OB gaan staatskaping ondersoek

Busi Mkhwebane tydens ‘n perskonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het aangekondig sy gaan ʼn “voorlopige ondersoek” doen oor bewerings van staatskaping.

Cleopatra Mosana, Mkhwebane se woordvoerder, het gesê die OB sal onder meer ondersoek instel oor die misbruik van staatsgeld by Eskom, die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en Transnet.

Volgens Mosana sal daar ook gekyk word of enige staatsamptenare in dié entiteite hulself onwettig verryk of by omkopery betrokke was. Adv. Thuli Madonsela, voormalige OB, se verslag is nog onder regterlike hersiening. Pres. Jacob Zuma se aansoek in dié verband word op 5 en 6 Oktober aangehoor.

Mosana het gesê Mkhwebane het ook kennis geneem van die sogenaamde Gupta-e-pos-sage. Mkhwebane wil onder meer kyk na bewerings dat die Guptas hoëvlak vertroulike inligting van Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, ontvang het.

Sy wil ook die heraanstelling van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom ondersoek asook Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, se rol daarin.

Mkhwebane wil ook bewerings van wanadministrasie en finansiële wanbestuur by Prasa en beweerde ongerymdhede by Transnet ondersoek.

Mosana het egter benadruk dat daar kapasiteitsprobleme by die openbare beskermer is aangesien sy landswyd net minder as 200 ondersoekers tot haar beskikking het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief! Die “verslag” is klaar geskryf met Zuptopia se insette! Soos AL die verslae voor en na die koms van Zumakies en kie.

Willem de Klerk ·

Ek het verstaan dit gaan deur ‘n ONAFHANKLIKE entiteit gedoen word?
Vertrou hierdie OB nie.

Johann cb ·

As die besluit om die ondersoek te loods lankal geneem is, sou dit baie probleme vermy het. Nou kry ons onnodig swaar agv afgraderings wat ook vermy kon wees!
Ek is optimisties dat ons na ‘n positiewe uitslag van die Adv kan uitsien – “long overdue” soos ons sou sê!
Sterkte met die goeie werk Adv Busi!

Lee ·

Dis omtrent hoogtyd dat sy iets doen en Madonsela se skoene volstaan.

broos ·

en nou net op nuus is daar gese die ondersoek sal ten minste 2 jaar duur – wat help dit????

al ·

Hoekom nou eers wakker skrik as die staatskaping publieke domain geword het.
Waar is die strukture in die regering om hierdie probleme vanaf die begin te keer? Ontvang almal net ñ vet salaristjek en word nie gemonitor nie? En hul swak werksprestasie word nooit aangespreek nie!
Maar nou ja, feitlik al wat ñ minister is word amper geïmpliseer in die kabinet.

Andries ·

Asseblief Lee, busi Mkhwebane kan nie eens haar eie skoene volstaan nie wat nog te sê Madonsela s’n, sy is ook maar net ‘n Zuma pion. Indien sy doen wat sy veronderstel is om te doen sal sy nes heelwat ander om een of ander uit haar pos verwyder word. Soos reeds gesê daar was alreeds hieroor ‘n verslag saamgestel deur vorige OB wat heelwat tyd asook geld in beslag geneem het om te doen, wat is die rede om dit nou weer te doen? Die regte ding om te doen is aanvaar daai verslag en voeg net by wat daarna plaasgevind het soos die e-posse indien dit nog nie in verslag genoem is nie.

Eish ·

Synde dat kapasiteit n wesenlike probleem is, kry Adv. Gerrie van Afriforum as konsultant.

Johann Marx ·

Wat help dit om ‘n ondersoek te begin wat TWEE JAAR gaan duur? Dan is ons klaar by 2019…..en is daar werklik NIKS van Suid Afrika oor nie. Met AL die huidige bewyse PLUS die vorige ondersoek se resultate….behoort hierdie ondersoek teen Desember klaar te wees, nie waar nie?

al ·

Zums het mos so met Nkandla voete gesleep asof dit liegstories is voor die nasionale verkiesing in 2014.
Die ANC sal nou vir tyd probeer speel oor hoe om hierdie warm patat te hanteer.
Indien hul van Zums ontslae geraak het op die vorige 2 geleenthede, sou hul bekommernisse seker baie minder gewees het.

leon ·

‘n afgeeaterde verslag gaan volg!

gelukkig gaan afriforum se nuwe regsafdeling en gerrie nel die guptamail ondersoek…

Jacques Venter ·

Die O B gaan staatskaping ondersoek.
Kan jy dit ootvertel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.