OB-kandidaat: Hofmeyr gepeper oor Zuma-klagtes

Willie Hofmeyr. Foto: NVG

Willie Hofmeyr. Foto: NVG

Willie Hofmeyr, hoof van regsdienste in die nasionale vervolgingsgesag, is Donderdagaand laat tydens die onderhoude vir die posisie van openbare beskermer (OB) uitgevra oor die destydse besluit om korrupsieklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.

Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, het nie doekies omgedraai nie en Hofmeyr, voormalige hoof van die Batebeslagleggingseenheid, reguit gevra of hy die pos van OB wil beklee om Zuma te beskerm teen enige verdere aanklagte.

“Hoe kan ons jou vertrou. Ons vermoed jy is net ʼn uitbreiding van die persoon wat jy besluit het om nie aan te kla nie,” het Shivambu gesê. “Ek kom nie na die openbare beskermer om enigiemand, behalwe die publiek, te beskerm nie,” het Hofmeyr geantwoord.

Hofmeyr het gesê hy het geen aandeel gehad in die besluit om nie vir Zuma en sy adviseur, die gevonniste bedrieër Schabir Shaik, aan te kla nie. Hy het hierna verwys na die NVG se besluit sewe jaar gelede om 783 strafregtelike klagte teen Zuma kort voor die 2009 nasionale verkiesing terug te trek en dit as ʼn “lang en pynlike storie” beskryf en gesê die geskiedenis sal hom en die ander wat die besluit geneem het oordeel.

Hy het egter volgehou dat daar “onweerlegbare bewyse is dat die vorige hoof van die Skerpioene en die vorige hoof van die NVG ʼn uiters partydige rol gespeel het in ʼn poging om die politiek in die ANC te beïnvloed ten opsigte van wie die volgende president sou wees” en dat die besluit om die aanklagte te laat vaar hieruit gespruit het.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër vanjaar beslis die besluit om die aanklagte te laat vaar was irrasioneel. Die NVG wil nou teen die uitspraak appelleer.

“Ons het almal geweet dat daar teen die besluit gelitigeer sou word en ek dink dit is reg dat die hof die finale besluit moet neem. Die geskiedenis sal ons op een of ander manier oordeel. Ek het beslis gedink dit is belangrik om die integriteit van die NVG te probeer herstel,” het Hofmeyr gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kobus ·

Uit die onderhoude gevoer en vrae wat gevra is kon mens ook duidelik sien waar die 7 ANC LP ondervraers se sentimente lê, by hulself en Zuma. Die ander LP’s op die paneel was 4 DA’s en nog 4 van die ander kleiner partye. (Die IFP, EFF, ACDP en NFP elk 1 .)

dirk ·

Floyd het nie n honderdse van die integriteit van Willie Hofmeyer. Nie een van vandag se ANC kaders nie

Bobby ·

Baie dankie Floyd!!!! Ek wens meer mense wil reguit praat soos hy, Floyd draai nie doekies om nie. As dit nie vir die EFF was nie sou die res van ons maar lekker swaar gebuk gegaan het onder die ANC. Dit was ook opvallend hoe van die wit aansoekers skielik almal gekant was teen apartheid. Almal het nog altyd gevoel apartheid is verkeerd – Lmga.

KarooKlong ·

Die amp van OB moet beslis nie deur ‘n anc kader beklee word nie.
Uit is jy.

Zirk ·

Dit kan wees dat Willie op politieke gebied tot bekering gekom het, oftewel sy oë oopgegaan het, maar hy sal moet ingeroep word vir nog ‘n ondervraging.
Hy kom eerlik voor, in teenstelling met ander kandidate wat blatant lieg en vorige botsings met die gereg het en gedink het hulle kan daarmee wegkom. Kandidate moet tog immers ‘n onberispelike reputasie hê.

Kobus ·

Hy glo nog steeds hy/hulle het destyds reg opgetree deur die aanklagte teen Zuma terug te trek.

Columbiana ·

Is daar nog iets soos ‘n oberispelike reputasie. Nee glo nie so nie. Moes lag. Floyd vra vir kandidaat is jy lid van ANC. Onmiddelik spring vrou op en se “please ask that question again it is not a shame (sin) to be a member of the ANC. ” Die paneel moet tog asb net probeer om nie so pro ANC te wees nie. Kan nie glo ek moet dit se nie maar as dit nie vir die likes of Floyd en kie is nie sou die paneel net dood eenvoudig nog ‘n ANC vinger wees

Arne ·

1 Mens sal nooit in leeftyd n verskil maak nie – Ons moet begin saam staan as een! Ek is seker die hele raad wat die onderhoude doen is van die ANC….

Karma ·

Persoonlik dink ek, met my beperkte politieke- en regskennis – dat die hele saak van die aanwysing van die OB heeltemal verkeerd gehanteer word. Ek sou dink, aangesien die OB ‘n onder Seksie 9 van die Grondwet bedryf word en ook die publiek van SA dien, moet geen politiek ‘n rol speel in die aanwysing van die nuwe OB nie. Die publiek het wel kandidate aangewys, maar die publiek moet die segswoord hê in die aanstelling van die OB hê. Daar is vir seker mense daar buite met genoegsame kennis om die funksie wat hierdie polities-gemotiveerde komitee se werk kan doen! Sê maar net ……..

Scalla ·

Mense, moenie worry nie, hy is n blanke mans persoon, voldoen nie aan anc se beee nie

Doris Gouws ·

Ek stem saam hy moet uit ek sukkel al maande met hom en daar word niks gedoen nie,elke keer het hy n verskonng uit met hom .

m ·

Geen witte sal ooit hierdie pos beklee nie, hulle soek mense wat hulle eie mense se bedrog kan miskyk.

Bob ·

M. Hoekom moet die OB wit wees? Tuli Madonsela was swart en die beste ooit! Sy het nie teruggestaan vir ANC nie. Ek verstaan nie jou argument nie?

Adeline ·

Lyk of dit moeilik gaan wees om iemand te kry wat Thuli Madonsela se skoene sal kan volstaan.

Kobus ·

Dit sal nou interessant wees om te sien hoe die siftingproses vorentoe verloop, weet iemand hoe die paneel tewerk sal gaan?

Na die proses lê die paneel ‘n naam, name? aan Zuma voor wat die finale keuse maak. Die siftingsproses, om by die naam/name wat aan Zuma voorgelê gaan word uit te kom, is egter die kruks.

Piet ·

Die onderhoude is maar net oe verblindery hulle weet lankal wie die pos gaan kry ou zumpie het el lankal vir hulle gese wie moet gekies word om sy korrupsie toe te smeer

humor ·

n Baie dringende waarskuwing as u nie aan die kant van die anc is nie, moet nie optimisties wees nie

pieter ·

HIERDIE IS N ZUMA AANSTELLING EN ONS WEET DIT.NIE EEN VAN DIE KANDIDATE IS GESKIK VIR DIE POS NIE ,EEN DOBBEL, EEN BESKERM ZUMA,EEN IS N ZIMBABWEER,LUISTER EN LEES MAAR HULLE IS ALMAL KORRUP.

Johann ·

Ons moet wakker slaap…die ANC is desperaat om mag te bekom en te behou. Meer as net Zuma se tirade…hyt n GEVOLG VAN VELE wat hom instand hou en vir wie hy grootskuld….nie geldnie…

Bach ·

Waaroor al die lawaai, geld en tyd mors. Z gaan op die ou end aanstel wie hy wil. Hy sal sorg dat daar nie weer fout gemaak word soos met Thuli nie.

neelsie ·

Zuma se kloue gaan dieper as wat ons dink.
Hy sal sorg dat sy kader die pos kry.

Sydney ·

Goeie genade “M” te skaam om jou naam te noem en dan lewer jy sulke snert. Stop die verwysing na kleur en ras. Dit is mense soos jy/julle wat swartgallig is wat ons land tot in die afgrond in wens. Het die huidige hoof van die openbare beskermer nie haarself bewys nie, dat sy nie omgee oor kleur en posisie nie. Sy het meer gedoen om geregtigheid te laat geskied as baie ander soos jy en ander wat swak kommentaar lewer rakende die posisie. Kom ons hoop en vertrou dat die volgende persoon dieselfde werk,respek doeltreffendheid, sal afdwing as sy

DB Jaeger ·

Sydney, jy lewe in ‘n droom wêreld. Madonsela was goed…te goed na ANC se smaak. Hulle of liewer Zuma gaan nie weer dieselfde fout maak nie. Hou hierdie spasie dop…veral as jy na die nuwe kandidate se rekords kyk.

Robby ·

Dankie Sydney. Gesonde komentaar en argument. Ongelukkig is dit die Afrikaner kultuur om eers ‘n tantrum te gooi oor alles alvorens hulle begin om te redeneer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.