“OB is ʼn CIA-agent”

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, daarvan beskuldig dat sy vir Amerika se sentrale intelligensie-agentskap (CIA) werk, berig The Star.

“Ons kan nie toelaat dat mense die ANC kaap nie. Ons sal veg en die ANC verdedig. Thuli moet vir ons sê wie haar hanteerder is,” het Maphatsoe Saterdag tydens die grafsteenonthulling van die MK-vegter Linda “Lion of Tshiawelo” Jabane in Soweto, gesê.

Hy het gesê Madonsela word deur die CIA betaal. “Hulle gebruik nou selfs ons instelling. Die Hoofstuk 9-instelling is deur die ANC opgerig en nou word dit teen ons gebruik. Dit is die CIA. Die Amerikaners wil hul eie uitvoerende hoof in Suid-Afrika hê en ons kan dit nie toelaat nie,” het Maphatsoe bygevoeg.

Madonsela kom erg onder skoot sedert sy verlede maand ʼn brief aan pres. Jacob Zuma gestuur het en hom gevra het wanneer hy op die bevindings in haar verslag oor Nkandla gaan reageer.

Sy het intussen gesê sy sal regsaksie teen Maphatsoe neem indien hy nie sy uitlatings terugtrek en om verskoning vra nie. Sy sê Maphatsoe moet andersins bewyse lewer dat sy ʼn agent vir die CIA is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

antjie ·

Dis nou wragtag die cherry op die koek….CIA se alie man…..

Monica ·

Haha, dit is sowaar die mees verregaande storie wat die ANC seker nog kon opdis. Hulle is sowaar ‘n klomp narre, maar ongelukkig ‘n klom gevaarlike narre, want hulle het baie mag in hulle hande.

Frans ·

Me Madonsela is nie ‘n barbaarse produk van die ANC nie.Kyk na boetie Malema made by ANC en gee hulle al hulle hel.Die OB is ‘n opgevoede vrou wat nie ongeregtigheid van niemand gaan duld nie.Dit wys weer wat steek in van ons Suid Afrikaanse vroue.Ek dank haar vir haar werk wat sy doen al word sy sleggesê deur haar mede ANC boelies,sy moet net STERK staan.

Ben ·

Kebby Maphatsoe se ongegronde kommentaar is tipies ANC optrede as hul in ‘n hoek gedryf word. Weet die idioot dan nie sy eie president, Jacob homself, het Madonsela aangestel nie? En is sy kennis so beperk dat hy die bestaan van Artikel 9 instellings as ‘n ANC skepping beskryf, die instellings tydens die oorganstydperk destyds onderhandel en in die grondwet ingeskryf…..die ANC is hopeloos te gestrem in breinkrag en inisiatief om so iets uit te dink en te implementeer.

Elizabeth ·

Enigiets om net nie te die aandag op die werklikheid nl Nkandla-gate ens te vestig nie. Ek kry haar bitter jammer, sy is ‘n absolute dame en reageer ook soos ‘n opgevoede mens. Die hele spul het te veel aaptwak gerook klink dit my – dit maak mos glo dat mens aan vervolgingswaansin begin ly, nou-ja…

pop ·

Ek is verbaas dat sy nog nie ontslae van geraak is nie< maar dit kom. Hulle sal alles in hulle pad uitvee wat hulle teestand bied.

Louis van Niekerk ·

Praat nou al net so baie gemors soos hulle vriend Mugabe. Te slap om te erken dat daar ‘n gemors van alles gemaak word. Korrupsie gaan verdedig word ten alle koste. Al kos dit om lagwekkende stellings te maak waarvoor die wereld lag. Die afgradering van ons banke en kridiet status word ook bepaal deur sulke stellings want die wereld sien SA as net nog ‘n ander afrika probleem.

Lawrance ·

Ek weet nie wat fout is nie. Na die eertse paragraaf sien ek net, boggom boggom boggom boggom.

johan ·

Het sy ooit baklei in haar lewe buiten om in haar kantoor te sit wat weet sy van weermag af
Los die 0B sy doen haar werk as die anc nie so baie aan jaag nie

VerVanRyn ·

Hierdie is ‘n groter beskuldiging as wat ons besef. Mugabe gebruik dieselfde tipe taktieke om die oningeligte massas in toom te hou en op te sweep teen opponente. “conspiracies” oor wat die weste agter die skerms doen word gebruik as die sondebok om plaaslike opponente se geloofwaardiheid af te breek. Die probleem is dat die massas gulsig daaraan hap. Dit maak nie saak dat ons hier weet dis ‘n false beskuldiging nie. Ook is dit onbelangrik dat die knaap seker hieroor vervolg gaan word, want die skade is gedoen. Die massas sien nou Madonsela as die waghond van die weste wat SA in toom probeer hou en onder neheer probeer bring.

Santjie ·

Wat VerVanRyn se is nogal waar. Vriend Mugabe het net nodig om voor ‘n verkiesing vir sy land se mense te se Bush & Blair, is dan stem almal vir hom, selfs al was die twee manne nie meer daar nie, het dit vir hom gewerk. Dis die moelikheid met ongeskoolde mense en dan is tradisie ook nog tussen-in. Die meeste van wat deur die sogenaamde leiers kwytgeraak word is in elk geval meer en deels
snert. By tye so lagwekkend, maar dit kan reuse probleme vir ons inhou.
“Well done Thuli” ons is trots op jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.