OB: ‘Dís hoekom ek nie by vergadering was’

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het Woensdag nadat sy versuim het om op te daag vir ʼn vergadering met die parlement se portefeuljekomitee vir justisie redes vir haar afwesigheid verskaf.

Oupa Segalwe, waarnemende woordvoerder vir die OB, het gesê die uitnodiging vir die vergadering is op 1 Junie 2018 ontvang.

“Ten spyte van die kort kennisgewing was sy van plan om die vergadering by te woon en het sy reisreëlings getref.”

Segalwe het gesê sy moes as gevolg van “’n onvoorsiene familiekrisis” die vergadering kanselleer en het die komitee om verskoning gevra. “Die verskoning is Dinsdagmiddag gestuur. Sy wil asseblief aandui dat hierdie die eerste keer is dat sy ’n komiteevergadering misloop.”

Segalwe het verder aangevoer dat Mkhwebane van mening was dat die besprekingspunte op die agenda haar persoonlike teenwoordigheid vereis en sy wou gevolglik nie ’n afgevaardigde namens haar stuur nie. “Daarom het sy nederig gevra dat die voorsitter 21 Junie of 5 Julie as moontlike datums oorweeg.”

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane sal volgende week voor die parlement se portefeuljekomitee vir justisie gedaag word voordat LP’s sal besluit of ʼn ondersoek van stapel gestuur gaan word na haar bevoegdheid om haar amp te beklee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Colleen ·

Die hele land is in ‘n krisis. Wens sy wil daaroor begin omgee en stappe neem.

John ·

… niemand, maar niemand order my nie… ek is selfs verhewe bo die reserwebank en as my haarkapper se more, dan moet ek luister. En dan is daar boetie se tekkies was te lelik is vir vanaand se opskop… Nee, hier op Mars doen ons dinge hoeka anders en met Kubai as volgende vakansie-bestemming moet ek ook nog by die mall uitkom vir ‘n paar nommertjies en…

Han ·

As ek net wegbly, sal die probleem mos verdwyn. Daar bestaan ‘n algemene neiging om doodeenvoudig net weg te bly van belangrike vergaderings met flou verskonings.

snoefie ·

zuma sal seker weer 21 junie of 5 julie aan bewind wees, dan kan sy haar bonus kry.

Han ·

Dink niks daarvan om net weg te bly van die verskyning nie, dan sal die probleem mos verdwyn. Deesdae ‘n algemene gewoonte om doodeenvoudig net nie op te daag nie.

Matt ·

Hoe opvallend is dit nie dat wanneer hierdie amptenare voor ‘n komitee gedaag word is daar altyd die verskoning van ‘n krisis wat opduik. Sy is nie die eerste nie en sal ook nie die laaste wees nie. Gaan staar jou lot in die oe en vat jou pak soos ‘n man – almal word mos nou onder die selfde kam geskeer – of is dit ook rasverwant?

Uvonka ·

Ek wil net een ding weet, kry die mense nie skaam oor hulle onvermoe, onbevoegdheid en simpel verskonings nie? Sy behoort tog te weet dat sy uitgelag word.

LVH ·

Dis die oudste verskoning in die boek! Familie krisis?????? en dan het sy die vermetelheid om die datums te noem wat HAAR sal pas! Arrogant noem jy so iemand

Joshua ·

Sy beskerm die ANC korruptes oa Zuma, ,Guptas, Ace, Mkize en-en-en..

Oom Kalahari ·

Nee wat mev. Mkhwebane, bring maar jou geneesheer se verslag saam weens jou afwesigheid. Die hele land gaan gebuk onder krisisse en jy is deel daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.