Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) gevra om drie klagtes te ondersoek wat direk verband hou met die hoof van die Tshwane-metropolisie, Moloko Racheku.
Die klagte sluit beweerde ongerymdhede rondom die skut van voertuie en die vrystelling daarvan in, wat tot ʼn groot verlies vir die Tshwane-metro gelei het.
Adv. Anton Alberts, leier van die VF Plus in Gauteng, het Dinsdag gesê ʼn forensiese verslag hieroor is reeds in September 2012 uitgereik, waarin onder meer aanbeveel word dat stappe teen Racheku geneem word, dat die geld wat verlore gegaan het verhaal moet word en regstappe teen hom ingestel moet word. “Daarvan het niks gekom nie,” het Alberts gesê.
Die tweede klag handel oor Racheku se kwalifikasies en sy bevoegdheid om die pos van direkteur van die metropolisie te beklee. Die derde klag gaan oor die beweerde misbruik van mag met die aanstelling van aanklaers vir dissiplinêre verhore.
Adv. Alberts het gesê die klagtes is baie ernstig, veral in die lig daarvan dat die polisiehoof van ʼn belangrike metro daarby betrek word.
“Die publiek se vertroue in die polisie neem af en die VF Plus is besorgd daaroor. In baie gevalle rig die optrede van enkelinge in die polisiediens groot skade aan en die VF Plus het die aangeleentheid daarom na die OB verwys om ʼn spoedige oplossing vir die aangeleentheid te kry,” het Alberts gesê.
Mooi so Thuli sal die blik wurms oopkrap met mening. Baie respek vir haar.
Jip stem saam.
Ondersoek asseblief sommer ook die metro polisielede van Pretoria wat mense vir absoluut GEEN wettige rede aftrek en dan probeer afpers vir kontant!
Ek glo Thuli sal n hele nes oopkrap. Sy is iemand wat respek verdien
O ja, sy gaan ‘n nes van formaat oopkrap! Dit gaan al te lekker hier in Pretoria!
die hele finansies moet onder soek word nie net metro nie!!!!!!
Dis ‘n auntie met “balls” hierdie. Sy is bang vir niemand nie. Het baie respek vir haar!!!! Hoogtyd dat hierdie korrupte onbekwaamde mense verwyder word.
Kan ma net vir ha se sterkte met die ondersoek. Hierdie tipe mense word beskerm dis hoekom hulle maak en breek soos hulle wil in die werkplek.. Ma die tannie is bang vir niemand nie.
Nou word daar aan die regte deur geklop. Die vrou (Thuli) kan mens respek voor gee, want sy is regverdig en doen dinge deeglik met geen versteekte agenda’s, As sy net samewerking kan kry en verdere ondersoeke instel gaan sy op baie ongerymdhede afkom. Sterkte in jou taak mevrou, want jy kan en sal ‘n sukses met jou ondersoek geniet.