OB kap terug ná hofuitspraak oor fluitjieblasers

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die Openbare Beskermer (OB) is op haar perdjie oor wat sy noem die polisie se snedige opmerkings wat daarop dui dat sy nie omsigtig genoeg is wanneer sy ondersoeke doen nie.

Adv. Busisiwe Mkhwebane hou ook vol dat dit die polisie se grondwetlike plig is om veiligheid en sekuriteit aan burgers te verskaf.

Die stryd tussen Mkhwebane en die minister van polisie, Bheki Cele, spruit uit ʼn verslag waarin sy Cele van nalatigheid, onbehoorlike gedrag en wanadministrasie beskuldig het. Die hooggeregshof in Pretoria het dié verslag Woensdag ongeldig verklaar en ter syde gestel.

Mkhwebane het in 2018 aangevoer dat die polisie moet betaal vir private veiligheidsdienste vir die twee fluitjieblasers in die politikus Sindiso Magaqa se moordsaak.

Maroela Media het vroeër berig die OB se verslag van 47 bladsye het destyds bevind dat Cele en die polisie se versuim om veiligheidsbeskerming vir Les Stuta en Thabiso Zulu te verskaf, hulle aan die risiko van sluipmoordaanvalle blootgestel het.

Die hof het nou bevind dat Mkhwebane verkeerd was om persoonlike beskerming aan die fluitjieblasers van die polisie te eis.

Mkhwebane sê egter vandag se instemmingsbevel is die gevolg van Zulu wat die hof in ʼn dringende maar afsonderlike aansoek gevra het om die minister te verplig om hom te beskerm, soos wat die OB in haar verslag aanbeveel het.

Die OB sê die hof het Zulu se aansoek toegestaan, maar dat die beskerming waarvoor hy gevra het deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en nié die polisie nie, verskaf moet word. “Dit het die saak tussen die minister en die openbare beskermer hipoteties gemaak en daarom is die instemmingsbevel toegestaan,” het Mkhwebane gesê.

Sy sê die hof het nie in die hersieningaansoek wat Cele gebring het óf in Zulu se aansoek die meriete van die saak oorweeg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Kan ‘n mens Braille lees op ‘n skerm ? Sommige fotos laat my oee dadelik toeswel ….

Pieter

Daar is nie medisyne vir dom geid nie nogal jammer.

Johan

Hoeveel hofsake het die een al verloer….10, 12, 14, 16? If at 1st you do not succeed, try and try and try again.

Adam Adriaan

Aanhouer wen. Nog net so ‘n paar klagtes wat sy gaan verloor, dan is sy goed oppad om haarself dood te spartel

Agtogwatnog

Ek stem nie saam oor baie wat die vrou te sè het nie, maar die SAPS is veronderstel om die veiligheid van landsburgers te verseker. Of ons van die persoon hou of nie, reg is reg. Ek dink mens maak soms afleidings agv die negatiewe persepsies wat ons van sekere mense het (Dit wel aan hul eie doen en late te danke) beteken nie dat ons ons waardigheid moet prysgee duer wat wel goed is ook af te skiet nie. Die versoek ontbloot ook Cele se onbevoegdheid in baie opsigte.