OB ingenome met hofbeslissing oor Zille-twiet

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Foto: Twitter)

Die Openbare Beskermer (OB) het ʼn hooggeregshofbesluit verwelkom waarin DA-leier Helen Zille se aansoek om adv. Busisiwe Mkhwebane se verslag oor ʼn omstrede kolonialisme-twiet tersyde te laat stel, van die hand gewys is.

Zille het in Maart 2017 op Twitter gesê: “For those claiming legacy of colonialism was ONLY negative, think of our independent judiciary, transport infrastructure, piped water etc.” [sic]

Mkhwebane het in Junie verlede jaar bevind die twiet is ʼn oortreding van die etiese kode van die uitvoerende gesag.

Zille was in daardie stadium die premier van die Wes-Kaap.

Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê waarnemende regter Malebo Habedi het Zille se aansoek met koste van die hand gewys.

Die regter het bevind die aansoek is eintlik net van akademiese waarde en het geen praktiese implikasies meer nie, omdat die OB die provinsiale uitvoerende gesag beveel het om teen Zille as premier op te tree.

Habedi het gesê toe die saak aangehoor is, was Zille nié meer die premier nie. Hy het egter steeds bevind Zille het nie voldoende redes verskaf vir gronde vir ʼn hersieningsaansoek nie en dat die OB haar bevindings en remediërende optrede behoorlik beredeneer het. Dit was genoeg om haar bevinding te staaf.

“Ek is in my noppies met die uitspraak. Ek doen steeds ʼn beroep op lede van die uitvoerende gesag, op nasionale en provinsiale vlak, om die tyd te neem om die voorwaardes van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag en die Etiekkode te verstaan,” het Mkhwebane gesê.

Die OB is tans besig met ʼn veldtog om lede van die provinsiale uitvoerende rade touwys te maak oor dié bepalings om “klagtes soortgelyk aan dié oor me. Zille se kolonialisme-twiets” te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gertjie ·

Dinge is al so belaglik, en word elke dag erger.
Viva transformasie!

JJ ·

Dan is sy besig met veldtog om blankes te verkla. Het sy niks beter om te doen nie?

Johann cb ·

Ek voel steeds dat daar niks verkeerd is met die twiet nie! Die hele bohaai maak nie sin nie!

daniel ·

Dit wil voorkom asof die regbank alle perspektief verloor het en net konsentreer om polities korrekte uitsprake te lewer.
In die reg behoort daar nie plek te wees vir politiek nie.

daniel ·

Dit wil voorkom asof daar ook nie plek is vir die waarheid in die regerende party is nie.
Wie mag ek vra het die land opgebou tot die suksesvolle model wat die regering geerf het?.

Stof ·

Vertel gou vir die stowwerige, hoekom word die stryd teen kolonisasie, dan juis ín die taal van die kolonis gevoer?
Nuuskierig die uwe.

Feite ·

Demokratiese westerse vryheid van denke en spraak asook onafhanklikheid van die regbank het gesneuwel onder die ANC se etiese kode vir die uitvoerende gesag. Die DA en VF het dus nie n eie etiese kode nie en is ook dan nou reeds onderworpe aan die ANC se etiese kode wat net die ANC se pan africanist, kommunistiese en sosialistiese ideologiee en denke toelaat. Die ANC se etiese kode polisieer dus alle opposisie partye wie in die uitvoerende gesag dien, se denke. Indien dit die geval is soos dit blyk die geval te wees dan beteken dit dat die opposisie, maar kan boedel oorgee omrede dit beteken dat die opposisie in uitvoerende gesag, polities nie die ANC se rewolusionere denke met anti-rewolusionere en westerse denke mag troef nie. Dit geld egter nie net die politieke uitvoerende gesag nie, maar ook buite die uitvoerende gesag soos Steve en Ernst en dalk ook Eben, dit op die harde manier moes uitvind. Hoe langer die opposisie vat om op te staan teen ANC denke en beleid en etiese (onetiese) kodes, hoe makliker raak dit vir die ANC om die opposisie se ondersteuners se denke te onderdruk. Indien mense reken dat Suid Afrika in die moeilikheid is, dan behoort hulle te reken dat dit agv n opposisie is wat geen byt het om die ANC te stuit. Alle sterkman praatjies van die opposisie, ingesluit “slaan terug” moet dus maar met n knippie sout geneem word!

JG ·

Ja, ou Jerry, dit help veel jy skryf nou onder n skuilnaam…jou redenasies is nog steeds komies.

J ·

En haar vriend malema kan se en down wat hy wil, asook haar bondgenood by name BLF

jakes ·

Die tweets wat Zille gemaak het sal net n verleentheid wees vir n sekere groepering. Wat n groter verleentheid is, is dat die regter se uitspraak en tiranie tydens haar uitspraak ondersoek moet word deur die regterlike diens kommisie. Haar uitlatings is in uiters swak smaak en benadeel die oppergesag van die reg.

Christa ·

Zille was heeltemal korrek. Die verlede was nie net alles verkeerd of sleg nie.

JohanR ·

Soe jy het UITEINDELIK ietsie gewen! As jy 144 maal probeer moet daar iewers ‘n wen kom!

daniel ·

Dit wil voorkom asof daar ook nie plek is vir die waarheid in die regerende party is nie.
Wie mag ek vra het die land opgebou tot die suksesvolle model wat die regering geerf het?.

JohanR ·

Daniel – en wie probeer darem nog vandag opbou, en nie afbreek nie? Maar net Orania, Solidariteit, AfriForum en alle regte egte Afrikaners!

Feite ·

Afrikaners met gesonde verstand en nugtere denke bou in lande waar daar nie afgebreek kan word nie. Regte, egte afrikaners moet maar lekker bou en brou in SA terwyl dit hulle beskore is, maar wees gewaarsku dat juis agv die sogenaamde regte, egte afrikaners, is n ANC revolusie op die kaarte!

m.d.r ·

In 2001, ontvang President Nelson Mandela ‘n eregraad in Brittanje.
In sy toespraak by die geleentheid se hy onder andere (ek gaan nie die hele toespraak aanhaal nie)
“much of we have to build on in the competitive modern world is also the result of what we could gain from that interaction and engagement with Britain”….
“Celebrating SA in Britain coinciding with our national freedom day………is being done to celebrate the potential that our past relationship has injected into our respective futures”….
Nerens verdoem Mandela die koloniale stelsel nie, trouens hy erken op een plek die Engelse se bydrae tot onderwys
Die punt is dit—as Mandela die groot ikoon , as PRESIDENT erkenning gee aan sekere positiewe aspekte o.a onderwys in die koloniale verlede
Waarom word Zille gekruisig oor ‘n soortgelyke stelling.
Wie stel hierdie mamparas Mkwhebane en die regter aan as hulle nie eens hulle eie geskiedenis ken nie.
Sy toespraak is in 2017 deur de Nelson Mandela Foundation gepubliseer.

Cherokee ·

Om Zille se tweets as verkeerd te beskou bring in herinnering die dokter wat verkla word omdat hy aborsie afgekeur het.

KrokodilBotha ·

Zille weet nie wanneer om te koes vir n pap snoek nie.

Ek ·

‘n “Akademiese Vraag”;
is die koloniale slimfone en verfblikke onder bedes ‘n goeie ding?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.