Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het bevestig dat die uitvoerende hoof van haar kantoor, Vussy Mahlangu, bedank het.
Luidens ’n verklaring het Mahlangu bedank om ander geleenthede te ondersoek. Sy laaste werksdag sal op 31 Januarie wees.
Mkhwebane sê in die verklaring sy het Mahlangu se bedanking met ’n swaar hart aanvaar.
“Mnr. Mahlangu se bydrae is prysenswaardig. Hy het stabiliteit in die instelling bewerkstellig deur verskillende bestuurskomitees wat verantwoordelik was vir die uitvoering van besluite wat tot beter prestasie gelei het. Daar is merkbare vordering gemaak in ons strewe om ʼn skoon oudit te bewerkstellig en hy het geweldig daartoe bygedra,” sê die Openbare Beskermer.
Luidens die verklaring is die proses reeds aan die gang om Mahlangu se opvolger aan te stel.