OB het nie mandaat om Ramaphosa te ondersoek, sê VF Plus

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die VF Plus glo dat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, se ondersoek na pres. Cyril Ramaphosa opnuut haar onbevoegdheid in die amp toon aangesien dit buite haar mandaat as openbare beskermer val om enige klagte te ondersoek waarby staatsgeld nie betrokke is nie.

Jaco Mulder, VF Plus-LP en parlementêre woordvoerder van justisie en korrektiewe dienste, het Woensdag in ’n verklaring gesê Mkhwebane mors bloot haar tyd en hulpbronne om die president te ondersoek aangesien daar veel belangriker sake is wat nie behoorlik ondersoek word nie. Van dié sake sluit die omstrede Vrede-suiwelprojek waarby bedrog van honderde miljoene rande se staatsgeld betrokke is, in.

Mkhwebane het onlangs bevind dat Ramaphosa die parlement mislei het met sy antwoord verlede jaar aan die DA-leier, Mmusi Maimane, dat hy geen geld of skenkings van die omstrede maatskappy Bosasa ontvang het nie.

Maimane het toe ’n klagte by die openbare beskermer oor die kwessie ingedien.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane het ook bevind dat die president die ministeriële gedragskode oortree het deur nie Bosasa se skenking en die res van die skenkings aan sy veldtog behoorlik te verklaar nie.

Volgens Mulder is die openbare beskermer se kantoor nie gevestig om beweerde strafregtelike oortredings te ondersoek waar geen skade gely is of veroorsaak is aan ʼn staatsentiteit nie. “Beweerde geldwassery tussen private entiteite is nie deel van haar mandaat nie.

“Die openbare beskermer se werkswyse is sedert die aanvang van haar ampstermyn deurspek met foute wat ’n vraagteken laat ontstaan oor haar bevoegdheid om die amp te beklee,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Manie van Worcester ·

is jy n comrad, net hulle wat gedurig viva viva gil, ons mense se gewoonlik hoera of mooi so of iets afrikaans

Philip ·

Janee Zuma aanstelling en wil sy nie sy en sy rampokkers se sake ondersoek nie. Iemand moet haar kort vat want sy kos ons net geld.

Karlien ·

Verstaan nie nou nie, toe Thuli alle Zuma ongerymdhede ondersoek het is daar gejuig.
Waarom die dubbel standaard?

Johan ·

Ek wonder dieselfde ding. Wie steek wat weg, en wie help vir wie….. It’s a strange world we’re living in.

Gert van Wierdapark ·

Die OB het mos ‘n “Blank Geslaan” met die Vrede – Ondersoek en sy het toe ook nie’ n slaagsyfer daarvoor behaal nie. Lekker gedruip(stert) terug om nog verder af te dwaal! As jy egter ‘n JZ en EFF kompas gebruik, kan dit te wagte wees! Sy voeter net Noord, en gaan kort-kort oorboord, soos met min Gordhan en nou ook met pres CR. Haar hand-teerder is natuurlik baie in sy skik en het haar skynbaar tyd-deel by Nkandla aangebied!?

lewies ·

Dankie Jaco vir hierdie standpunt. Weereens ‘n teken van uitstekende leierskap. Ek wil ook by hierdie kommentaar vir Dr. Mulder geluk wens met sy reaksie in die Parlement op die President se droom wat almal afgeskied het behalwe die VF+ Die leierskap wat Dr. Mulder aan die dag gele het deur vir die President te se dat hy as leier mag droom. Hierdie woorde is woorde van ‘n werklike leier wat die kompleksiteit van die SA- narratief verstaan, teenoor die leier van SA.

Realis ·

Dr. Mulder of Dr. Groenewald? Dr. Pieter Mulder het uitgetree en nou is Dr. Pieter Groenewald die VF Plus se leier.

Justice ·

Uitstekend Jaco – jy is reg in die kol. Privaat gelde / bedrog ondersoeke is glad nie in haar mandaat nie. Jy verwys na die “Public Protector`s Act”

Allan ·

O ja, dit te pragtig as die ANC mekaar so opeet, nie lank nie dan steek hulle mekaar in die rug en dan kom alle waarheid uit. Die waarheid het ‘n manier om uit te kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.