OB ingenome met hofbeslissing oor Zille-twiet

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Foto: Twitter)

Die Openbare Beskermer (OB) het ʼn hooggeregshofbesluit verwelkom waarin DA-leier Helen Zille se aansoek om adv. Busisiwe Mkhwebane se verslag oor ʼn omstrede kolonialisme-twiet tersyde te laat stel, van die hand gewys is.

Zille het in Maart 2017 op Twitter gesê: “For those claiming legacy of colonialism was ONLY negative, think of our independent judiciary, transport infrastructure, piped water etc.” [sic]

Mkhwebane het in Junie verlede jaar bevind die twiet is ʼn oortreding van die etiese kode van die uitvoerende gesag.

Zille was in daardie stadium die premier van die Wes-Kaap.

Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê waarnemende regter Malebo Habedi het Zille se aansoek met koste van die hand gewys.

Die regter het bevind die aansoek is eintlik net van akademiese waarde en het geen praktiese implikasies meer nie, omdat die OB die provinsiale uitvoerende gesag beveel het om teen Zille as premier op te tree.

Habedi het gesê toe die saak aangehoor is, was Zille nié meer die premier nie. Hy het egter steeds bevind Zille het nie voldoende redes verskaf vir gronde vir ʼn hersieningsaansoek nie en dat die OB haar bevindings en remediërende optrede behoorlik beredeneer het. Dit was genoeg om haar bevinding te staaf.

“Ek is in my noppies met die uitspraak. Ek doen steeds ʼn beroep op lede van die uitvoerende gesag, op nasionale en provinsiale vlak, om die tyd te neem om die voorwaardes van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag en die Etiekkode te verstaan,” het Mkhwebane gesê.

Die OB is tans besig met ʼn veldtog om lede van die provinsiale uitvoerende rade touwys te maak oor dié bepalings om “klagtes soortgelyk aan dié oor me. Zille se kolonialisme-twiets” te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gertjie

Dinge is al so belaglik, en word elke dag erger.
Viva transformasie!

Thinus

Ag hoe pateties tog.

Johann cb

Ek voel steeds dat daar niks verkeerd is met die twiet nie! Die hele bohaai maak nie sin nie!

Stof

Vertel gou vir die stowwerige, hoekom word die stryd teen kolonisasie, dan juis ín die taal van die kolonis gevoer?
Nuuskierig die uwe.

Feite

Demokratiese westerse vryheid van denke en spraak asook onafhanklikheid van die regbank het gesneuwel onder die ANC se etiese kode vir die uitvoerende gesag. Die DA en VF het dus nie n eie etiese kode nie en is ook dan nou reeds onderworpe aan die ANC se etiese kode wat net die ANC se pan africanist, kommunistiese en sosialistiese ideologiee en denke toelaat. Die ANC se etiese kode polisieer dus alle opposisie partye wie in die uitvoerende gesag dien, se denke. Indien dit die geval is soos dit blyk die geval te wees dan beteken dit dat die opposisie, maar… Lees meer »