgens wet nie onderworpe aan hersiening of bevraagtekening deur ’n minister en/of die kabinet nie.”

Madonsela sê haar bevindings en die voorgestelde regstellende stappe kan slegs deur ‘n hof hersien of tersyde gestel word.

In haar verslag, getiteld “Secure in Comfort”, het Madonsela aangedui dat Zuma moet betaal vir alle verbeterings by Nkandla wat nie veiligheidsverwant was nie, waaronder die swembad, beeskraal, amfiteater en besoekerssentrum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

meisie ·

Ag het sy nou regtig gedink dat zuma hom deur die reg sal laat voorskryf!! Dit bewys net weereens dat hy van die begin af bewus was van alles wat daar gedoen is , dit is waarom hy nou sy verantwoordelikheid duck en dive! Hy is `n papperd en hy bewys dit net oor en oor!! Hy maak nie net sy eie naam toffie nie, maar die hele Suid Afrika sn ook!! Maar ja hoekom sal hy hom daaroor bekommer, hy sal maar net op die ou einde daarmee wegkom!! Hoe gaan ons gewone mense in elk geval ooit weet of hy R10 van daardie geld gaan terugbetaal!! Ons kan in elk geval niks glo wat van sy kant af kom nie!!

veronica ·

Thuli Madonsella vir president!!! Ek sal wragtie vir haar stem!! Sy sal tot die duiwel pak as sy dink dis nodig! Ons het meer sulkes nodig!! “You Go Girl!!”

JOHAN ·

SY VAT NIE NONSINS NIE.EK WIL DIE VRAAG VRA, AS HULLE DIT REG KRY
DAT ZUME DIE GELD MOET TERUG BETAAL,WAAR NA TOE GAAN DIE GELD????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.