OB kry soveelste opstopper

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis dat pres. Cyril Ramaphosa voldoen het aan die Openbare Beskermer (OB) se opdrag dat remediërende stappe teen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, gedoen word, deur tugstappe hangende die hersieningsaansoek uit te stel.

Regter Lettie Molopa-Sethosa het Donderdag bevind die OB het nie ʼn spertyd vir die president gestel om teen Gordhan op te tree nie.

Vandag se beslissing is adv. Busisiwe Mkhwebane, OB, se soveelste nederlaag in die hof en sy is in dié geval wéér met ʼn kostebevel gelooi.

Die uitspraak laat Ramaphosa toe om te wag vir die uitslag van Gordhan se hersieningsaansoek oor die OB se verslag, voordat hy op gepaste optrede besluit.

Molopa-Sethosa het gesê dit is “onverstaanbaar” dat Mkhwebane nie toestemming wou gee vir Ramaphosa se versoek om die tugstappe teen Gordhan uit te stel nie, omdat soortgelyke sake onlangs aangehoor is en die bevele toegestaan is.

“Die president is nie gekant teen die tugstappe teen Gordhan nie, maar wil wag daarmee hangende die uitslag van die hersiening, wat ʼn rasionele besluit is,” het Molopa-Sethosa bevind.

Die OB het haar verslag oor Gordhan se hantering van die voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Ivan Pillay, se vervroegde aftrede, in Mei vanjaar bekendgestel. Sy het bevind Gordhan het onwettig opgetree toe hy die aftreepakket in 2010 goedgekeur het. Gordhan was destyds die minister van finansies. Nadat die pakket goedgekeur is, is Pillay op ʼn kontrakbasis in dieselfde posisie aangestel.

As deel van die remediërende opdrag het Mkhwebane beslis dat Ramaphosa teen Gordhan moet optree omdat hy die Grondwet geskend het.

Gordhan en Ramaphosa het al twee die verslag laat hersien.

Die regter het ook beveel dat die OB en die EFF – wat ook tot die hofgeding toegetree het – die koste van Ramaphosa se hofaansoek moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Hierdie dame hou die howe omtrent besig en en elke keer word haar ego en beursie hard geslaan. Dit is snaaks dat sy nog nie snap dat haar regsdenke nie in lyn met die wet is nie!

Jantru ·

Sy het duidelik n verskuilde agenda!! Gaan oor die bevoordeling van die Zuma kamp in anc!!

Koos B ·

Sy moet gou gepos word die belasting betalers kan nie aanhou om vir haar nuke en grille te betaal nie.

Wurmpie ·

Nie net haar nukke en grille nie. Ons betaal haar salaris wat sy nie werd is nie

Anoniem ·

Teeheeheeheeeee…. en die EFF moet help betaal aan die hofonkoste!

ap ·

Raak ontslae , sy is gif , ook n sentimentele bekruiper iut die verlede

Willehond ·

Se ek ook! Sy moes al sommer in die hof gefire gewees het!!

Johan Botha ·

Baie dankie Maroela Media julle hou ons op hoogte van sake. Voorspoed .
Kan die OB nie die skrif aan die muur lees nie.

AndreD ·

Hulle baklei so onder mekaar dat hulle nie tyd het om die land te bestuur nie. Useless!!

Johanna ·

Wonderlike nuus. Hoeveel verdien sy per maand. Ek moet met my swaarverdiende geld
elke maand help om haar salaris te betaal. Kan daar nie nou van haar ontslae geraak word nie. Hoe lank gaan sy nog ons belastingbetalers se geld mors.

Ore ·

En nou agbare Malema? Die regter is nie wit nie,so nou kan jy nie die rasse kaart speel nie! Of dalk kan jy,sy is dalk deur “wit monopolie kapitaal” bevoordeel……..hahaha

Michael P ·

Kyk hoe lag ou CR op die foto Die nasie word uit gemoor en kyk met watse snert hou hulle hulle besig!!!

Hanlie ·

Sy wil nie leer nie, laat sy dan maar voel!!! Hoelank gaan sy nou nog aanhou om haarself te vergat????

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.