OB kry reddingsboei

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) is van insolvensie gered deur ʼn reddingsboei van R60 miljoen in die begroting, het Beeld Donderdag berig.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede aangekondig dat die OB die bedrag oor ʼn tydperk van drie jaar sal kry.
In 2013/14 is R199,3 miljoen aan die OB toegeken, in 2014/15 is R217,6 miljoen toegeken en in 2016 sal dit tot R246,1 miljoen styg.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy is verlig en dankbaar maar meen dit is net ʼn druppel in die emmer. Madonsela het verlede jaar aan die parlement gesê haar kantoor is “tegnies insolvent” weens die organisasie se groei en werklas oor die afgelope vyf jaar.

Madonsela se personeelkorps van 314 mense het verlede jaar 40 000 sake hanteer. Oupa Segalwe, haar woordvoerder, het gesê Madonsela is dankbaar dat haar pleidooie nie op dowe ore val nie. Hy het gesê hoewel die reddingsboei redelik min is, sal dit verligting bring. Die OB se kantoor sal egter steeds drastiese beskermingsmaatreëls in plek moet stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.