OB gevra om ‘onregmatige betalings’ te ondersoek

Danny Jordaan. Foto: DoC/Ficlkr/GovernmentZA

Danny Jordaan. Foto: DoC/Ficlkr/GovernmentZA

Die openbare beskermer (OB) is versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat Danny Jordaan, burgemeester van Nelson Mandelabaai, opdrag gegee het vir onwettige betalings aan voormalige stadsraadslede.

Die City Press het Sondag berig dat Jordaan glo opdrag gegee het dat twee DA-raadslede wat by die ANC aangesluit het steeds betaal word hoewel hulle nie meer in diens van die munisipaliteit is nie.

Volgens Athol Trollip, die DA se burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai, het die party die OB versoek om die bewerings te ondersoek. Trollip het gesê dit kom neer op die blatante misbruik van openbare geld. Trollip het gesê die DA sal dit ook oorweeg om ’n strafregtelike klag aanhangig te maak.

“Jordaan het glo verlede week aan EWN gesê dat hy nog nooit enigiets korrup in sy lewe gedoen het nie, maar nou is daar bewerings dat hy onwettig opgetree het,” het Trollip gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Spies52 ·

Wat van die R10mil omkoopgeld wat jy en Fakile vir 2010 sokker betaal het.

Will i am ·

Dit is nie korrup nie. Dit word dan openlik gedoen. Die minister weet daarvan

Grap ·

‘n luiperd verander nie van kolle nie of in hierdie geval ‘n muishond word geken aan sy reuk maar kom ons kyk wat gebeur by die stembus

Gerd Lourens ·

Wonderlik!!! ‘n Eerbare politikus!!! (Al moet hy dit self sê.)

Irene ·

Jaag hom dadelik weg moeg vir hierdie soort van ding boontjie kry sy loontjie

Tong innie kies ·

Proudly brought to you by JZ. Hoe kan dit dan nou anders?

Eish ·

Eish, ou Danny Jordaan, so vir jou is omkoopgeld nie verkeerd nie, as jy nog nooit korrup gedoen het, glo jy seker dit is normaal, okay goed skrik wakker dit is teen die wet, die land se wet, dit is teen morele waardes, dit is korrupsie wow nooit nie. Nogal regtig nie van jou verwag nie, die korrupsie sowel as die onkunde rondom dit.

Lida ·

Ek wens iemand kan vir my NET EEN eerlike staatsamptenaar of burgemeester noem. Dit lyk my die hele spul is vrot.

Sally ·

Selfs in die ou regime het die burgermeesters en stadsklerke hulself verryk met belasting geld. Kan julle onthou dat die Burgermeesters van klein dorpies altyd die rykste was en dan het hy nie eers ryk ge-erf nie en het tenders aan homself toe geken……POLITIEK is siek. Gee die dorp of stad vir uitstekende sakemanne om te bestuur en dan sien jy hoe floreer dit weg van kurupte amptenare en hulle base. HOPENLIK!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.