OB gaan appelleer teen jongste terugslag in hof

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Openbare Beskermer (OB) veg voort.

Adv. Busisiwe Mkhwebane het aangedui sy gaan appelleer teen ʼn hooggeregshofbevel waarin sy beveel word om persoonlik 7,5% van die regskoste van die DA én die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) te betaal.

Die hooggeregshof in Pretoria het ook beveel dat die OB se kantoor 85% van die DA en Casac se regskoste moet betaal.

Die beslissing spruit uit die DA en Casac se suksesvolle aansoek in die hof om die OB se verslag oor die omstrede Estina-suiwelplaas ter syde te laat stel.

Oupa Segalwe, OB-woordvoerder, het gesê Mkhwebane gaan Donderdag se uitspraak betwis, asook die tersydestelling van die verslag oor die suiwelplaas.

“Sy het aangedui dat sy wesenlik verskil met die uitspraak en daarteen, asook teen die jongste verwikkelinge, gaan appelleer.

Die DA en Casac het in Oktober verlede jaar aangevoer Mkhwebane het nie ʼn behoorlike ondersoek na die omstrede suiwelprojek gedoen nie en ook nie die senior politici wat daarby betrek is, noukeurig ondersoek nie.

Die hof het in Mei vanjaar in die twee partye se guns beslis.

Die DA glo die OB se verslag was afgewater.

Segalwe betwis dié bewerings dat Mkhwebane ʼn voorlopige verslag van haar voorganger, Thuli Madonsela, afgewater het om ANC-politici in die Vrystaat te beskerm.

“Die ondersoek na Estina is in 2015 afgehandel, ʼn jaar voordat adv. Mkhwebane die pos aanvaar het. In daardie stadium was daar selfs ʼn voorlopige verslag.

“As jy kyk na die voorlopige verslag, wat die OB sedertdien op die kantoor se amptelike webwerf vrygestel het, kan jy sien daar was geen bevindings in die voorlopige verslag nie. Dit is voorberei ʼn jaar voordat sy die amp opgeneem het en geen bevindings is teen enige politikus gemaak nie,” het Segalwe gesê.

Minstens R200 miljoen staatsgeld, wat bestem was vir opkomende swart boere in Vrede, is na bewering na Estina gekanaliseer. Die maatskappy word met die Guptas verbind.

Van die geld is glo selfs gebruik vir ʼn weelderige Gupta-troue wat in 2013 by die luukse Sun City-oord gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wurmpie ·

Sy moet nou aanvaar dit is verby met haar. Hou op om ons geld te mors

Manie van Worcester ·

Glad nie verby met die onbevoegde siel, is n galiefde anc kadawer, mors lustig belastingeld en ploeter voort deur modder om als te verwoes

Petro ·

Ja nee. Pleks bly sy uit die howe uit en doen waarvoor sy betaal word. Renoster vel die vrou….

Pieter ·

Die hele anc regering is n sikus dit is hoekom dit gaan soos dit gaan die land het sy g…t gesien

humor ·

As ek so vol geld was soos sy sou ek dit beslis baie meer suksesvol spandeer het.

Hans ·

Tannie OB, kry nou klaar asseblief!!! Hoe lank gaan jy nog ons geld mors? Die volgende saak moet jy 70% betaal!! Dan sal jy dalk dink voor jy ons geld so mors!!!….of liewer alles..

Gert van Wierdapark ·

Sal nie verbaas wees as sy voorheen dalkies by die SAUK, Eskom of SAL betrokke was nie, want met belastingbetalers se geld kan sy lekker mors. Haar motto is seker ook: Mors Groot, of gaan Huistoe!!!! Sy laat Nkandla soos ‘n Vulletjie lyk mey die bollie was sy aanjaag ens!

Johnny ·

Asb asb my kleindogter vra of die tannie ok is sy vra my oupe rerig is die tannie ok met wat sy doen maak dit enige sin oupa

Jan ·

Tragies maar gevaarlik!Ons land is nou waar Zimbabwe was so vyf jaar gelede.Wet en orde stort saam met die Rand in duie.

Grobler Steyn ·

Sy is net n tragiese marionet uit haar diepte die de facto Ob is mnr Bongani Bongo haar hanteerder uit die ou dep off state security sy agenda is om die weerlig van staatsrowers af te trek tyd te koop kyk of ongeletterde massa nie dalk vergeet nie

Magda ·

Weet jy ons het so baie probleme in ons land, nie nog tyd met die onbevoegde ding se Appelleer heeltyd nie – aanvaar jy is onbevoeg en hou op om ons geld en TYD te mors – Gaan weg en bly weg asb.

colleen ·

Ontslaan haar uit haar pos en sluit haar toe as sy nie kan betaal nie, want weer eens gaan die saak seker ook 15 jaar sloer en daar niks van kom nie.

George in Bloem ·

Ek wens sy wil die boodskap kry en haar goed vat en EFF off.

skurweberg ·

As Sun City skuldig is die spreekwoord “die deler wat net so goed is as die steler” op hulle van toepassing. Maatskappye wat met die ANC of lede van die ANC sake doen moet eers seker maak of dit nie “vuilgeld” is nie.

Rinkhals ·

Hemel wat ‘n grap. Een van die dae vat sy haarself hof toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.