OB bevind Ramaphosa ‘mislei parlement doelbewus’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die openbare beskermer (OB) het bevind pres. Cyril Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei oor die R500 000 wat Bosasa (nou African Global Operations) aan sy veldtog geskenk het om president van die ANC te word.

Adv. Busisiwe Mkhwebane het Vrydag haar verslag oor die skenking vrygestel. “Die bewerings dat pres. Cyril Ramaphosa op 6 November verlede jaar tydens ʼn vraesessie in die parlement die nasionale vergadering doelbewus mislei het, word gehandhaaf.

“Hy het die parlement doelbewus mislei, deurdat hy homself genoeg tyd moes gee om navorsing te doen vir ʼn weldeurdagte antwoord,” het Mkhwebane gesê.

Deur die parlement te mislei, het Ramaphosa ook die Grondwet geskend, het die OB bevind.

“Ek bevind dus dat pres. Ramaphosa se optrede, soos hierbo genoem en hoewel dit moontlik te goeder trou was, strydig met sy amp as kabinetslid was en dus ʼn skending van die Grondwet is.”

Ramaphosa het verlede jaar tydens die vraesessie in die parlement gesê sy seun Andile het gebaat by ʼn kontrak met Bosasa van R500 000. Ramaphosa het later sy antwoord teruggetrek en het aan die nasionale vergadering gesê hy het nie opsetlik verkeerde inligting daaroor gegee nie en dat die halfmiljoen rand inderdaad aan sy veldtog geskenk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johan ·

Die OB se ondersoekwerk is nie van ‘n hoë standaard nie. Soos ons gesien het met die melkplaas debakel. Wanneer sal sy Zuma ooit ondersoek. Seker nooit nie.

Tanya ·

Ag asb hulle almal wat op hulle trone sit doen die selfde as daar geld betroke is dan sien niemand meer iets nie

Tina ·

Ons arme mense wat salaris trekkers is ,swoeg en sweet , om ons huise en elke dag se lewens uitgawes te betaal. Personeel vermindering , langer werksure. Wie doen die uitbetalings uit die regering se rekening? Kan daar nie ook vir ons arme enkelouers ‘n betaling kom nie?

fred ·

ja Tina ek stem saam…dit gaan net oor honderdduisende,miljoene Rande…en hulke skep nog altyd: gemiddelde salaris van Bankvrot Eskom =R810,000/jaar, bestuurders in Tshwane(Pretoria stadsraad) =R 1,100,000/jaar,die parlement lede ook R1,100,000/jaar,…..ens…..en natuurlik sal iedereen aan hierdie jobs vasklou ten koste van als…

leser ·

al wat die presidente is , is liegbekke , net omhulself te verontskuldig , apartheid regime se skuld

Mossie ·

Dit sal nie help die OB ondersoek Zuma nie, want hy gaan of nie bewus, nie betrokke of teenwoordig wees met enige aantyging nie!

ne ·

Jakkals verander van hare maar nie van streke nie! Die een soos die ander.

Hennie ·

Die OB buk nogsteeds vir Zupta renosters op die snelweg! Maar dit maak nie saak nie, seekoei ogies gaan niks oorkom nie!

Trollie ·

Die land verval in armoede, anargie en wekloosheid terwyl die faksies in die regering baklei vir mag!

Zeno ·

Kan ons nie `n slag `n eerlike,hardwerkende president kry, wat omgee vir sy land en vergeet van sy sakke wat vol geld gestop word. Maar nou vinkel en koljander.

Dirk Breytenbach ·

Sal dalk een in Europa of Amerika moet gaan haal.

Ben Potgieter ·

Zeno glo nie ANC het so persoon tussen hul kaders nie.

George in Bloem ·

Ou Julius het haar mooi gecoach.Sy kan verseker nie eers onpartydig spel nie nevermind nog verstaan.

Frikkie ·

Absolute heksejag wat aan die gang is. Gaan nou weer miljoene rande belasting geld gebruik om mekaar hof toe te sleep. Pleks ondersoek sy al die ander korrupsie aksies in ons landjie, sy kan haarself jare lank besig hou. Sy is plein net ‘n Zuma aanstelling wat nou namens haar spanmaats probeer pakslae uitdeel deur klippe in ‘n hoenderhok te gooi.

marous ·

Selfs die wat nie kan lees of skryf nie weet dit , maar dit is onder die mat ingevee . Sy moet maar opdrag gee dat hy summier vervolg word . Haar magte is mos onbeperk volgens haar eie lippe .

Ella ·

President Ramaphosa nou is die tyd van “wag en kyk” verby. Dis nou JY of HULLE?
Wat gaan jy nou doen?

Connie ·

Ons het iemand sooss DonaldTrump nodig. Sal dinge gou reg ruk

sweis ·

Dit is nou dieselfde persoon wat Dr Groenewald waarsku in die parlement maar hy tree op soos sy voorganger, dan moet hy uitgeskop word soos sy voorganger.

fred ·

volgend my id die probleem nie zuma en cr nie, die probleem is hulle tientalle “advisors en friends” wat ook will saam eet en vinnig ryk word deur korrupte tenders en transaksies…

Frm ·

Tannie zuma is besig om haar uitrusting te stryk vir haar inhuldiging as president.

Andreas ·

Ek het idee ‘n reddingsboei is oppad, dalk die uitspraak van die konstitusionele hof oor die reserwebank/Bankkorpsage Maandag teen die OB?

Nico ·

Hulle is almal die selfde en daarom kom daar nie daadwerklike optrde teen enigeeen wat by ongerymdhede geimpliseer word nie. Watter geraamtes gaan uit CR se kas gekrap word as iemand begin ondersoek instel hoe het hy van arm seun na skatryk man beweeg.

Andreas ·

Maar baie interessant is, ek sien vanmiddag dat die konstitusionele hof het ‘n uur na sy hierdie bogemelde bevindings van haar bekend gemaak het, getwiet dat hulle uitspraak oor haar beweringe betreffende die Reserwebank en Bankkorp, Maandag bekend sal maak.

Hoe toevallig.

Rick ·

Iemand hier het al voor die verkiesing gese cr se kop gaan rol want dit is die plan on zuma weer in te kry…… dis besig om te gebeur….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.