OB gevra om Molefe se ‘goue handdruk’ te ondersoek

Brain Molefe Vrydag in Taung vir die provinsiale rede. Foto: ANA

Die DA het adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), versoek om ondersoek in te stel na die goue handdruk van R30 miljoen wat glo aan Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, gegee is.

The Sunday Times het berig Molefe het glo dié goue handdruk ontvang al het hy slegs vir 18 maande by die kragreus gewerk.

Molefe het bedank nadat hy geïmpliseer is in adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se verslag oor staatskaping.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder van finansies, het gesê dié uitbetaling dui op wanbesteding van openbare fondse.

“Dit is belaglik dat Molefe so ʼn groot betaling sou ontvang veral as daar in ag geneem word dat hy net vir tien maande aan die stuur van sake by Eskom was en omdat hy ook self bedank het. Die OB moet die saak ondersoek om vas te stel op grond waarvan hy dié bedrag kon ontvang” het Mazzone gesê.

“Dit is belaglik dat die belastingbetaler se geld gebruik word om amptenare wat nie eers presteer nie te bevoordeel,” het Mazzone gesê.

Molefe het aan The Sunday Times gesê hy het gekry wat hom toekom maar wou nie die bedrag bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Katryn ·

Onthou asseblief een ding! Al hierdie goue handtukke wat hierdie ouens kry, maak nie saak hoelank hulle gewerk het nie, is uit ons inkomstebelasting se rekening! Bedoel om ons as nasie te bevoordeel en nie net sekere ouens nie! Daarom moet ons bietjie begin kla!!

Helen ·

Ai kan ek nie ook maar net vir 6 maande daar gaan werk en in daai pos sit en niks doen dan bedank en dan vir res van my lewe lekker lewe ni?

Scalla ·

Fat cat, R30 miljoen vir 18 maande, dws R1 666 666 per maand, volges n radiostasie was sy vergoeding R8 miljoen per jaar, dus R666 666 per maand, pensioen bydrae teen 15% (eie en werkgewer) beloop R99 999 per maand. Z het seker die somme gemaak en soek hom in sy kabinet as minister van finansies. Kan die mense op voetsoolvlak nie sien dat hulle absoluut niks vir hul omgee nie en net hulself en hul comrades verryk. Korrup.

Rynhardt ·

Mense moet met mening kla oor die omstrede Briab Molefe se astronomiese R30miljoen! n Absolute skande terwyl ons mense nie in SA werk mag kry met regstellende aksie nie.Geheime verslag wat Eskom vir 2jaar al wegsteek, moet nou geopenbaar word.Druk moet toegepas word, sodat mense al die gestelery kan sien wat plaasvind in n boewe-staat, terwyl ons deurboor word deur korruptes!

Cherokee ·

Wanneer jy verwys na regstellende aksie trap jy op vele tone in hierdie selfde forum want die DA-kiesers vra tog daarvoor. Hulle beywer hulself daarvoor.

Blits ·

Korrupsie op sy beste, Ek verkeerde loopbaan gekies, nog R30 Miljoen hel toe

Justice ·

Hy het ook nie teen geen vergoeding daar by Saxonwold rondgehang nie.

Blits ·

Kom ons wees maar eerlik. Dit sal niks snaaks wees as die OB die ding gaan toe smeer nie, daar is nog steets geen druk op sum gesit van ha kant af oor die state capture kwessie nie so hoe gaan sy enige iets doen teen zum se vriende, sy het nie verniet teen Thuli Madonsela gedraai om haar aan te kla met nonses nie, OB is in zuma se sak, big time

Johann ·

Ons verstaan nie! Brian moes sy SHEBEEN rekening gaan betaal….hehehhehe.

GES ·

Die ondersoek klink na nog verdere geld mors. Daar gaan niks van kom nie. Die man moet nog sy sjebeen-rekening betaal en dus gaan hy niks teruggee nie.

marlene ·

Gemiddelde mense werk vir 30 jaar om R1.8 miljoen te kry, sekere mense s’n word omgeruil, 1.8 jaar om R30 miljoen te kry

SARIE VAN HEERDEN ·

Dt hy die goue handdruk gekry het is niks as jy in aanmerking neem dat hy dadelik ‘n goed betalende pos in die parlement gekry het nie. En as die ondersoek gedoen is gaan niks gebeur nie en die meneer sal dan nie agter sy sakdoek huil vir sy blaps voor die telefisie nie want die geld is lankal bele en het hy sy neseiertjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.