OB gelooi oor Vrede-suiwelververslag

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), word skerp gekritiseer nadat sy haar langverwagte verslag oor die Vrede-suiwelprojek Vrydag bekend gemaak het.

Die verslag kom nadat die Valke verlede maand op die Bloemfontein-kantoor van Ace Magashule, premier van die Vrystaat, toegeslaan het in verband met die omstrede Vrede-suiwelplaas. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ook ʼn bewaringsbevel bekom teen die Estina-suiwelprojekplaas wat Gupta-bande het. Volgens berigte is slegs 1% van die R220 miljoen wat die Vrystaat-landboudepartement vir die projek oorgedra het, daarvoor gebruik.

Daar is verlede jaar onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede. E-posse wys glo hoe miljoene rande na Gupta-maatskappye oorbetaal en gebruik is om onder meer vir die Gupta-troue te betaal. Die joernalistieke ondersoekeenhede amaBhungane en Scorpio beweer R84 miljoen wat deur die Vrystaatse regering aan die suiwelprojek gegee is, het in die Guptas se hande beland.

Mkhwebane het gesê sy is nie heeltemal tevrede met die verslag nie, omdat sy weens ʼn beperkte begroting nie alles behoorlik kon ondersoek nie. Mkhwebane het in haar verslag bevind dat die Vrystaatse departement van landbou versuim het om die bepalings van die ooreenkoms met Estina te bestuur en te monitor ten opsigte van begrotingsevaluering, uitgawebeheer en Estina se prestasie.

Mkhwebane het versoek dat Magashule dissiplinêre stappe begin teen al die geïmpliseerde beamptes wat betrokke was by die projek. Mkhwebane het Magashule ook gevra om ʼn verslag by haar in te dien oor die aksie wat hy in dié verband sal neem sodra die dissiplinêre prosesse afgehandel is.

Wouter Wessels, VF Plus-LP en parlementêre woordvoerder oor landbou, het in reaksie op die verslag gesê die OB maak van wolf ʼn skaapwagter.

“Die verslag bevestig dat die Vrystaatse departement van landbou en sy destydse LUR, Mosebenzi Zwane, hulself aan growwe nalatigheid en wanadministrasie skuldig gemaak het.  Daar is egter ʼn leemte in die verslag wat die remediërende stappe betref, omdat die OB van wolf skaapwagter maak deur premier Magashule aan te wys om die strafwerk te doen,” het Wessels gesê.

“Ons verwelkom die bevestiging deur die OB van minister Zwane en die Vrystaatse departement van landbou se knoeiery, maar is hoegenaamd nie tevrede met die remediërende stappe wat deur die OB voorgestel word nie.  Dit is ook onaanvaarbaar dat die OB so lank gevat het om die verslag vry te stel, aangesien die meerderheid van die verslag reeds deur die vorige OB, adv. Thuli Madonsela, opgestel is. Dit laat die vraag ontstaan oor die onpartydigheid van die OB.”

Hy het gesê die party plaas nou sy hoop op die Valke se ondersoek na die “ongerymdhede en blatante korrupsie en diefstal” by die projek en hoop dat die skuldiges deur middel van die regstelsel verantwoordbaar gehou sal word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die party oorweeg om die verslag in die hof te betwis.

“Daar was baie bewyse van korrupsie en geldwassery en dit was reeds in die openbare domein. Tog wil dit voorkom of die OB dit glad nie ondersoek het nie,” het Maimane gesê. “Dit is dus onbetwisbaar dat haar verslag niks meer as ʼn witgekalkte projek van korrupsie en plundering is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ander Annie ·

Die Vrede storie is ‘n blikkie vol vet gedrinkte melk wurms. Oom Acie en sy maatjies, het lekker gezupta. Darem jammer dat onse Thuli nie die saak kon ondersoek nie. Vrystaat sowaar die “land” van melk en “heuning”. Heerlik, Heerlik.

LR ·

Ja Annie. Wonder met hoeveel Rand het oom Acie haar gezupta sodat die melk en heuning nie suur raak nie. Dalk het sy nog n paar verniet piesangs van die piesang republiek ontvang om voor te gee dat sy nie genoeg piesang rande gehad het on om n volledige ondesoek te doen nie. Ou Ramaphosa gaan klippe, of is dit piesangs, moet kou om hierdie landjie op die regte pad te kry.

Jacques Venter ·

Van dissiplinêre verhore by staats beheerde instansie asook parlementêre ondersoeke kom daar niks van nie!!!

Wanneer gaan die ANC ophou om ons te bedrieg?

jaco ·

Nou weet ons wat gaan gebeur wanneer Ramaphoza sy plan van onteiening van wit plase deurgevoer het. Voorheen grondloses gaan wel die grond kry, maar staatsubsidies om hulle boerdery aan die gang te kry, gaan iewers in ANC-leiers en hulle pêlle se bankrekeninge inbetaal word.

Waarheid ·

Ooo dié storie, gaan al daai koeie eers MOET terugkom ? +/- 500 wat oral op plase werêldwyd rondloop, of reeds in die maag is, of of of? Dié sakie gaan laaank loop…..

Blue Butterfly ·

Dit wil my voorkom asof sy maar net nog ‘n ANC handlanger is wat die skyn probeer voorhou dat iets gedoen word terwyl daar in werklikheid niks gedoen word nie. Maar dit is mos tipies ANC. Mag die Valke van krag tot krag gaan en vervolg tot al die kriminele in die tronk sit.

Alida ·

Dit het jou laaaank gevat om te besef die vrou is nog n useless Jacob aanstelling.

Jacques Venter ·

Hallo Jaco
Nee maat. Jy verstaan nie mooi nie. Grond onteiening sonder vergoeding is die EFF en BLF se slagspreuke.
As Cyril nie dieselfde deuntjie sing nie, sou hulle hom uitkryt as puppet of the west.
Wees verseker Cyril gaan nie net grond gryp nie. Ek is nie seker wat gaan van onbenutte grond gebeur nie.
As jy, Jaco, n boer is- slaap rustig. Jou plaas is veilg

Alwyn Vorster ·

Maar kyk hoe kry so ‘n OB skielik spoed nadat dit bekend geword het dat die Valke ‘n ondersoek geloods het in die Vrystaat! Ongelukkig het sy nie die storie mooi gelees nie, dis die dat wolf nou skaapwagter is.

PJC ·

Alwyn ek dink sy weet presies wie wolf is maar probeer hom beskerm.

Ouman ·

Sy is net sumier onbevoeg vir haar posisie. Die verklarings wat voor die hof gedien het om op die bates beslag te le bewys hoe geld verduister is en in die hande van die Zuptas beland het. Met so ondersoek is ontleding van bankrekening deel van basiese ondersoek proses. Alle betalings na die buiteland word deur banke gerapporteer en wonder of sy eers daarna navraag gedoen het. ‘n Groot deel van die geld is oorsee gesmokkel en het so in die Zuptas se kloue beland. Die PP is eenvoudig onbevoeg en behoort gejaag te word. Hoe sy ‘n advokaat genoem kan word slaan my dronk . Sy het seker by die universiteit van Limpopo haar graad gekry

Nic ·

Jy beledig die Universiteit van Limpopo! Sy het haar grad in Harare verwerf! Nes Joelias!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.