OB dagvaar kabinet in staatskaping-ondersoek

Adv. Thuli Madonsela, die huidige openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die huidige openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het die kabinet gedagvaar om inligting aan haar te verskaf in haar ondersoek na bewerings van staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag gesê die kabinet het ingestem om dit te doen.

Volgens Radebe het Madonsela ʼn dagvaarding aan die sekretaris van die kabinet gestuur, waarin sy verklarings van ministers en notules van kabinetsvergaderings eis, vanaf November verlede jaar tot April vanjaar. Die inligting hou verband met die waarnemende ministers wat aangewys is terwyl die gevestigde ministers oorsee was.

“Die kabinet sal aan die versoek voldoen, maar dit moet genotuleer word dat die aanstelling van ministers en adjunkministers by die president berus en nie by die kabinet nie. Dié inligting is dus nie in notules aangeteken nie,” het hy gesê.

Madonsela ondersoek bewerings dat die Gupta-familie ʼn uitgebreide invloed op die regering se besluite het.

Die ondersoek volg op aandrang van opposisiepartye nadat Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, vroeër vanjaar op rekord bevestig het die Gupta-familie het hom verlede jaar die pos van minister van finansies aangebied voordat Nhlanhla Nene afgedank is.

Madonsela is onder druk om die ondersoek af te sluit voordat haar ampstermyn in Oktober tot ʼn einde kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Loeis ·

DGoeie punt, die ANC vroueliga vra juis dat die volgende president ‘n vrou moet wees. Ek twyfel egter of hulle ‘n bevoegde vrou wie korrupsie beveg soek – dis nie hulle styl nie. Inteendeel.

Coen Hattingh ·

Eerlike mense soos u Thuli, verdien respek en eerbetoning. Jou uittrede is ‘n groot verlies. Mense van jou kaliber is baie skaars!

Doris ·

Mooi so Adv. Thuli vat hulle vas voor u termyn verstreke is hulle moet u onthou as n mens wat glo alles moet reg en eerlik gedoen word ons gaan vir u baie mis.. Dankie vir die tydperk wat u die OB. was

apie ·

Ystervrou!! Dankie Ntuli, daar sal nie weer n jy wees nie! Jy is n eerbare mens.

CHRISTA ·

Ek is BITTER SPYT Thuli kan nie vir ‘n 3de termyn as OB dien nie!!! As sy ‘n politieke party stig sal ek VERSEKER VIR HAAR STEM!!!

Ca Henrico ·

Adv Thuli stel ń goeie voorbeeld vir ons almal.
Eerlikheid en opregtheid sal seevier.
Baie dankie.

John ·

Thuli se swanesang as OB. Ons hoop die’ laaste grote is ‘n kishou. Thuli sal as advokaat grootlike gevrees word sou sy na haar beroep terugkeer. Mens hoop dat sy nog ver sal vorder met haar hoe etiese standaard gebaseer op Bybelse waardes. Iets wat geminag word in SA.

Nannie ·

As daar nou n vroulike president moet wees dan is sy die regte persoon. So ek stem vir haar vir president.

Pam ·

Net die president het die reg om ministers en adjunk-ministers aan te stel en dit word nie genotileer nie ! Huh ????? Ook geen wonder elke Jan Rap(s) en sy maat doen wat hulle wil nie.

humor ·

Z stel aan wie hy wil en boonop sonder notule m.a.w. sonder om rekenskap hoef te gee. In kort gese dit verklaar die hele toestand van die land. Dit maak die taak vir Thuli baie maklik. Hoef nie verder te gaan soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.