OB kap Zille oor kolonialisme-twiet

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het bevind dat Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, nie in goeder trou óf in die beste belang van goeie regering opgetree het in haar uitsprake oor kolonialisme verlede jaar nie.

Zille het in Maart 2017 op Twitter gesê: “For those claiming legacy of colonialism was ONLY negative, think of our independent judiciary, transport infrastructure, piped water etc.” [sic]

Die twiet het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak met Zille wat erg gekap is oor haar uitlatings. Mmusi Maimane, leier van die DA, het kort daarna getwiet: “Let’s make this clear: Colonialism, like Apartheid, was a system of oppression and subjugation. It can never be justified.”

Zille het kort daarna om verskoning gevra vir haar uitspraak ter verdediging van kolonialisme.

Khaya Magaxa, die ANC se waarnemende provinsiale voorsitter, het daarna ʼn klag teen Zille by die OB ingedien.

Mkhwebane het Maandag haar kantoor se kwartaallikse verslag bekend gemaak waarin sy dié kwessie aangeraak het.

“Die premier se optrede voldoen nie aan die verwagting van ʼn persoon in haar posisie nie,” het sy gesê. “Dit krap ou wonde oop van die slagoffers van apartheid en kolonialisme.”

Mkhwebane se verslag beskryf Zille se optrede as ʼn “viering van onderdrukking, uitbuiting, rassisme en armoede”.

Mkhwebane het regstellende stappe aanbeveel en dat die Wes-Kaapse regering Zille aanspreeklik hou vir haar optrede. Sy het aanbeveel dat die speaker binne 30 dae ʼn verslag daaroor in die provinsiale parlement ter tafel moet lê.

Zille se kantoor het kort ná die OB se verslag bekend gemaak is, gesê die verslag sal heel waarskynlik geregtelik hersien word.

“Die premier het reeds aan die OB gesê volgens haar mening is so ʼn bevinding onwettig en irrasioneel,” lui ʼn verklaring van Zille se kantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Piet ·

Nou wonder ek waaroor sal die Geskiedenis vak gaan i wat hul nou vir die kinders in die skool wil gee

Hennie ·

Die probleem is dat almal daarna kyk en die twiet oordeel na beginsel: op grond van jou velkleur besluit jy wat jou pas, verder kyk jy alles mis. Nee mense, kyk na die feite en besluit daarvolgens. Gaan kyk hoe lyk Afrika, met Voetspore moes hulle modderpaaie ry waar tientalle vragmotors vasgeval het omdat hulle nasionale paaie in ‘n hopelose toestand was, geen teer nie, geen onderhoud nie. Is dit hoe die wereld moet lyk om “goed” te wees? Is ‘n derdewereld land regtig lekkerder as ‘n eerstewereld land? Daar is ‘n neiging dat alles wat verkeerd is meer aanvaarbaar word as dit wat reg is, ‘n skewe en krom en bedorwe beginsel wat slegs goed genoeg is vir mense wie nooit iets wil bereik nie.

Chaos ·

Jip die afrikane is happy daarmee, kyk hoe brand en breek hulle reeds alles in SA af. Daar gaan later nie meer geld wees om alles weer op te bou nie . so ja ten minste gaan HULLE in beheer wees en HULLE gaan die dorre onbewerkte land BESIT .. dit is die standaarde wat hulle gelukkig maak . hulle wil nie almal ryk wees nie, hulle wil he almal moet so ARM wees soos hulle. uitgesluit die klein elite wat gaan swem in die geld soos Mugabe en sy chronies. Gaan kyk maar hoe lyk die res van Afrika, Botswana en Namibie uitgesluit.

Diffusion ·

Kry ‘n sosioloog of ekonoom om die verskeinsel van diffusion of technology aan die publiek te verduidelik. Daar is al baie navorsing hieroorgedoen.

Uitdaging ·

Kom ons wat glo sy is verkeerd betoon solidariteit met ‘n gebaar van dekolonisasie solidariteit deur om heeltemal op te hou om westerse tegnologie te gebruik. Ons neem slegs Afrika tegnologie aan.

Antoinette ·

Goeie idee. Al hierdie dubbele standaarde maak my siek. Geniet al die voordele en geriewe maar kritiseer diegene wat daarvoor gesorg het.

Decolonise now ·

Toe ANC, dekoloniseer julle motorgarages, julle klerekaste, julle juwelekassies, julle media, julle huise.

Freud ·

Wat niemand blyk te verstaan nie is dat me Zille nie gesê het dat kolonialisme goed was nie. Sy het slegs gesê dat alles nie sleg was nie. Daar is ñ hemelsbreë verskil!

Ella ·

Jy is heeltemal reg, Freud maar mense hoor net wat hulle wil en interpreteer dit volgens die leier/party van die oomblik.
Die politici is ons grootste moeilikheidmaker en soek nie vrede tussen alle mense.

John ·

Kan ‘n vak, Logika, miskien by skole ingevoer word. Ek sukkel self nou nog om die trauma te verwerk toe van my… my’ voorsate deur die Zoeloes uitgemoor is nadat hulle soos ordentlike sakemanne betaal het vir grond, maar in sluwe strik gelei en uitgemoor is. En daardie grond waarvoor betaal is, behoort dus wettiglik aan ons, die nasate. ‘n Grondwethofsaak behoort te dien. Nee, ek kan eenvoudig net nie die erge vergrype se pyn en emosionele skade uit my sisteem kry nie en nou kom die ANC met allerhande onwettige planne… Die Openbare Beskermer moet eenvoudig net hierdie pynlike kwessie onder haar diepsinnige en deurtastende loep neem vir vervolging… en gou… die pyn is onuithoudbaar… Please I beg you!

Liberaal ·

Nee John. Logika behels onafhanklike denke deur individue. Die liberale massamedia is die enigste liberaal aanvaarbare manier om vir die massas te lei oor wat om te dink.

Elize ·

Ek is baie bly dat ek nie meer ‘n skoolkind is wat die nuwe geskiedenis gaan leer nie. Hulle gaan vinniger deur verskuiwings as wat ek deur sykouse gaan. Waar in die lewe gaan ‘n mens al daardie babelse name onthou en wat elkeen gedoen het. Gaan al die bedrieërs, rowers en moordenaars ook opgeteken word of is dit iets wat onder die mat moet bly?

Rynhardt ·

OB en Zille kan mekaar aan die kele gryp oor kolonialisme!Vir 24jaar ondersteun die DA en Zille, die Anc se rassistiese beleid van regstellende aksie en radikale transformasie!!????? In 11 jaar het ek Zille en DA aangevat hieroor in hoofstroommedia, want nes die Anc, vertrap die DA en Zille die Boermense se reg op voortbestaan!?????Hul antwoord was doodse stilte!???? Al waarvoor die blankes deesdae goed is vir die DA, is wanneer blanke matrikulante aan die einde van die jaar hoe slaagsyfers behaal sodat Helen Zille en Debbie Shaeffer kan poseer vir foto’s saam met hulle,want so wek die DA en Zille weer die indruk,hul skep n toekoms vir almal.OB vat haar aan met mening!!Zille het nie die reg om enige iets te verdedig nie,sy is nie opreg nie!????

Liberaal ·

Hulle draai hulle rug nou op ons liberales, ons het dit nooit gesien kom nie, ons het gelgo hulle gaan ons beskerm.

Carel ·

Waar val die OB nou weer uit? Hierdie hele aangeleentheid is lankal afgehandel en nou bring sy dit weer na die oppervlak. Sy moet beslis konsentreer op haar werk en ou goed agterlaat, die vorige OB was baie aktief en het kort-kort nuwe saka aangevat en korrupsie geopenbaar. Ons hoor van bitter min onthullings wat Busisiwe Mkhwebane maak. Nee wat Busisiwe, jy rook gladnie die pyp nie!

Syddie ·

Sy spring nou diè spronge om die aandag van haarself en haar ondersoeke teen haar af te lei?? kat se pote brand op warm sinkplate!@

Jack ·

Al wat ek kan se is toe ek 10 jaar oud was kon ek 12 uur die aand die wereld plat loop vandag is ek te bang om my kind 12 uur die midag voor op die gras te laat speel sonder dat ek haar dop hou.

james ·

In die land van ons moet wittes net hul werk doen….(.die wat nog werk het)….en hul bekke hou.

Liberaal ·

So? Wat wil julle se? Die liberale massamedia is mos daar om die praatwerk te doen. Waarom dink jy sluit EWN die kommentaar op artikels wat julle raak?

christa ·

ek stem saam met Zille. Die land was voorheen nie so rasbehep nie en ook nie ‘n slagveld soos nou nie. Jy is nerens meer veilig nie, nie eers in jou eie huis nie.

Alida 2 ·

Wat my kop deurnekaar maak is die volgende;
Alles uit daardie era was sleg en verkeerd?
1 Waarom betoog oor taal in ‘n skool?
Waar het die onderwysstelsel wat ons het ontstaan?

2 Hope betogings en brande gaan oor dienslewering.
Deur wie is elektrisiteit, riolering en water wat na jou woning gepomp word uitgedink?

3 Waarom groot koste aangaan vir afvaardigings om oor die water te gaan smeek vir
belegging in SA? Watse waarborg het hulle dat dit nie koloniale geld is nie?

4 Nee wat . Die OB doen nie haar werk nie en wil nou weer die aandag van haar aflei

jaco ·

As dit regtig begin sleg gaan met wit mense in SA, as uitmoor van wit mense op groot skaal begin, kan mev. Zille maklik SA verlaat, want albei haar oupas is in Duitsland gebore. Maar maklik 3 miljoen wit mense soos ek, met Europese wortels wat te ver lê vir maklik soontoe teruggaan, sal maar hier moet swaarkry. Wit mense soos mev. Zille met sulke lekker “agterdeure” moet eerder stilbly. Hulle sê allerhande stupid goed, dan word daar gedink en gesê dat alle wit mense so is en wanneer ons dan almal eendag daaroor gestraf word, is daardie wittes met die “agterdeure” eerste weg.

Kry vir jou ·

Wel ek dog die saak is al afgehandel. ZILLE sal nou mooi kan sien wie haar maatjies is vir wie sy al die jare geveg het. Laat dit vir jou ‘n LES wees .. al die liberale kom een of ander tyd in die spervuur .. kry vir jou!

Elmer Swanepoel ·

Apartheid kon deur Afrikaners uitgedink wees maar “Colonialism” is deur die Britte toegepas dwarsoor die wêreld.

Joshua ·

Maar hierdie einste OMB Zuma protector se niks oor’ Kill the Boer, kill the famer’ nie?!

Michael ·

Waarmee hou die vrou (O B) haar besig sy moet die publiek beskerm .Dit lyk vir my al hoe meer na iemand wat nie weet wat haar pligte behels nie

Johan ·

Michael, jy is heeltemal reg. Baie mense mis dit. Hierdie uitspraak van Zille kan sekerlik nie binne die mandaat van die OB val nie. Maw in my opinie, wys dit duidelik hoe partydig die huidige regering is deur oa die OB te misbruik om Zille se “twiets” as verkeerd af te maak.

Hierdie gesprek moet eerder gaan oor of die OB binne haar mandaat opgetree het of nie. Kom ons los die kwessie oor of Zille reg was of nie. Dit is sekerlik al lankal volledig gedebatteer op MM.

Hoekom ondersoek die OB nie eerder al die ander utstaande sake binne haar mandaat nie? Ons wag veel eerder vir die OB se uitslag op ‘n ondersoek oor byvoorbeeld die verskuiwing van Mnr Fraser vanaf SSA na Dept Korrektiewe Dienste. Wat is die OB se opinie oor daardie skuif?

Antoinette ·

Ten spyte van 3 grade moet ek verskriklik dig wees, want ek sien niks verkeerd met die twiet nie. Ek is ‘n direkte Hugenote afstammeling. Ek het hulle nie gevra om hierheen te kom en hulle kennis in ons land toe te pas nie. Ek verpes apartheid ook, maar hierdie kleinlikheid moet darem ook end kry.

Apart ·

Waar is daar nog apartheid of praat jy van die ANC se apartheidswette soos BEE en EE en AA en kwotas?

Alida ·

Die OB ken nie haar pligte nie en dink ons is almal onnosel. Sy het baie ander werk om te doen maar is te bang om die regte skelms aan te vat want dan verloor sy haar pos. Sy is onbevoeg en weet nie waar om die streep te trek nie. Soos ons almal weet was dit ‘n Zuma aanstelling. Daar was baie beter kandidate op die kortlys.

jaco ·

Vreemd dat die “colonialism” so veroordeel word, maar diegene wat die hardste teen dit skree, praat almal en geld. Sover ek weet kom Engels oorspronklik uit ‘n wit landjie in Europa en was dit ‘n taal van onderdrukking dwarsoor die British Empire, wat op sy hoogtepunt 1 derde van die wêreld beheer het. As daar dan nie onderdrukking was nie waarom bestaan daardie Empire dan nie meer nie?

JM ·

Dit lyk vir my die Facebook twiets gaan nog groot probleme veroorsaak

Lolakie ·

Dis nou al meer as ‘n jaar gelede? Het hulle nou weer niks om oor te praat nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.