OB: ‘Is sy enigsins geskik vir die pos?’

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), se besluit om die hofaksie teen te staan wat die Reserwebank en Malusi Gigaba, minister van finansies, ingestel het teen haar bevindings en aanbevelings oor Absa, is irrasioneel en onderstreep haar onkundigheid en onbevoegdheid. So sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Alberts meen dit is duidelik dat die OB heeltemal uit haar diepte is en dat sy oënskynlik nie die boodskap gekry het dat sy buite haar mandaat opgetree het met haar aanbevelings nie.

Hy sê sy speel nou met woorde deur te sê dat sy “misverstaan” is.

“Haar opmerking in die verslag oor die rol van die Reserwebank was totaal buite orde, aangesien dit ʼn saak is wat deur die parlement aangevoer moet word omdat dit ʼn grondwetlike wysiging sou verg,” het Alberts gesê.

Alberts meen haar bevinding kan net ongedaan gemaak word deur die hofaansoek wat die partye nou gebring het. “Die feit dat sy dit teenstaan, wys dat sy wil inmeng in die magte van die parlement en dat sy grondwetlike wysigings vanuit haar kantoor teweeg wil bring – wat nie haar rol is nie. Sy stel haar in die proses ook op teen minister Gigaba. Gemeet aan haar voorganger, is die huidige OB besig om ʼn verleentheid te raak vir Suid-Afrika. Dit is ʼn skrikwekkende situasie gesien in die lig van die feit dat haar kantoor ʼn kritiek-belangrike rol speel om die mense van Suid-Afrika teen staatsvermorsing te beskerm,” het Alberts laat hoor.

Alberts meen dit is ironies dat sy nou eintlik doen wat sy veronderstel is om te keer. “Dit is om die staat se geld op ʼn onnodige hofaksie te vermors. Dit is teleurstellend, en die vraag moet gevra word of sy enigsins geskik is vir dié belangrike pos.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa B ·

Meer as die helfte van hulle is nie geskik vir hulle poste nie maar word wel in sulke belangrike poste geplaas vir sekere mense se gerief.

Charles Rossouw ·

In die land van die blinde is die eenoog koning…

Arie ·

Sy was hoog aangeskryf deur meeste kommentators voor haar aanstelling.
Die feit dat sy nie ONMIDDELIK THULI MADONSELA SE STAATSKAPING VERSLAG opgevolg het nie, maar dit op louwarm agterste brander gesit het, het by my die rooi ligte onmiddelik laat begin aangaan.
Haar optredes vorentoe moet fyn dop gehou word.
Die inhoud van die berig en haar hantering van STAATSKAPING verslag is die dun punt van die wig om haar onkundigheid em onbeholpenheid te staaf, wat hopelik uiteindelik tot haar ondergaan sal lei.

marous ·

Regs geleerdes behoort goed te weet wat die implikasies van uitsprake inhou. Die teenstaan van die aansoek is duidelik om die gevolge wat dit mag inhou te keer en nie die meriete te beveg nie.

Leendert ·

Duidelik beskou sy haar as die magtigste persoon in die land, magtiger as Zuma, die parlement en Regter Mogoeng, en sy is nie arrogant nie, maar heel rustig en gedetermineerd daaroor dat sy korrek is, nes Zuma, en soos Theresa hier bo sê, “MEER as die helfte is ongeskik vir hul pos”, hulle leef in ontkenning, die struggel het die persoon bevoeg gemaak om enige pos te beklee, o’ja en as jy ANC is.

John ·

?.. ons weet mos wat aangaan? Nie? Ons regters kan dalk ook net een na die ander vervang word. Die gesteelde rekenaars vol inligting word moontlik gesif vir ‘n houvas en afdreigings. Lelike dae le ongelukkig voor as ons regstelsel inplof.

Lizl ·

Nie eens die president is geskik of gekwalifiseer nie. Dis Banana Republic mense, dis die beste wat hulle het !!!

Nico K ·

Ek het persoonlik met haar te doen gehad en kan niks positief oor haar sê nie.

Leendert ·

En veronderstel die Regering raak die nuwe eienaar van die Reserwebank, soos wat hierdie dame wil? Dit sal dan mos nou soos enige instelling wees wat die hoof aandeelhouer in ‘n instansie is, soos Naspers met sy vertakkinge, Sanlam wat hoof aandeelhouding in Santam het, die staat met sy entiteite, soos die SAL, Eskom, en nog ander. Jy is dan mos aan die grille en giere of die manupuleering, as mens dit so wil stel van jou baas onderhewig wees, kan wees.

Wie bepaal die missie van die instansie, wie se stempel moet dit dra? Daar hoef mos nou nie direkte opdragte gegee word nie, soos Zuma gemaak het, jy sorg net dat die regte persoon, wat jou saak dien, in die pos beland.

So diegene wat dit afmaak as synde nie tersake nie, omdat daar ander regerings is wat eienaar van hul reserwebank is, se gekeer en om dit sagkens op die oor te laat val, gaan nie op nie. Hier kom dus nog ‘n groot geveg soos die jaar vorder met die ANC se verkiesingstryd in die vooruitsig. Hulle moet mos tog een of ander wortel voor hul mense se neuse hou, die momentum teen die kapitalisme en die geskiedenis nie verloor nie.

Genieve ·

Sy kan nie Thuli se skoene vol staan nie,ek dink ook sys onbekwaam.

Andries ·

Sy was nog nooit geskik vir die pos, soos baie ander is sy ook maar net nog ‘n pion van Zuma wat hy nodig het sodat hy kan voortgaan om te maak soos hy wil, sy spore van staatskaping te probeer doodvee asook om hom uit die trunk te hou wanneer hul dit nie regkry.

Annatjie Kruger ·

Is sy regtig besig om teen haar “mandaat” te handel. Ons weet wat die grondwet sê oor die pligte van die OB en volgens ons is dit haar mandaat. Maar sy is deur Zuma aangestel. Wat was sy “mandaat” aan haar? Gaan heelwaarskynlik heeltemal verskil van die mandaat in die grondwet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.