OB beoordeel verskoning ná CIA-uitlatings

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het Donderdag gesê sy evalueer ʼn verskoning van Kebby Maphatsoe, voorsitter van die MK militêre veterane, nadat hy haar oor die naweek daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die Amerikaanse sentrale intelligensie-agentskap (CIA).

“Ons neem kennis van ʼn persverklaring wat die adjunkminister uitgereik het,” het Madonsela tydens ʼn perskonferensie in Kaapstad gesê. “Ek en my span is besig om die verskoning te ondersoek. Sodra dit behoorlik nagegaan is, sal ek oor die pad vorentoe besluit.”

Maphatsoe, ook die adjunkminister vir verdediging, het Maandag om verskoning gevra en die uitlatings teruggetrek nadat hy aangevoer het Madonsela werk vir die CIA. “Ek het Saterdag en Maandag uitlatings in my kapasiteit as voorsitter van die MKMVA gemaak oor die OB,” het Maphatsoe Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Nadat ek met my organisasie, die ANC, gepraat het, wil dit voorkom of daar ʼn misverstand bestaan oor my uitlatings. Ek trek dus my woorde terug en vra om verskoning vir enige aanstoot wat ek gegee het of skade wat ek berokken het.” Maphatsoe het sy verskoning aangebied ure nadat hy aan die Nasionale Vergadering gesê het hy het glad nie sulke uitlatings oor Madonsela gemaak nie.

Lees ook:
Maphatsoe vra glo om verskoning oor CIA-uitlatings
VSA-ambassadeur wil klag lê oor CIA-aantygings
Maphatsoe moet bewyse lewer, sê OB
“OB is ʼn CIA-agent”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Estelle ·

Een vraag : Hoe in der ewigheid is Thuli Madonsela genomineer as een van SA se Glamour Women? Help asb. want dit gaan my verstand tebowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.