OB kap terug oor ‘kwaadwillige’ berigte

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het haar teleurstelling uitgespreek oor mediaberigte rakende haar beweerde verhouding met haar voorganger.

Volgens dié berigte het Mkhwebane gedreig om as gasheer van die algemene vergadering van ombudsmanne uit Afrika te onttrek sou adv. Thuli Madonsela, haar voorganger, genooi word. Mkhwebane het die bewerings as ongegrond en kwaadwillig afgemaak.

Mkhwebane het ook gereageer op bewerings dat sy ontslae raak van personeel wat na aan Madonsela was. Sy het gesê dit is alledaagse praktyk dat wanneer ’n instelling ’n nuwe hoof kry, die persoon sy private kantoor wil laat beman deur mense wat hy of sy self aanstel.

Mkhwebane het gesê die private kantoor is soos ’n ministerie in die regering. Volgens Mkhwebane het Madonsela ook haar eie span ingebring toe sy oorgeneem het en is personeel wat saam met haar voorganger gewerk het herontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

John ·

… herontplooi is die wagwoord… klink soos ‘n millitere aksie. As die generaal praat trek haar lippe weg en ontbloot haar slagtande… soos dit moet. Afrikaleiers soos Ghadafi destyds, hou blykbaar van vroulike lyfwagte om die een of ander sinistere rede. Miskien is hulle meer bloeddorstig… hoe sou ons nou weet… ons die plebs…

charmaine ·

Klink my sy het selfvertroue issues, sy weet sy sal nie die skoene kan volstaan van Thuli nie, die president het haar seker n vleuel in sy vakansie oord belowe as sy na sy pyp dans.

cor ·

Net soos Des van Rooyen sy eie span vooraf gekeurde adviseurs gebring het, so bring sy ook haar span adviseurs op instruksies van wie? Ons wag maar en sien tyd sal wel wys en ek glo nie dit is ver in die toekoms nie.

Niccy ·

Sy kan haar ou skoentjies agterna gooi. Sy sal nooit Madonsela se plek kan volstaan nie omdat sy geplant is

Joe ·

Ja nee …. net soos al die ANC “clowns” & hulle trawante , sal die waarheid nooit openbaar gemaak word nie , wat nog van eerlikheid !! Hierdie ” madam ” wil sekerlik haar eie personeel aanstel met astronomiese salarisse , verhogings & bonusse !! Sy het seker ook nie nodig om Zuma toestemming te vra vir dit nie , want smaak my sy is ook een van sy witbroodjies !! Nee wat , sy kan maar haar oneerlikheid & leuens verander na eerlikheid ! Sy sal ook nooit Thuli se skoene kan vol staan nie …. al dink sy so !!

Jan ·

Ek weet nie hoe sy ooit op haar werk sal kan konsentreer, met die spook van Madonsela wat haar pla nie, sy sal nooit daarvan ontslae kan raak nie. Sy sal gedurig bewuswees van haar tekortkominge gemeet aan Madonsela se standaarde. Die beste sal wees as sy waai. Sy het ‘n fobie ontwilkkel. (Dit nou ongeag dat sy ‘n terwilleZuma mens is en in die eerste instansie nooit daar moes gewees het nie.)

Terloops, ek kan nie onthou dat ek al ooit van Julius en sy maatjies wat vir haar gestem het, wel wetende dat sy ‘n Zuma mens is, gehoor dat hulle haar nou kritiseer nie, hulle is tjoepstil. Net hulle sal weet watter blikke in hul koppe geraas het toe hulle gestem het.

Rasper ·

Jou voetjies te klein om in die groot skoene van Thuli Madonsela te staan. Jaloesie pas jou uitstekend, jy het rede om jaloers te wees op Thuli.

Isabel Rossouw ·

Ma’am wannabe OB, jy is nie ter vertroue nie. Daar is net een Ob en dit was Thuli. Vir haar kon jy net op haar manier alleen vertrou. Jy, aan die ander kant, nee dankie

Arizona ·

Sy is so korrupt en so diep in Zuma se sak. Niemand sal Thuli se skoene kan vul nie

Henk ·

Dis baie eenvoudig Mkwebane,snoer jou kritisie se monde met jou werke,tot dusvêr lyk dit maar taamlik power,laat jou dade harder spreek as jou woorde!!Dan het jy nie verklarings in die media nodig nie,hulle sal sommer self jou lof verkondig.

Etienne Landman ·

Grapfabriek….ANC hansworse, betaal met ons belastinggeld.Nog ‘ mislukte Afrika staat….

Kobus 4e ·

gaan sy gladnie n kans gegun word nie? Wat het sy gedoen wat julle so seker is dat sy n pion is? Kan julle regtig alles in die gedrukte media glo?…. en onthou jou antwoord, dit kan later terugkom na jou, as die skoen aan die ander voet is.

Louis ·

Ek glo haar nie. Alles wat sy tot nou gedoen het wys dat sy niks gaan doen om verdere ondersoeke teen haar party en meer spesifiek Zumpels te doen nie. Dit is n geval van “THE PUBLIC PROTECTOR IS CAPTURED”

Oom Kalahari ·

Die Adv, Busisiwe is al heelwat kanse gegun en het alreeds haar kleure gewys waar sy al Adv. Thuli Madonsela se werke ongedaan wil maak, want sy is Z se Poppie aan ‘n string. Sy sal en kan in haar lewe nie Thuli se persoonlikheid en professionaliteit ewenaar nie en ja sy voel bedreig en tot goeie redes, want om Adv. Thuli se standaarde te handhaaf en haar eerbare skoene vol te staan verg iemand baie spesiaal. Nee wat hierdie nuwe OB is alreeds voorspelbaar en die toekoms sal wel leer van watter stofasie sy is en wat haar prioriteite is.

Mariki ·

Ons moet die antie laat weet van die spreekwoord wat sê, “waar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie…”

Marietjie ·

Die agbare dame is baie fyngevoelig. Sy moenie so optree dat daar ruimte is vir SuidAfrikaners se kritiek nie. Onse Thuli is volksbesit. Ons staan bankvas agter haar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.