OB kap Zille oor kolonialisme-twiet

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het bevind dat Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, nie in goeder trou óf in die beste belang van goeie regering opgetree het in haar uitsprake oor kolonialisme verlede jaar nie.

Zille het in Maart 2017 op Twitter gesê: “For those claiming legacy of colonialism was ONLY negative, think of our independent judiciary, transport infrastructure, piped water etc.” [sic]

Die twiet het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak met Zille wat erg gekap is oor haar uitlatings. Mmusi Maimane, leier van die DA, het kort daarna getwiet: “Let’s make this clear: Colonialism, like Apartheid, was a system of oppression and subjugation. It can never be justified.”

Zille het kort daarna om verskoning gevra vir haar uitspraak ter verdediging van kolonialisme.

Khaya Magaxa, die ANC se waarnemende provinsiale voorsitter, het daarna ʼn klag teen Zille by die OB ingedien.

Mkhwebane het Maandag haar kantoor se kwartaallikse verslag bekend gemaak waarin sy dié kwessie aangeraak het.

“Die premier se optrede voldoen nie aan die verwagting van ʼn persoon in haar posisie nie,” het sy gesê. “Dit krap ou wonde oop van die slagoffers van apartheid en kolonialisme.”

Mkhwebane se verslag beskryf Zille se optrede as ʼn “viering van onderdrukking, uitbuiting, rassisme en armoede”.

Mkhwebane het regstellende stappe aanbeveel en dat die Wes-Kaapse regering Zille aanspreeklik hou vir haar optrede. Sy het aanbeveel dat die speaker binne 30 dae ʼn verslag daaroor in die provinsiale parlement ter tafel moet lê.

Zille se kantoor het kort ná die OB se verslag bekend gemaak is, gesê die verslag sal heel waarskynlik geregtelik hersien word.

“Die premier het reeds aan die OB gesê volgens haar mening is so ʼn bevinding onwettig en irrasioneel,” lui ʼn verklaring van Zille se kantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet

Nou wonder ek waaroor sal die Geskiedenis vak gaan i wat hul nou vir die kinders in die skool wil gee

Hennie

Die probleem is dat almal daarna kyk en die twiet oordeel na beginsel: op grond van jou velkleur besluit jy wat jou pas, verder kyk jy alles mis. Nee mense, kyk na die feite en besluit daarvolgens. Gaan kyk hoe lyk Afrika, met Voetspore moes hulle modderpaaie ry waar tientalle vragmotors vasgeval het omdat hulle nasionale paaie in ‘n hopelose toestand was, geen teer nie, geen onderhoud nie. Is dit hoe die wereld moet lyk om “goed” te wees? Is ‘n derdewereld land regtig lekkerder as ‘n eerstewereld land? Daar is ‘n neiging dat alles wat verkeerd is meer aanvaarbaar… Lees meer »

Diffusion

Kry ‘n sosioloog of ekonoom om die verskeinsel van diffusion of technology aan die publiek te verduidelik. Daar is al baie navorsing hieroorgedoen.

Uitdaging

Kom ons wat glo sy is verkeerd betoon solidariteit met ‘n gebaar van dekolonisasie solidariteit deur om heeltemal op te hou om westerse tegnologie te gebruik. Ons neem slegs Afrika tegnologie aan.

marous

Geniet mekaar !