OB-hoof bedank

Argieffoto

Argieffoto

Adv. Louisa Zondo, die uitvoerende hoof van die openbare beskermer se kantoor, het bedank skaars  twee maande nadat sy in dié pos aangestel is.

Oupa Segalwe, hoof van kommunikasie by die openbare beskermer, het Woensdag bevestig Zondo het bedank.

“Sy voer aan die rede vir haar besluit is persoonlik en het uitdruklik melding gemaak dat sy na haar gesondheid moet omsien,” het Segalwe gesê.

Volgens Kgalalelo Masibi, die OB se woordvoerder, was Zondo die meeste van die tyd afsiek sedert sy die leisels op 15 Augustus van haar voorganger, Maria du Toit, oorgeneem het. Zondo is deur die voormalige OB, adv. Thuli Madonsela, aangestel. Madonsela is sedertdien deur adv. Busisiwe Mkhwebane opgevolg.

Segalwe het gesê Zondo het reeds haar kennisgewing ingedien en verlaat haar pos einde November.

Hy het namens die OB se kantoor Zondo voorspoed vir die toekoms toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

m ·

Die dame het seker moeggeraak vir al die inmenging, nou word gesondheid as verskoning gebruik… Niemand hoef hulle aan sulke spanning bloot te stel nie….

Johan ·

Eish stres…….pleks dat Marie du Toit aangebly het……..dis wat gebeur as aanstellings gedoen word in poste waar mense nie bekwaam is nie……..dit is n algemene tendens in die staat instansies waar siek verlof geneem word……maar niks gebeur met hulle nie…..

Johann ·

Vreemd? Baie vreemd? Maar nou ja…elke dag op ons ou stukkie aarde lewer die een vreemdheid na die ander op.

Alida ·

Shoe die stoele raak lekker warm by die OB se kantoor. Hoekom het sy die pos aanvaar as sy geweet het sy is sieklik?

gert ·

Daar skuiiiiiiil iets agter.Dalk het dieguptas haar gebel en vat sy die hasepad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.