OB kry geld om ‘staatskaping’ te bekyk

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Nasionale Tesourie het onderneem om bykomende geld aan die openbare beskermer (OB), Thuli Madonsela, te verskaf vir haar ondersoek na beweerde “staatskaping”.

“Die Tesourie het beloof dat ons ʼn bykomende R1,5 miljoen vir dié doel sal ontvang,” het Oupa Segalwe, Madonsela se woordvoerder, bevestig.

Madonsela het vroeër vanjaar finansiële steun van sowat R3 miljoen versoek nadat die DA haar gevra het om ondersoek in te stel na “staatskaping” sowel as of pres. Jacob Zuma die etiekkode verontagsaam het ná bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed op sleutelregeringsbesluite gehad het.

Segalwe het gesê die geld sal nie direk van die Tesourie af kom nie, maar via die departement van justisie.

“Na aanleiding van ons strategiese beplanningsproses vroeër vanjaar het ons besluit dat wanneer ons versoeke ontvang vir groot ondersoeke wat deur ʼn kommissie van ondersoek onderneem sal word, sal ons die regering vir geld nader,” het hy gesê.

“Die openbare beskermer het lank voor sy genader is om hierdie saak te ondersoek aangekondig dat sy dié benadering gaan volg. Daarbenewens sal die hulpbronne ons help om kritiese kundigheid, insluitend forensiese kenners, in te kontrakteer.”

Volgens Segalwe het die ondersoek nog nie in alle erns begin nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alida ·

Ek hoop sy krap sommer nog ‘n paar korrupte neste oop voor sy weggaan.

M A ·

Thuli gaan dit nie ondersoek nie. Sy moet binnekort waai en Zuma se lakei sal aangestel word. Hulle het nog nie die geld nie. Dis sommer ‘n foefie om te maak of iets gedoen sal word.

jaco ·

die OB is n skepping van die grondwet van SA. Die grondwet is deur die ANC help skryf en goedgekeur en aanvaar. Die ANC is die regering van die land en beheer dus die Nasionale Tesourie. So die ANC-regering gee geld dat die OB staatskaping van die ANC kan ondersoek. Iets maak nie sin nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.