OB-kortlys vandag verklein

Adv. Thuli Madonsela, die huidige openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die huidige openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Die ad hoc-komitee wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys sal Donderdag vergader om die 14 kandidate met wie onderhoude gevoer is tot vyf kandidate te verminder.

Themba Gubula, woordvoerder van die komitee, het gesê tydens vandag se vergadering sal die 14 kandidate se onderhoude onder die loep geneem en op vyf kandidate besluit word. Die 14 kandidate se onderhoude is verlede week tydens ʼn marathonsessie in die parlement gehou.

Dr. Makhosi Khoza, voorsitter van die komitee, het gesê daar sal ʼn vergadering vir volgende week geskeduleer word waartydens besluit sal word wie Thuli Madonsela gaan opvolg. Volgens Khoza wil die komitee die proses deeglik hanteer en sal hulle op 31 Augustus ʼn kandidaat aan die Nasionale Vergadering voorhou om moontlik as nuwe OB aangewys te word.

ʼn 60%-meerderheid van die Nasionale Vergadering moet ten gunste van die kandidaat wees waarna pres. Jacob Zuma ʼn aanstelling sal maak.

Regter Siraj Desai en Willie Hofmeyr, hoof van regsdienste in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is van die bekende kandidate vir die pos. Kevin Malunga, huidige adjunk- openbare beskermer en Mamiki Goodman (née Shai), ʼn voormalige adjunk- openbare beskermer, is ook onder die 14 kandidate met wie onderhoude gevoer is.

Lees alle vorige berigte oor die openbare beskermer op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wern ·

Ek is teleurgesteld dat daar so min leiding genoem was aan te beveel wie die beste kandidate is en om ons almal baie sterk aan te moedig om te stem vir die kandidate. Kobus, jy het darm raad gegee. Ek het nie tyd om in te gaan op die onderhoude nie daarom vertrou ek Kobus, en daarom neem ek maar leiding…ALMAL, STEM ASSEBLIEF NOU op corruptionwatch sê website as jy nognie kans gehad het nie, en stem vir Keogh, Bohler-Meuller of Wiener op grond van wat Kobus gese het en feit dat niemand dit teengestaan het nie. STEM NOU, dit is amper te laat, en moedig ander ook aan!

JC ·

Hi Wern, baie dankie, dis reg, ek het vir Ramjathan-Keogh gestem!!
:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.