OB ‘het geen kwade gevoelens’ jeens Madonsela

Busi Mkhwebane tydens 'n perskonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Busi Mkhwebane tydens ‘n perskonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Adv. Busi Mkhwebane, die openbare beskermer, het Sondag in ʼn verklaring beklemtoon dat sy geen kwade gevoelens teenoor haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, het nie, maar dat sy haar eerder “respekteer en dankbaar is vir haar bydrae tot Suid-Afrika se demokrasie”.

Mkhwebane se verklaring kom in die lig van talle bewerings van onenigheid tussen die huidige en voormalige openbare beskermer, nadat byna R500 000 van Madonsela se uitbetaling afgetrek is omdat sy ʼn amptelike voertuig bly gebruik het nadat haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.

Oupa Segalwe, Mkhwebane se woordvoerder, het Sondag gesê gerugte dat ʼn gedeelte van Madonsela se uitbetaling weerhou word weens antagonisme tussen die twee vroue, is onwaar. “Soos daar op ʼn vroeëre mediakonferensie gesê is, het die OB se kantoor regsadvies aangevra om te bepaal of adv. Madonsela aanspreeklik gehou kan word vir die koste verbonde aan die herstel van die motor wat in 2012 in ʼn ongeluk beskadig is,” het hy gesê.

“Terwyl daar op die regsadvies gewag word, is besluit dat adv. Madonsela nie intussen verontrief moet word nie. Daarom het die kantoor haar uitbetaling aan haar oorbetaal. Slegs die bedrag wat in dispuut is, word teruggehou. Indien die regsadvies aandui dat adv. Madonsela nie vir die koste aanspreeklik gehou kan word nie, sal hierdie geld ook aan haar uitbetaal word.”

Adv. Thuli Madonsela.

Adv. Thuli Madonsela.

Segalwe het beklemtoon dat daar geen geheime motiewe agter hierdie besluit skuil nie en dat dit doodgewoon gedoen word omdat die nodige bestuurspraktyke toegepas moet word by enige transaksie waar openbare geld ter sprake is. “So kan die OB se kantoor aan die ouditeurs en die parlement verantwoording doen wanneer vrae oor die uitgawes geopper word.”

Volgens die verklaring is Mkhwebane ook nie bewus van toestemming wat deur die SAPD se BBP-beskermingseenheid aan Madonsela verleen is om die motor steeds te gebruik nadat haar termyn verstryk het nie. Mkhwebane het gesê sy sal ondersoek instel om te bepaal of hierdie toestemming wel verleen is soos beweer word.

“Die OB wil graag beklemtoon dat sy geen kwade gevoelens teenoor adv. Madonsela het nie. Sy respekteer adv. Madonsela en is dankbaar vir haar noemenswaardige bydrae tot Suid-Afrika se demokrasie tydens haar ampstermyn. [Mkhwebane] beplan om saam met haar span voort te bou op daardie suksesse en om die kantoor na nuwe hoogtes te lei. Al waarvoor sy vra is ʼn halwe kans om haarself te bewys,” het Segalwe gesê.

Hy het bygevoeg dat die OB nie langer oor dié saak kommentaar gaan lewer nie aangesien sy voortaan ten volle op haar werk wil fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Will i am ·

Hoop hul hou 2miljoen terug van Zuma vir dit wat hy gebruik het

Cherokee ·

2 Miljoen sê jy? En dit nadat hy ‘n R¼b op sy privaat woning gespandeer het? Dink weer.

jaco ·

Ek keur nie die misbruik van die motor goed nie, maar Zuma se reusagtige vermorsing by Nkandla word niks aan gedoen nie, terwyl Madonsela wat durf waag het om teen Zuma op te staan, nou vasgevat word. Dubbele standaarde.

Anoniem ·

Adv Busi, jy vra vir die kans om jouself te bewys. Ons hou jou met valkoë dop. Moenie jou kans verspil met bollie nie. Pleks jy met soveel ywer toesak op die ander onheile in ons land. Daar is ‘n lys so lank as my arm, jy kan kies en keur. Maar nee, jy kies op om Thuli te fokus vir R500k, en draai ‘n blinde oog vir die staatskaping van miljarde der miljarde rande. Het jy al enige iets verder gedoen as Thuli se verslag???

wilma ·

Sjoe uitbetaling aan Me Thuli het vinnig geskied. My dogter moes 13mnde wag vi ha oorlede man se pensioen om uit te betaal na sy dood op jonge ouderdom. By Korrektiewe Dienste gewerk. Net so hopeloos

Charles ·

Naaks die ongeluk het in 2012 gebeur en kom nou eers vorendag daarmee, en iemand wat so n pos beklee het nie n privaat motor om mee te ry nadat sy uit getrer het nie? (Slang in die gras)

Adam Boshoff ·

2012 se ongeluk……het daai skuld nie al verjaar nie??? Almal weet sy is Jacob se handsak en daar bestaan by my geen twyfel dat hy haar gebruik om die vuilwerk te doen Volg liewers die liegstories van zuma se lakeie op gelieg het oor die “fire pool” en toegang geweier is na sy ondergrondse tonnels Die media kan gerus ook bietjie geraas maak daaroor

Jaycee ·

Die OB se warm opkruip teen Zuma en haar onvolwasse optrede jeens Madonsela raak nou regtig ‘n verleentheid vir SA. En so word daar daagliks meer skandes deur Zuma en sy vriende bygevoeg. SA het nou al die toertjie-sjimpansee in die wereldsirkus geword.

Matmiet ·

Sy is maar swak. n Halwe kans kan ons ons vryheid kos oor sy op Zumpie se payroll is…

John ·

Daar is glo mense wie hul optrede/denke en emosies/gevoelens van mekaar kan skei. Die grootste gros woon glo op die donker agterkant van die maan.

Justice ·

Gaan wie ookal se skuld van R500k nou afgeskryf word indien sy of haar ampsvoertuig deur die kind gesteel en dan afgeskryf word? Emosie en logika het nog nooit om dieselfde tafel gesit nie.

Bach ·

Kan die nuwe sg OB nou haar werk begin doen as sy daar toe in staat is en ophou om te probeer belangrik en oulik te wees. Bewys dat jy z en maatjies kan vasvat. Sien is glo.

Tilla ·

Hoe kry sy dit reg om op ander se pensioen beslag te lê vir snert, sover my leke kennis strek mag daar nie aan mense se pensioen gevat word vir ENIGE skuld. Watter wet gee die reg om dit te doen.

Alida ·

Busi moet lekker op Zuma se skoot sit en hom beskerm. Sy was nog nie onder druk nie en sal voel hoe pik ‘n mamba as hy in ‘n hoek gedruk word. Sodra sy noodgedwonge al sy skandes moet uitbring sal haar soos vrot vel weggooi. Mens kan hom nie vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.