OB gaan Ramaphosa ook nou ondersoek oor klankgreep

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die Openbare Beskermer (OB) het bevestig dat ʼn amptelike klag van ʼn parlementslid ontvang is oor pres. Cyril Ramaphosa se beweerde skending van die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag.

ʼn Klankgreep het uitgelek waarin Ramaphosa glo erken dat hy bewus was daarvan dat die ANC openbare geld vir partydoeleindes gebruik het.

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het Dinsdag ʼn voorlegging van ANC-LP Mervyn Dirks ontvang oor die bewerings wat verband hou met die misbruik van openbare geld waarby Ramaphosa betrek word.

Skoor het toe Donderdag ʼn brief met ʼn stel vrae in fyn besonderhede aan Ramaphosa gestuur waarin hy gevra word om skriftelik te reageer op die bewerings van die misbruik van openbare geld vir politieke partydoeleindes.

Volgens die komitee se besluit het Ramaphosa tien werkdae om op die brief te reageer. Ná oorweging van die president se skriftelike reaksie sal die komitee oorweeg of dit nodig is om die president te versoek om bykomende rekords te verskaf of om voor die komitee te verskyn om enige verdere vrae oor die aangeleentheid te beantwoord.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, het gesê haar kantoor is sedert Skoor se sitting Dinsdag oorval met navrae oor die klagte teen Ramaphosa.

Sy het gesê die OB moet kragtens die Wet op Etiek vir Lede van die Uitvoerende Gesag enige beweerde skending van die etiekkode ondersoek by ontvangs van ʼn klagte deur die president, ʼn lid van die Nasionale Vergadering of ʼn permanente afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies indien die klagte teen ʼn kabinetslid of ʼn adjunkminister is.

Die wet maak verder voorsiening dat so ʼn ondersoek binne 30 dae afgehandel moet word.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

In die klankgreep kan daar glo gehoor word hoe Ramaphosa sê dat geld van die Staatsveiligheidsagentskap gebruik is om interne ANC-veldtogtye te finansier.

Skoor het gesê ʼn geskrewe voorlegging deur pres. Ramaphosa sal die komitee in staat stel om korrek vir die verhore te beplan en dat die komitee met die ontvangs van daardie inligting ʼn besluit sal neem oor die proses van verhore oor dié aangeleentheid.

Skoor sal ook skriftelike antwoorde van ander belanghebbendes vereis wat by dié aangeleentheid betrokke is, wat die Staatsveiligheidsagentskap insluit. Die komitee het ook besluit om die gesamentlike staande komitee oor intelligensie in kennis te stel dat dit ʼn saak hanteer wat ʼn direkte en wesenlike betrekking het op die Staatsveiligheidsagentskap. Die komitee sal ook van die ouditeur-generaal vereis om skriftelike antwoorde oor die aangeleenthede te verskaf, volgens die aanbeveling van ʼn regsmening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

Nou is daar weer skietgoed anderkant toe, so hulle vind Guns bymekaar! So los ons Niks op nie… Almal van hulle moet waai (wens dit kon so wees).

Jack ·

Sjoe.Die regering (CR ingesluit) is ‘n groot bordeel van korrupsie,diefstal en skelmstreke.Het die mense geen skaamte vir hulle dade en woorde nie ? Is daar geen morele standaarde of etiek of integriteit in hulle menswees nie ? Nee wat mense Afrika ken nie die begrippe nie.

Johan ·

Dit lyk of hulle van ou stiflip wil ontslae raak voor die verkiesing? Dalk om bietjie skadebeheer te doen oor die ongewildheid van die regulasies?

Chris dupreez ·

Nou sien sy en die res van die RET faksie die kans om wraak te neem op Rhamaposa. Nou ja , as jy jou uitgee vir n toffie moet jy verwag om gekou te word

minnie muis ·

kom daarvan as n myner wat stakings gereel het en optogte gehou het prez word

annie ·

… en ná Cyril? Ooh, hoe opwindend die vooruitsig vir ‘n nuwe, nuwe prez vir SA. Daar is hande vol keuses van hoogs onbekwame opgesitte leiers wat ons van die rand van die afgrond tot binne-in die sie-sie van die voorafgaandes sal help. Berge val op ons… Heuwels bedek ons…

Grassie ·

Dit laat my dink aan die spreekwoord wat sê “hond eet hond”. Die handskoene is uitgetrek en hulle gaan vir die slagaar. Ramamparra is nie veel werd as president nie maar as hulle van hom ontslae raak, wie neem dan oor? Kopdoek? Zuma se seun? Hemele behoed ons.

Misky ·

Goed en wel en as hy dit erken en skuldig bevind word, wat gebeur dan?

En wat soek Mkhwebane steeds daar?

Lindi ·

Wie het die opname gemaak? Daai persoon is die gif in die appel

MakersMark ·

Hy was vise president vir 10 jr onder Zuma. Maar hy is elke keer “shocked” as nog korrupsie op die lappe kom. Wonder hoe leef ‘n leier so leuen en verwag om gerespekteer te word.

Di ·

Dink nie daar bestaan nog ‘n land wat meer korrupte, onbevoegde skelms in hulle Regering het soos SA nie. Sak my kop in skaamte dat hierdie spul GEEN waardes en lojaliteit het nie. Grootste klomp skelms onder een dak. Wonder met watter verskonings gaan hy na vore kom? Seker weer Jan van Riebeeck en apartheid se skuld, EISH

Kokerboom ·

Probleem is die ANC en die hele land ly daaronder!Rerig? Hoekom aanvaar landsburgers die gemors???

Vernon ·

Ag wat hulle is almal maar dieselfde. Gaan niks oorkom nie,want boeties sorg vir mekaar!

Dup ·

Hulle gebruik ons belastinggeld al jare vir ANC doeleindes.Ons vind dit net nou eers uit.Sommige kaders,vriende en familielede van die party,lewe in weelde terwyl hulle geen beroepe beklee of werk nie.

Casper ·

Nou is dit vir my duidelik wat aangaan.Arthur Frazer was toe Direkteur Generaal by stastsveiligheid.Toe sy korrupsie aan die groot klok gehang word toe plaas Ramaphosa hom oor met dieselfde rang na DKD.Hoekom het hy nie ‘n ondersoek gelas nie,want hy weet watter kant sy brood gebotter is.Hy is erger as Zuma net slimmer.Hoekom het hy Zuma laat bedank.Dink hoekom het Zuma Mbheki laat bedank.

Johann ·

He he he he he…hoor al vir Zuma. Sy Zumaikie gaan vir Serol uithaal…want dis wat gebeur as jy jou kans verspeel om ontslae te raak van n Zuma magsmal kader!

Esme ·

Ek het gisteraand na ‘n gesprek geluister van ene Rob Hersov en ek lees die geplaaste artikel. Hersov se siening is dat Suid-Afrika se enigste behoud, die ontbinding van die Regerende ANC is. Ek het daaroor gegis, nagedink en ongelukkig is dit ‘n realiteit. Die Engelse spreekwoord ‘Behavior breeds Behavior’ het nou meer waarheid as enige ander waarheid.
Waar die een korrupsie ophou, vul die volgende korrupsie sy plek.
En die groot hartseer – niemand word ooit skuldig bevind, voor ‘n hof gedaag of dien gevangenis straf uit nie. Dit is net ‘n voortsetting van korrupsie wat deur meer korrupsie ondersteun word.

Niné ·

Ek is moeg om net n gekla te lees en nog steeds geen waarlike oplossings te hoor nie. Ons kla en kla, ek ook. Ek stem en stem enils verander nie. Ek word net armer en armer. Wat kan ons dan nog doen om van al die korrupsie en die ANC ontslae te raak? Ek het moed verloor vir hierdie pragtige land.

gatgogga ·

Ons moes, toe ons nog die kans gehad het, ernstig baklei het vir ‘n onafganklike staat. Maar nou dat slap Cyril op pad uit is, is dit te laat.

SlinkseKoljander ·

Die man moet tronk toe gaan, hy lieg van die begin af die heletyd vir die bevolking!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.